Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Misdaad-hoekom-kla-suid-afrikaners-eerder-om-die-braai-daaroor

Argiewe

2011

  • Julie (1)
  • Januarie (2)

2010

    Blogger

     
    Deon Coetzee
    Foto album
    Aangesluit: 30 Apr 2010
    Dorp : Pretoria
    Provinsie : Gauteng
    Land : Suid Afrika

    Ek ondersteun

    Ondersteun nog niemand nie

    Volgelinge

    Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

    Vriend

    Nog nie vriende gemaak nie.

    Jongste blogs

    Danie C se foto
    Toulouse en omgewing (4)
    saai se foto
    Invoere - bangkrot Boere
    Steven nel se foto
    Kopklamp
    Steven nel se foto
    My nuwe nguni vers
    Johannes Meintjes se foto
    Perspektief op Landbou: ACDP

    My Weer

    • Voorspelling
    • Vandag
    • My ligging

    Kaapstad

    • Donderdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:20 C
    • Laag:12 C
    • Vrydag
    • Reën
    • Hoog:17 C
    • Laag:10 C
    • Saterdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:18 C
    • Laag:6 C
    Sonsopkoms: 7:37
    Sonsondergang: 17:47

    Kaapstad

    Bygewerk:24 May 16:00 IDT
    Temp:
    Druk:
    Doupunt:
    Humiditeit:60%
    Wind:

    Kaapstad

    Peiling

    Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

    Misdaad: Hoekom kla Suid Afrikaners eerder om die braai daaroor?

    Ingestuur deur Deon Coetzee op 25 Januarie, 2011 - 10:20

    Gewigtige sakie hierdie - misdaad. Maar 'n selfs gewigtiger saak is hierdie ongelooflike "dit gebeur net met ander mense" sindroom wat ontsaglik baie Suid Afrikaners aan lei.

    Dis oral om ons, dis al 'n integrale deel van ons daaglikse lewens. Omtrent elkeen met wie jy praat ken iemand wat al 'n misdaad slagoffer was, spesifiek geweldsmisdaad. En die gewelds faktor word net erger.

    Maar wat my altyd met 'n groot mate van verbasing laat, is die "volstruis sindroom" waaraan 'n reuse persentasie Suid Afrikaners steeds lei.

    Ek betaal mos belasting - die polisie moet omsien na my veiligheid. Ek het 'n sekuriteits maatskappy wat my honderde rande per maand kos - ek is veilig. Ek het groot honde, ek het 'n alarm, ek het 'n elektriese heining EN ligte buite - ek is veilig. O ja, laat ons nie die TAWWE lyn vergeet nie - ek het 'n vuurwapen, ek skiet die rook uit hulle uit! (Dis nou nieteenstaande die feit dat ek jare laas geskiet het, skaars kan onthou waar my pistool se veiigheidsknip sit, en geen idee het van WAT om te maak sou daar mense in my huis inkom nie.)

    Op die manier lawe talle Suid Afrikaners hulle eie gewetens en oortuig hulself dat hulle veilig en voorbereid is.

    Nee. Jy is nie veilig nie! Dis bloot 'n vals oortuiging. Want dit is makliker as om ons agterente in rat te kry en IETS daaraan te doen. Dit was altyd net couch rugby - nou is dit couch misdaad oplossers ook nog smaak dit my.

    Die Polisie kan eenvoudig nie na elke wetsgehoorsame landsburger se veiligheid omsien nie. So ook nie ADT en ander nie. Te min van hulle, te veel van ons. Ja mens kan 'n hele gesprek oor die Polisie aan die gang sit. Dis nie die doel hier nie. Persoonlik is ek van mening dat, nieteenstaande al die negatiewe goed oor die Polisie, is daar steeds hordes uitstekende en hardwerkende manne en vroue wat ernstig is oor wat hulle doen. En selfs al was daar geen vrot kolle en probleme nie, sou hulle steeds nie in staat gewees het om elke liewe persoon se veiligheid te versker nie.

    My vraag is - wanneer gaan ons tot die besef kom dat elkeen van ons se persoonlike veiligheid by onsself begin?

    Ek hoor nou van 'n jong werkende dametjie wat nog by haar ouers aan huis is. Sy is baie alleen tuis. Daar is net honde en veiligheids deure. Pa vat die kluis se sleutel saam met hom elke dag - sy weet nie eers hoe sy pistool werk nie, so dalk is dit 'n goeie ding. En Pa? Die verseg eenvoudig om eers na iets te kyk soos iemand wat hulle kan help met iets soos 'n aksieplan vir die gesin in die huis, of  'n kursus wat sal bydra tot elkeen van hulle se persoonlike veiligheid.

    Verseg tot om so iets te bespreek. Volstruis sindroom op steroides. Ek kon nie help as om te wonder wat Hardegat Pa sal doen as hy 'n oproep moet ontvang wat hom inlig dat hulle 'n inbraak gehad het en dat sy mooi dogter in die proses verkrag of vermoor is nie. Wat dan Pa? Wat dan?

    As elkeen van ons net iets klein begin doen, soos bv 'n kursus bywoon wat ons meer sou leer van pro aktiewe gewaarwording en taktiese gesindheid. Sodat jy leer hoe om meer bewus te word van wat om jou aangaan - potensiële probleem situasies sien VOOR dit gebeur. Let bietjie op as jy in 'n winkelsentrum stap hoe 90% van die mense skaars om hulle kyk. Staat stip na 'n kol op die vloer en daar gaat hulle!

    Misdadigers is mal daaroor - elke dag is Kersfees.

    Of selfs net begin moeite doen om weer ons bure te leer ken. Hulle name, hulle kontak nommers op jou foon. Ek gaan vir die naweek weg - as my bure rondom my net 'n ogie sal hou is daar sommer 'n hele spul ekstra oë wat vreemde beweging op my eiendom sal raaksien. Dit maak net misdadigers se taak moeiliker en meer riskant.

    Maar ons is nie eers bereid om dit te doen nie! Ek het persoonlik al met iemand gepraat wat reguit gesê het hy wil eerder nie dat sy bure sy detail het nie, hy is 'n privaat mens. Goed, dis seker jou reg - maar gaan ek jou hoor kla om de braai volgende keer as rowers by JOU huis ingebreek het? Ek reken nogal ek sal ja.

    Dis my punt - smaak my ons wil veel eerder kla daaroor, as om selfs net iets klein, maar konstruktief, te doen om te help om ons eie veiligheid te bevorder.

    En dit vat nie so baie moeite om net IETS te doen nie. Dit kos net jou gesindheid effe aanpas en besluit dat jou en jou gesin se veiligheid belangrik genoeg is.

     

     

     

    Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.4 (7 votes)
    • Deon Coetzee se blog
    • 3122 keer gelees
    • Drukker-vriendelike uitgawe
    • Stuur na vriend
    • PDF uitgawe

    Kommentaar

    Onbekende besoeker 
    16 Mar 2012 10:50

    Ek is net so teleurgesteld met my mede WIT Suid Afrikaners!..Mense, waar is julle boere bloed?.. Ons almal kla en leef in vrees- volgens ons 'leiers' moet ons die politieke gesprek roete volg, moet nie na Dade oorgaan nie.
    HOE LANK nog moet ons soos skape na die slagpale gelei word terwyl die ANC moord teen ons aanhits en uitvoer?!.
    Ek is nie AWB nie, maar enige witmens kan sien praat help nie-hulle lag vir ons en minag ons, hulle sal eers gelukkig wees as alle wittes nie meer bestaan in SA nie!.
    Die Grondwet is net so klug--hulle voer vere vir als daarin wat ons moet beskerm. Die belasting wat ons betaal doen absoluut NIKS vir ons nie!..
    ONS sal MOET begin militant word, begin met n''SHOW OF FORCE', aanluit by die lokale kommando strukture, die boggers laat weet dat ons nie meer hulle nonsens gaan opvreet nie.
    Zuma hits mense aan om die boere dood te maak-maar hy wil nie die doodstraf terugbring nie om rede 'mense' regte!...
    Waar het jy al so iet gehoor?.
    Ek vra julle waar is ons Boere Leiers?..

    Ons sal moet begin DOEN en VINNIG!, anders is ons klaar.
    Hierdie is ONS land!.
    William

    • antwoord
    Derick L 
    07 Feb 2012 15:12

    Net om weer aan te vul.

    Ons trek in 'n nuwe jaar en sien met spoed hoe misdaad weer aan die gang is om ons. Misdaad gaan toeneem, maar ons gaan dit nie weet nie - media berig nie oor al die geweld misdaad om ons nie.

    So, vir mense wat nie die realiteit wil aanvaar nie, gaan dit lyk of dit afneem.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    16 Jan 2012 14:43

    Wel, ek is lankal gatvol vir ons land se slapgat mense wat net wil staan en moan om n braai soos Deon dit heel reg noem. Dit het lankal tyd geword om oog vir n oog te speel.Die regering moet uit gehaal word en die land moet weer deur die regte mense regeer word. Hier in ons dorpie doen ons dit heel reg. Die kriminele element word nie hier toegelaat nie. As hy hom op n manier hier indring, **** hy. Ons mense sien om na mekaar en ons ken al ons bure en so ook omtrent die hele dorp. Hier groet ons mekaar op straat en loop nie net as vreemde mense by mekaar verby nie. As daar n inbraak is, stel ons sekuriteit almal in kennis dmv n sms, en almal in daai omgewing regeer. Dis lekker om hier te bly. Trotse blanke Suid Afrikaner waar die g-string vlag nie n plek het nie. Hoog wapper die vierkleur!!

    • antwoord
    Hakuna matata
    14 Aug 2011 06:01

    Deon, ek is nie meer in SA nie, so noem my wat jy wil. Dit wat almal hier voorstel, hoe mense aan die lewe, en red lewens, geen twyfel nie. Dis ongelukkig nie meer genoeg nie. Ek het dit 14 jaar lank gedoen. Op die ou einde moet ons alleen in die hof staan en verduidelik hoekom ons mense gearresteer het wat ons op heterdaad betrap het.... met die aanklaer en die polisie wat teen ons getuig en ons rassiste noem as rede van arrestasie. Die sisteem is korrup, van onder in die aanklag kantoor tot heel bo... mens raak gatvol baklei teen 'n sisteem wat jou nie daar wil he nie. Vandag is ek en my gesin in 'n ander nuwe land, ek stop by elke stop straat, hou by die spoed grens, ry nerens na 2 bure nie, hoekom, want hier sluit hulle jou toe, summier!! Die klein dingetjies is ingedril, sluit deure, kyk of iemand my agtervolg in die aand as ek ry by die restaurant, kyk rond vir vreemde figure as ek by my bank uitstap, gryp die verkyker as 'n kar te lank stilhou op die teerpad.... almal wil hulle doodlag vir my hier, maar die gewoontes is maar moeilik om af te leer, en ek is ook nie seker ek wil hulle afleer nie, want dit hou my skerp...

    • antwoord
    Riaan Coetzee 
    15 Mar 2011 17:59

    @Derick L - knap gestel ou maat, ek wens net meer mense wil dit besef! Almal het mos die oorlog in Angola eiehandig gewen, en geen misdadigertjie sal hulle ore aansit nie. Ai. Dis jammer dat ons so aanhu die makliker uitweg soek in plaas van ons vingertjies bietjie uittrek.

    • antwoord
    Derick L 
    03 Mar 2011 15:18

    Ek sien dat baie deesdae praat oor vuurwapens en watter een die beste gaan wees in selfverdediging. Wel, my ondervinding het gewys dat dit nie saak maak watter wapen jy het nie - alhoewel wat se tiepe wapens en ammunisie 'n rol speel - maar dat as jy dit nie kan handteer nie, daardie wapen van geen waarde sal wees as jy dit die dag te voorskyn moet bring nie.

    Ek stem saam met die inskrywing, en dis dat 'n mens lekker jou mond kan uitspoel agter 'n rekenaar skerm, of tussen 'n paar tjomme as voor onbekendes.

    Onthou, die vaardigehede en taktieke wat jy in die weermag of in die polisie aangeleer het 20 jaar terug is nie meer vandag van toepassing as dit kom by wapenhandtering nie - die aanvaller gaan jou stukkend hardloop.

    • antwoord
    Riaan Coetzee 
    21 Feb 2011 12:54

    Goed gestel Deon! Ek hou daarvan, en ek dink jy is absoluut reg. Vraag - ek sien baie mense lees hierdie blog, maar die absolute minimum lesers het kommentaar te lewer. Dit is vir my uiters interessant - is dit omdat mense saamstem dat ons eerder om die braai kerm en te lui of gemaklik is om iets aan ons en ons gesinne se eie veiligheid te doen? Of is ons bloot te gemaklik om selfs kommentaar te lewer? Is dit indikatief van die groter probleem wat Suid Afrikaners teister - die probleem van gemaklikheid en volstruis sindroom?

    • antwoord
    Deon Coetzee
    03 Feb 2011 12:17

    @onbekende besoeker - het ook gaan loer na daai www.gasguns.co.za webtuiste - dit lyk vir my of dit nogal 'n verskil kan maak, en ek sien hulle bied kursusse ook. Ek gaan so bietjie met hulle kontak dankie.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    31 Jan 2011 14:39

    Onbekende besoeker - ek dink ek het die antwoord gekry op wat se wapen om te gebruik. Gaan loer bietjie hierna - www.gasguns.co.za. Myne loop maar so oral saam met my. Geen lisensie benodig nie. Hulle praat van "less lethal" wapens, maar dit skiet hard genoeg om 'n motor se voorruit te breek. So as ek 'n skelm tref gaan hy bloei.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    29 Jan 2011 20:15

    watter pistool? Die een waarvoor ek nog steeds wag vir my lisensie 4 jaar later? Of die een waarvoor ek nie eers amper 'n lisensie gaan kry nie? Daar moet alternatiewe wees hiervoor - hoe beveilig ek myself en my gesin as ek nie 'n vuurwapen mag hê nie?

    • antwoord
    Deon Coetzee
    28 Jan 2011 18:08

    Positief - ek hou van wat jy sê.

    • antwoord
    Deon Coetzee
    28 Jan 2011 15:08

    Dromer, die feite is dat ons steeds hier bly, en hoe siek of ongesond die situasie klink wat jy beskryf (en ek stem dat dit inderdaad siek is) - dit is die werklikheid hier.

    So ons moet daarmee deal of ons nou wil of nie. DIT is waaroor my argument hier gaan - ons weet ons moet daarmee deal, maar om tog net sover te kom om dit wel te doen, DIT is die groot probleem.

    Die situasie wat jy beskryf is baie tipies. Honde, alarms, ligte, al daai goed - so ons oortuig onsself dit maak ons veilig. Dis eenvoudig nie waar nie. Al daardie goed is bloot dinge wat dit moeiliker maak vir 'n gedetermineerde aanvaller om in te kom, maar as hulle WIL inkom, sal hy. Nie dalk nie, hy SAL inkom. Daardie goed is niks meer as vroeë waarskuwings nie.

    Maar mense oortuig hulself dit maak hulle veilig en besef nie dat hulle bloot besig is om 'n vals sekuriteit by hulleself te skep nie.

    My vraag is, wat maak jy as hulle nou wel inkom - gaan jy jou pistool gryp waarmee jy 2 jaar laas geskiet het? Gaan die adrenalien inskop en DAN sal jy hulle wys? Gaan jy in jou vrees onthou waar die kluis sleutels is - want die kans is uitstekend dis waar jou pistool steeds lê en stof opgaar.

    Dit is om daardie situasie te kan hanteer en 'n kans te staan om jouself en jou gesin suksesvol te kan verdedig dat mens verby daardie vals sekuriteit moet kom - die paradigma skuif moet maak - en dan begin vra wat kan ek maak om myself beter daarvoor toe te rus. Met wie kan ek praat, is daar kursusse wat my kan help ensovoorts ensovoorts. Dan raak jy pro-aktief. Anders sit jy dood rustig en bewonder jou fantastiese sekuriteit en die volgende oomblik het jy wapen teen jou kop. Bubble bars oomblik. Met opleiding kan jy sulke oomblikke voorkom en.of vermy. Maar dan beteken dit ongelukkig jy moet uit jou "comfort zone" beweeg, wat meeste mense eerder nie wil nie. Dis makliker om om die braaivleis vuur daaroor te kla.

    • antwoord
    Positief 
    28 Jan 2011 14:55

    Ek stem saam met Jan Bez. 'n Landdros het eens aangedui dat jy die klein misdade vasvat, dan sal die groter misdade ook minder word. Ons dra soms selfs tot wetteloosheid by (bv ry oor rooi verkeersligte. Ander sien dit en dan volg 'n kettingreaksie. Kort voor lank sit jy met 'n wettelose gemeenskap waar elkeen dink hy kan maak soos hy wil, solank jy net nie gevang word nie. Die SAPD, ens. kan nie orals wees nie. Begin by jouself en so gaan jy iemand anders ook positief beinvloed.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    28 Jan 2011 13:49

    Alles gaan hand aan hand met dissipline - padreels, paraatheid, noodplanne.....AKSIE!!!! Ek is baie lief vir my land, maar hierdie land sonder rigiede reels, maak mens moedeloos. Ons moet begin by onsself - sorg dat ons die reels nakom en paraat is en die planne maak!!

    • antwoord
    Dromer Boer 
    27 Jan 2011 21:56

    Sorry Deon ou maat, ek kyk dinge nou vanaf 'n afstand en woon nie meer in SA nie. Ek dink nie houding alleen is meer genoeg nie, die systeem val uitmekaar en die boere is te bllotgestel. Ek prfaat so 'n ruk terug met familie in die Standerton omgewing, en vra toe hoe is die veiligheid daar rond. Antwoord - Dit gaan maar moeilik maar ons is darem oraait. Oraait vra ek toe, Ja ons het 4 Duitse herders honde, alarm, binne en buite diefwering in lazer ligte op die gras, ons slaap ook met van die ligte in die huis aan asook 'n groot spotlight buite wat die hele werf verlig, verder het ons ook 6 voet vol gelektrifiseerde heining. SORRY MAAR DIT IS NIE NORMAAL NIE!!!! Ek haal my hoed in iedergeval af vir die mense wat nog bereid is om so aan te gaan. Groete

    • antwoord
    Jan Bez 
    27 Jan 2011 08:19

    Deon, Ek dink dit begin by die klein dingetjies: Ons kla almal oor misdaad, maar: Stop jy nog by 'n stopstraat; gee jy vet as die verkeerslig al na geel oorgeslaan het?
    Is ek een van die "misdadigers" in die land? Ek vra maar net.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    26 Jan 2011 20:30

    Go Deon go!!! ware woorde word hier gespreek. Maar vra bietjie die"klaers" om saam iets pro-aktiefs te doen en saam te span in aksie planne, dan is hulle gou om verskonings uit te dink. Ons is eintlik maar self verantwoordelik vir die penarie waar-in ons, onself bevind. Dus moet ons maar onself weer uit die penarie wikkel met daad en nie woord nie!!!

    • antwoord
    Deon Coetzee
    26 Jan 2011 18:54

    My eerlike opinie - Suid Afrikaners WIL eerder net kerm en kla. Dis soveel makliker as om bietjie pro aktief op te tree. Ek dink ons het grotendeels 'n nasie klakouse geword wat reken ons kan ons maar maak asof misdaad net die ongelukkige slagoffers wat ons in koerante van lees raak, nie ons ook nie. Dis nou tot ons self deurloop - DAN hoor jy nooit die einde nie.

    • antwoord
    Johan Vogel 
    26 Jan 2011 10:24

    Ek het die land verlaat...as jy hier bly moet jy nie kla nie, en nog minder kla wanneer jy nie bereid is om iets aan jou saak te doen nie. My opinie. Mens kry mense wat doen, en ander wat net droom , en kyk, en kla. Baie boere, en ek is self n boer, kyk en kla net oor die misdaad. Kyk net na die fotos van die slagoffers van die plaasaanvalle. Dit is horrebaal. Wanneer gaan die Afrikaner boere(en dan praat ek nou nie van die bees ras nie) besef in watse hoë risiko omstandighede hul leef m.b.t die plaasaanvalle, en hul lewens wyse aanpas sodat die situasie meer beheerbaar is? Die realiteit is maar hartseer. Wrede plaasaanvalle maak nie eers dat ons mese vir langer as n maand paraat leef nie...Is dit omdat elke 2de ou 'n recce was en self die terroriste in Angola verwyder het? Ek voel mens moet realisties kyk na die saak. Ek was in Angola. Ek ken nie die taktiek, en nuwe tegnieke, en toeristing en hulpmiddels wat nodig is vir plaas beveiliging nie. Ek kon dit nie self doen nie. Hoeveel ander boere, en dan ook jong boere wat onder 'n valse indruk leef dat hulle soos Chuck Norris kan aangaan, het werklik die opleiding om so n taak te verrig. Boere: Wees bereid om te leer, en begin om anders te werk te gaan as tevore met jul veiligheid in oog.

    • antwoord
    BELINDA VD SCHYFF SWARTRUGGENS 
    26 Jan 2011 10:05

    BELINDA VD SHYFF

    SO N MOND MOET STROOP KRY , HOEKOM KAN AL ONS SUID - AFRIKANERS NIE S REDINEER NIE. DIT SOU LANKAL AL MET ONS BETERDER GEGAAN HET......MOOI DEON HOU SO AAN .....

    • antwoord
    Theodore Hibbert 
    26 Jan 2011 09:49

    Heeltemal reg, wil 'privaat' wees en nie bure ken of laat ken.....terwyl alle 'private' doen en late op Facebook / Twitter ens ens gepubliseer word!!

    • antwoord
    Deon Coetzee
    25 Jan 2011 14:47

    Ek stem - ons kla net maar wil niks doen daaromtrent nie. Ek sukkel met die logika daaragter.

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    25 Jan 2011 14:00

    Volstruis houding - almal staan maar kop in die sand want so hoef niemand betrokke te raak nie

    • antwoord

    Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

    Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boer aangerand oor begrafnis
    • Staat koop grond onder markwaarde

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Varkbedryf steun navorsing
    • Varkgriep slaan weer toe
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction