Die misdaad situasie in ons land is verseker oppad om erger te word. Wild stropers raak al hanser, aanvalle op boere is net so erg indien nie erger nie, die sprake dat die seerowers al verder die kus af gaan beweeg is groot en aanvalle in die stad is erg.
So waar eindig dit? Dis tyd dat ons landsburgers begin besef dat die magte in beheer dit nie gaan/kan stop nie.
Die einde begin by ons elkeen. Raak betrokke - raak betrokke by jou GPF of jou buurtwag, begin pro-aktief 'n verskil maak want as ek en jy nie die laaste stand gaan maak nie, gaan ons verloor.
Fortis bied ook nou geleentheid vir voltydse operateurs sowel as manne wat deeltyds betrokke wil raak. Hier is geen politiekery betrokkie nie, maar 'n groep wat daadwerklik 'n verskil wil maak.
Kyk bietjie hier
http://www.fortisgroup.co.za/careers/
Onthou net - as jy 'n reaksiemag gaan benodig is dit reeds te laat. Dit vat omtrent 5-10 minute vir 'n reaksiemag om te reageer - werk uit hoeveel keer iemand 'n sneller kan trek in daardie tyd.
Dis tyd dat ons die linies vorentoe skuif, en die geveg na die krimineel toe vat. Dis tyd dat ons terugveg.
Kommentaar
@ JH - jys doodreg, mense praat baie maklik en almal kan baie vinnig 'n opinie gee, maar sodra mense moet begin betrokke raak en mobiliseer vir beveiliging, het meeste mense verskonings.
Die punt bly, as die gemeenskap 'n gepantserde vuis maak en hom vertoon, werk dit - dit word deur alle stats gewys. Die probleem is dat al die gemeenskappe dit nie doen nie, so die skelm sien nou ek kan nie meer in area A droogmaak nie, so ek beweeg na area B - en dis tyd dat ons as landsburgers wys nee, geen area is oop vir kriminele nie, ons almal vat hande en ons almal maak een massiewe vuis.
Dalk slaap die polisie dan ook rustiger.
Ek dink deel van die oplossing is om op ons regte te begin staan en nie maar heeltyd stilbly en wegkyk nie.
Ons het hierdie houding van "nou ja, dit is maar so", maar ons het net soveel reg hier as iemand anders en dis tyd dat ons ons stem begin dik maak. Ongelukkig beteken dit ons MOET betrokke raak, veral in ons gemeenskap. in areas waar daar aktiewe buurtwag is verminder die misdaad aansienlik. Dis bewys dat dit werk om "betrokke" te raak.
Misdaad sal afneem as misdadigers begin besef dat ons begin terug veg en nie net gaan agter oor buig vir hulle nie. Daar is maniere en "less lethal" opsies om terug te veg wat geen hof in die land jou voor kan blameer nie, die reg op beskerming van lewe en eiendom is 'n gemene reg wat NIEMAND kan wegneem nie.
goeie standpunt, maar ek dink nie die regering gaan sommer verander nie. Ek dink die publiek moet 'n stywer vuis maak en wys ons wil. As mens meer georganiseerd betrokke is, is jou kanse wetlik ook beter.
Mense verloor uit die oog dat ons konstitusioneel net soveel reg het soos enigiemand anders om hier te wees en onsself en ons eiendom te beskerm. Deur terug te sit en niks te doen nie, gaan ongelukkig die saak vererger.
20 jaar terug kon jy betrokke geraak het want toe het mense nog respek gehad vir 'n lewe. Vandag as jy betrokke raak is die kans baie goed dat jy geskiet gaan word of 'n lem in die maag gaan kry.
Boonop is jou regte as nie polisiebeampte baie ingekort in die laaste jare en met die rassistiese swart polisiemag wat ons het is die kans goed dat jy, en nie die krimineel, in die tronk gaan opeindig.
Die enigste manier hoe die geveg gewen gaan word is as die kriminele bang is vir die wet. Die strawwe moet baie swaarder word veral vir mense wat van misdaad 'n beroep maak.
('n persoon wat een skaap steel is honger. 'n Persoon wat twee steel maak 'n beroep uit diefstal)
So hoe gaan ons te werk om 'n regering wat gesamentlik baie jare in die tronk deurgebring het en wat self nog daagliks by misdaad en korrupsie betrokke is, te oortuig om strenger teen misdadigers op te tree ?
Enige persoon wat die antwoord het, het die aantwoord/oplossing vir die meeste van die land se probleme.....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)