Soos ek so ruk terug genoem het breek my ou baler. Dit is genoeg om mens moedeloos te maak. Gelukkig nie lank nie en mens skep weer moed. Ek begin rond bel op soek na parte om die baler weer te probeer herstel. So het die ou masjien gelyk oomblike voor hy gebreek het, hard aan die werk:
So stuur 'n persoon wat ek gekontak het my 'n SMS wat sê: "Ek het miskien vir jou 'n baler."
Ek gaan kyk toe en dit is wat ek sien:
Baie verwaardeloos maar meganies lyk alles goed behalwe vir die optel vinngers waarvan die helfte af is en skerms wat gebuig is. Ek koop toe die masjien want ek het nog 'n landjie wat gesny en baal moet word en die ou masjien gaan nog 'n rukkie staan. So spandeer ek toe die hele week tussen Kersfees en Nuwe jaar om die masjien uit mekaar te haal en alles na te gaan, te verstel, te ghries, in te stel en vervang wat moet vervang moet word as ek dit nie kan regmaak nie. Terwyl die hele masjien uitmekaar is verf ek hom toe ook sommer. En dit is hoe hy nou lyk: 
En hy werk, die eerste hooi met hom gebaal is reeds onder die stoor. Wat 'n plesier om met 'n masjien te werk wat doen wat hy moet veral na jy self baie ure spandeer het om seker te maak alles is 100%.
Kommentaar
Baie goed gedoen Bennie.Rhona
Rej van der Merwe
Baie geluk met die baler. Dit wys net wat die Boer kan doen! Daar is duisende implemente wat op dieselfde manier weer lewe kan kry, teen 'n fraksie van 'n nuwe se prys.
Jakkal. Ek sal gaan soek vir die plantertjie se fotos. Die na een het ek maar die voor fotos is weg. Die ou baalmasjien moet nou ook nog reg gemaak word. Doen almal dit of is dit net ek wat vir myself werk uit dink?
Wonderlik, Bennie. Wys jou waar 'n wil is, is 'n weg!
Netjiese werk. Wys jou wat mens kan regkry as jy regtig wil. Ek is weer besig met 'n baie ou Massey ferguson 3 skaar ploeg wat gebuig en gebreek is en het ook sopas my laaste bout vasgedraai. Pyl reguit. Het nie 'n before foto geneem nie maar die after sal ek dalk instuur... Groete van Namibia
Bennie jy is 'n bielie!!! Wys die fotos van die plantertjie wat jy reggemaak het.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)