|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Daar is volke en nasies. Nasies hoef nie noodwendig van dieselfde volk te wees nie. Hulle kan oor die grense van volkere voorkom en ´n nasie vorm, want hulle praat hul eie taal. O, ja, en nasies het stamme ook. Dink ook dat mense aan meer as een nasie of stam behoort, afhangende van die dikte van jou beursie. Ja, ek weet die deskundiges gaan my nou afskiet, maar lees klaar. Dalk stem ons op die end saam. Neander is ´n kenner op die gebied, dalk kan hy ´n mening lug en ´n beter beskrywing gee.
Die naweek is die byeenkoms van die auto cross stam, hier in ons kolonie. Saterdagoggend vroeg begin hulle al aankom. Kuier en gesels voor die stamdanse die middag begin. Nuwe modelle word beskou en verbeterings bespreek. Wat gaan die weer maak? Verstellings word gemaak, enjins se rewolusies opgejaag. Vlamme uit die kaal uitlaatpype, groot lawaai. Die reuk van braaivleis en verbrande brandstof in die lug. Die laaste instellings. Gesellige kamp atmosfeer, tentjies en grondseile. Vrouens aan die gesels op die kampstoele, kindertjies wat rondhardloop. Sommige modelle, nie die vrouens nie, lyk of hulle van binddraad en blik aanmekaar is. Ander uitspattig.
Laasnag gereën. Gelukkig gaan die stof vandag minder wees. Vanaand na die prysuitdeling, sal dié nasie (stam) se mense huistoe gaan. Moeg en vol stof en dalk modder. Net om reg te maak vir die volgende stambyeenkoms.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)