Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / N-jakkals-en-die-uithourit

Argiewe

2012

  • Februarie (1)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        Janbez
        Foto album
        Aangesluit: 3 Apr 2009
        Dorp : Kaapstad
        Provinsie : Wes Kaap
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        mkruger se foto
        mkruger
        Jakkals se foto
        Jakkals
        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Volgelinge

        • AnnieBP se foto
          AnnieBP
        • Martie Kruger se foto
          Martie Kruger
        • Hakuna matata se foto
          Hakuna matata
        • Argentyn se foto
          Argentyn
        • Elzabi se foto
          Elzabi
        • Jakkals se foto
          Jakkals

        Vriend

        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:12 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:18 C
        • Laag:6 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 16:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:60%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        'n Jakkals en die uithourit

        Ingestuur deur Janbez op 27 Oktober, 2009 - 12:00

        Jare gelede doen die uwe verslag oor die Nasionale Uithourit vir perde by Fauresmith vir ‘n publikasie. Dié uithourit was altyd een van die hoogtepunte van die jaar op die kalender, ondanks die snerpende koue van die Vrystaatse winter.

        Op daardie tydstip het die Weermag van sy ruiters en perde van die berede eenheid vir die uithourit ingeskryf. Ek dink die eenheid was op Potchefstroom, waar die dienspligtiges geleer is om met hul perde aan militêre aksies aan die grens deel te neem.

        Ewenwel, hier teen die tweede dag van die uithourit het ‘n jakkals op die roete onder ‘n voertuig se wiele beland en is bokveld toe. Todat ‘n paar kwajongens hom opgetel en na die kampterrein op die Fauresmithse rugbyveld geneem het. En dit was die begin van groot debakel.

        Maar eers nog agtergrond: In daardie dae was ‘n tv-reeks van ene Barbara Woodhouse, ‘n Britste vrou wat honde opgelei het, die keur van tv-programme. Seker soos vandag se sepies: Almal het na haar programme gekyk. As jy daardie tyd “walkies” gesê het, het almal geweet jy verwys na mev. Woodhouse se tv-program. Sy het honde met ‘n tou om die nek langs haar been laat sit (om hulle dissipline te leer) en dan gesê “walkies” waarop sy en die hond begin stap het.

        Terug op Fauresmith. Later dié betrokke aand, terwyl braaivleisgeure in die lug hang en meeste kampeerders hulself met iets sterks teen die koue verskans het (die dienspligtiges ook) het die moeilikheid begin. ‘n Kwajong het ‘n tou om die dooie jakkals se nek gebind en op tipiese Woodhouse-manier met die jakkals deur die terrein “gestap”. Hy gaan staan dan kort-kort en laat die jakkals so staan sodat dit lyk asof dié sit. Dan sê die kwajong “walkies” en daar gaat hulle, tot hewige onsteltenis van sommige kampeerders en tot groot vermaak van ander.

        En hoe later hoe kwater: Totdat almal die episode aanskou het en die jakkals eenkant op ‘n plek met rus gelaat is.

        Toe kom twee van die berede dienspligtiges verby ‘n groepie braaiers, wat ‘n bekende Springbok-rugbyspeler ingesluit het. Dié soldate was bietjie aangeklam en hulle word uitgevra oor hul rantsoene. Ai, sê hulle, hulle het net “rat packs” en hulle is lus vir ‘n bietjie braaivleis.

        Maar ons maak gou ‘n plan vir julle, sê die een bekende kwajong, wat ook nie meer so jonk was nie. En na ‘n rukkie is hy terug met ‘n karmenaadjie en hulle braai gou die vleis vir die troepe, wat intussen ook nog ‘n dop of wat gevoer is. En die troepe smul!

        Later die aand, toe almal bed se kant toe staan, vra iemand weer oor die jakkals uit. Die jakkals is nie meer met ons nie, vertel die een kwajong. Waar dan nou? word gevra. “Hy is geslag en die troepe het hom geëet” kom die antwoord.

        Alles mev. Woodhouse se skuld!

        Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (1 vote)
        • Janbez se blog
        • 2219 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe
        • Stuur na vriend
        • PDF uitgawe

        Kommentaar

        Willie Nel
        07 Jun 2010 20:24

        Goeie storie het lekker gelag

        • antwoord
        marleen 
        29 Okt 2009 21:41

        ha jan - wag tot die groenes JOU slag!

        • antwoord
        driesvonweidtz
        27 Okt 2009 22:00

        Dagse Jan
        HA HA HA dankie man ek het lekker gelag vir die een
        Mooi bly
        Dries

        • antwoord

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Waarom is boere so stil?
        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Boer aangerand oor begrafnis
        • Staat koop grond onder markwaarde

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Foto: JOHANN VILJOEN
        • Eerste teelbulle van die jaar aangewys
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction