|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Na die ouma se skielike dood, het die familie besluit dat die oupa nie meer alleen kon bly nie en het hy by die oudste seun en skoondogter gaan woon. Vir ´n rukkie het dit goed gegaan, maar daarna het die oupa en die skoondogter se stryery begin. Hulle kon mekaar later glad nie meer uitstaan nie, die skoondogter het haar man voor die ultimatum gestel, of ek of jou pa moet gaan.
Die man het natuurlik geen keuse gehad nie en met ´n swaar hart die oupa aangesê om maar te gaan.
As afskeidsgeskenk het hy vir die oupa ´n sag gelooide beesvel saam gegee. Spesiaal vir jou my pa, om jou te beskerm teen die koue van die winter. Die oupa was skaars om die eerste draai, met trane in sy oë, het die seuntjie hom gevolg. Oupa! Moet jy gaan? Ja, my kind. ´n Pa kan 10 kinders grootmaak, maar dit lyk my 10 kinders kan nie ´n pa versorg nie. Oupa, kan ek dan die helfte van jou beesvel kry? Met sy knipmes het die oupa toe versigtig die helfte van die beesvel vir die kleinseun afgesny.
Terug by die huis, het die pa dadelik die stuk beesvel gemerk. Kwaai het hy van die seuntjie gevra, hoekom hy sy oupa se stuk beesvel geneem het? Waarop die seuntjie geantwoord het, dat sou hulle eendag as hy groot is, stry kry, en sy pa moet gaan, dan het hy darem al ´n halwe beesvel vir hom om saam te neem.
Hasta la proxima
http://www.youtube.com/watch?v=0csPx-ohuGU
http://www.4shared.com/audio/uXx06yXn/moda_de_viola_-_tiao_carreiro_.html
http://www.youtube.com/watch?v=YDxltlbw6LE
http://www.youtube.com/watch?v=6YhhrJBUqyQ
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)