Hulle sê, daar was vir dertig jaar, die mooiste Brachiaria weidings en dit het ons ook gesien, met ons besoeke aan die Brits vriende. Mooi speenkalwers. Die afgelope week, kuier ons weer daar en ek hoor die gedreun van die trekkers. Stel bietjie ondersoek in en sien die stofwolk van die kalkstrooier. Dit beteken net een ding. Weiding, wat omgeploeg word vir soja, mielies en ander kontantgewasse. Weiding, nou vaal geskroei, deur die swaar, ongekende ryp, wat ons onlangs gehad het.

velazquez 3

 

velazquez 5

 

DSCN4283

 

Die  eiendom, van die Velazquesfamilie.  Don Adrian en die seuns Alfredo en Ing Guido Nelson, is betrokke.  Don Adrian,  was 35 jaar lank betrokke in die houtbedryf en ‘n beesboer. Vra ek hom, was die aanpassing groot, van vee, na kontantgewasse? Ons het ‘n groter eiendom en hy beduie in ’n noordelike rigting. Daar, het ons  die laaste paar jaar, ons lesse geleer.  Die begin, is dit duur, die implemente, wat mens benodig, is nie goedkoop nie. Die geluk, van die wêreld, is dat wanneer ons sou besluit, om weer speenkalwers op die weidings, vet te maak, dit net drie maande sal duur, na ons gras geplant het,  dan het ons weer goeie weiding. Daarom, is nie al die heinings, verwyder nie.DSCN4304

 

Ing Guido Nelson Velazquez, don Adrian Velazquez en die “tractorista” Cesar.

 

RSCN4298

 

Alfredo Velazquez

 

Volgens die grondontleding, word daar nou twee ton kalk per hektaar, toegedien.  Met planttyd, wat September is, word die kunsmis, weer volgens die grondontleding, toegedien. Die plan is ook om met ‘n voerkraal te begin, waar daar ‘n groot deel van die mielies, wat ten minste, elke tweede jaar geplant moet word, gebruik sal word.       Bewerking, behels dat die weiding, twee keer met ‘n swaar dis gesny word, dan met tande met ‘n roller diep ge”rip” word en dan met ‘n breë skottelwerktuig gelyk gemaak word, reg vir plant.

 

velazquez 4

 

Sal die vordering, van hierdie kontantgewasbesigheid, met ‘n arendsoog dophou en verslag doen.

 

Hasta la proxima.

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.