"Lyme disease" en ander bosluisgedraagde siektes gevaarlik vir mense

Beste Mnr Van Niekerk

Ek het u artikel in Landbouweekblad vanoggend op die internet gelees en besluit om u raad te vra .Ek het bosluiskoors ingetik en die artikel getiteld Scorpiondip 1 Sept 2009 gesien. Alles t.o.v. Lyme se siekte pas in by my profiel maar die dokters weet niks daarvan hier nie.
 
 
Ek hoop u kan my help.
 
Ek wil graag weet of dit in RSA voorkom en wie en waar kan ek inligting kan kry t.o.v. laboratoriums/medici wat kennis het van die siekte. Ek is eerste keer in 1984 met bosluisbytkoors gediagnoseer en slegs 10 dae behandel.
 
Ek is 4 jaar later met yuppie griep en 2008 met Myasthenia Gravis (laasgenoemde 2 verkeerde diagnoses) en sedert ek ( XXXXX  900mg soggens en saans drink baie beter. Dokter wat my behandel het praktiseer nie meer nie (a.g.v. eie siekte), MAAR hy het genoem dat hy al 3 gevalle in Oos kaap gediagnoseer het.
 
 
Lyme tick: Foto Internet
 
Niemand blyk iets te weet. Ek wonder ook of aardverwarming iets hiermee te doen het en malaria kom nou tot by Onseepkans voor.
 
Ek het al 3 keer malaria gehad en is tans weer onder behandeling vir bosluiskoors nadat ek 3 weke gelede knop op kop en bosluis gekry het nadat ek in die berg op ‘n plaas was.
 
Ek soek regtig dringend hulp en raad!
 
Ek is 58 jaar oud.
 
Baie dankie
A Hattingh
 
 
 
Beste Toetie
 
Lyme disease is in Suid Afrika en ek kan nou nie my hand onmiddellik op die artikel lê nie, maar ek het onlangs soos n jaar gelede daaroor geskrywe.
 
Ek is egter nie ‘n mediese dokter nie, en daarom wil ek nie enige raad gee nie behalwe, om die bietjie inligting wat ek het met jou te deel. In Johannesburg is die Sentrum vir Tropiese siektes, hulle sal jou beslis kan help en jou dokter moet van die plek weet. As hulle nie weet nie, sal enige ordentlike patoloog en of bloeddienste jou wel kan verwys en hierdie Sentrum is uitstekend.
 
Sou hulle enigsins vasbrand, het hul genoeg kontakte om jou bloed more te laat analiseer, maar ek dink hulle is bekwaam genoeg.
 
“Lyme disease” agtergrond
 
Daar was in die middel 70’s jong mense wat tekens getoon het van erge artritis in die omgewing van “Old Lyme”, ‘n dorpie in Connecticut, die VSA. Die bakterie besmet eintlik die bosluise en die bosluise versprei die bakterie weer wanneer hul mense byt.
 
 Foto's: Internet
 
Die “black legged tick” is ‘n 3-gasheer bosluis en die neem sy eerste maaltyd op diere soos muise en soorte voëls wat besmet is met die bakterie. 
 
1.     Mens moet dus aflei dat die groepe van bosluise van ekonomiese belang is in Suid Afrika, wat wel op lewe soos rotte en hase, slange en ook op mense parasiteer, instaat kan wees om die bakterie oor te dra aan die mens.
2.     Die bakterie word nie deur die bosluis in hul eiers oorgedra na die volgende geslag toe nie en moet dus iewers op ‘n besmette gasheer besmet word.
 
Wetenskaplike naam
Die bakterie se wetenskaplike naam is Borrelia burgdorferi. Dit is vernoem na Dr. Willy Burgdorfer wat in 1981 die spirogeet geïsoleer het in daar word in die mediese wêreld daarna verwys na Lyme artritis.
 
Jy kan hier meer inligting daaroor kry www.gov.ns.ca/hpp/cdpc/lyme.asp
   
Gashere
In die VSA, Kanada en Europa is een van hul belangrikste gashere die “white tail deer”. 
 
Die bosluis parasiteer ook net sowat 4-7 dae op die gasheer voordat die afval. Weens omgewing en klimaatsomstandighede, is dit moontlik vir die bosluis om in diapauses in te gaan. Dit beteken dat hy moontlik in die VSA kan uitbroei, waar hy dan op ‘n eerste gasheer ‘n bloedmaaltyd neem, (muis, rot, slang, ens.,) wat dus besmet is met die bakterium. Die sal dus eers vanaf die bosluis se nimffase ‘n mens byt en dan sodanig die bakterium oordra.
 
Bosluisbyte
Dit val eers die vel aan en gee geweldige “rush” voordat dit simptome van artritis veroorsaak, wat erge pyne is, maar jy kan volkome herstel. Daar is egter ook gevalle waar mense nooit weer na behore herstel het nie.
 
“Lyme Disease” is ‘n aanmeldbare siekte het al oor die hele VSA , dele van Kanada en Europa versprei.
 
Foto: Internet
 
Die enigste middel wat dit werklik kan beheer is antibiotika. Daar is egter gevalle al opgeteken dat die bakterie hulself al weerstandig geselekteer teen verskeie antibiotika’s. Ek is nie baie op datum met hierdie feite van weerstandigheid nie.
 
Hier is wel bosluistifus wat ook bosluiskoors en bosluisbytkoors bekend staan.
 
Bosluise se gevaar vir die mensdom
 
Bosluise hier dra die Lassa virus, Kongo Hemorragiese Koors en die Arena-virus oor, 3 van die gevaarlikste virusse in die wêreld. Die virusse word wêreldwyd in enkele Laboratoriums bestudeer en op grendel gehou omdat dit die 3 van die 4 virusse is wat in Biologiese oorlogsvoering gebruik kan word. 
 
Die virusse los in wese jou organe in jou liggaam op. Van die bosluise wat hier die moeilikheid kan veroorsaak is rooipoot- en bontpootbosluise. Maar dan, die geelhondehokbosluis, die hondehokbosluis, die blinkbruinbosluis en heel paar ander sal dieselfde skade doen.
 
Belangrik
 
As jy ooit weer veld toe gaan, hou ‘n klein houertjie met bietjie alkohol daarin sodat as dit met jou gebeur, jy die bosluis kan vang en dat die bosluis geïdentifiseer word. Sodoende kan op die geskiedenis van die bosluis afgegaan word en kan mens die regte afleidings maak.
 
Het jy dit in die begin gedoen, het mens dalk lankal n oplossing vir jou uitdaging gehad.
 
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
 
Scorpiondip Video
 
Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Tollie Kriel 

Ek is woonagtig in Upington-distrik (Noord-Kaap). Ek is gediagnoseer met Lyme-disease. Ek het geweldige kopsere gekry en my hartklop het baie stadig geword. Ek het ook baie kragteloos geword, kon nie behoorlik met my boerdery aangaan nie. Ek het bloedtoetse laat doen en die uitslae het getoon dat ek Lyme-disease het. Ek het antibiotika gekry en het binne 'n week herstel. Ek het dit opgedoen a.g.v. 'n sand-tampan wat my gebyt het.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.