|
makeplan
|
Justice Malanot
|
Janbez
|
Bontbok
|
|
marleen smith
|
Suiderling
|
Danie C
|
|
Justice Malanot
|
Bontbok
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Beste Vriende, Op hierdie Sondag-oggend waar ek vanoggend lekker vroeg kon opstaan en 'n bietjie tyd kan spandeer aan my skrywery gaan el die kans gebruik om my belofte na te kom en vir julle meer vertel van onderwys en medies in Argentinië. Argentinië is 'n historiese demokratiese land en alhoewel die mense altyd hier aan die stry is het Argentinië al 'n grondwet vanaf 1853. Almal hier glo dat hulle gelyk is en dieselfde reg as enige iemand anders het om hulle opinie te gee, vra maar vir die mense wat al in 'n Argentynse restaurant was. (meer hieroor in my volgende skrywe.) Die grondwet van Argentinië van 1853 wat in 1994 opgedateer is sê dat Argentinië oop is vir enige mens op aarde wat hier wil woon en dat die staat o.a. verantwoordelik is vir die nasie se onderwys en gesondheid. Wat dit vir vandag se skrywe beteken is dat dit moontlik is vir enige iemand wat hier woon om van die kleuterskool tot met sy doktorsgraad nie 'n sent te betaal vir onderwys nie en tot die dag van sy dood nie 'n sent vir mediese sorg nie. Die werklikheid is natuurlik nie so utopies nie want 'n mens moet nooit vergeet dat Argentinië 'n ontwikkelende land is nie. Jy kan alles verniet kry maar jy moet geduldig wees. Vir die mense wat nie geduldig is nie en wil hê wat hulle wil hê sonder om te wag en sonder om deur die sisteem te gaan is alles natuurlik in private-weergawes beskikbaar. Argentyne sal sê dat private onderwys en medies baie duur is - maar dit is omdat hulle dit met gratis vergelyk...! Ek wat my honeursgraad hier in Buenos Aires gekry het in 'n privaat universiteit het 10 maandelikse kwotas per jaar van omtrent R700 elk betaal en dit was gesien as net onder spandabelrig... Privaat mediese fondse word ook gesien as duur en 'n mens betaal ongeveer R600 per persoon per maand vir een van die beste mediese-hospitaal fondse. Meer as dit gaan ek nie vandag oor hierdie saak sê nie maar ek wou julle net graag vertel van hoe hierdie twee belangrike sake hier in Argentinië werk. Lekker dag vir julle almal. Saludos Die Argentyn
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)