'n Jas vir my boek.

Baie van die nuwe boeke het nou sagte buiteblaaie.Met 'n stuk leer en gom en verf kry die boek 'n nuwe buiteblad wat baie langer gaan hou.

Ek het 'n prentjie van 'n gras vergroot en dit op 'n stukkie leer afgetrek asook die naam van die boek. Dit is toe bo-op n ander stuk leer geplak en vasgewerk met wasgaring.

Die leer se kante is om die buiteblad gevou en vasgeplak en nou het my boek 'n unieke jas wat baie jare gaan hou!!!

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (3 votes)

Kommentaar

Jakkals

Carin het jy reggekom met die leer? Daar is nog plekke waar jy kan gaan koop.

Carin  

Jakkals, ek wil jou 'n vraag vra? Ons bly in KZN en ons het 'n spykermasjien. Om die spykers blink te kry moet ons leer in die drom gooi en ook saagsels. Wel die saagsels is nie 'n probleem nie maar ons kry nie leer nie. Kan jy asseblief vir my 'n kontak nommer gee waar jy die leer koop? Baie dankie sal dit waardeer!!!!!!!!!!!!Groete Carin

Jakkals

Leather from Hart in Pietermaritzburg. Kyk sommer hulle no in die tel gids.

Jakkals

Daar is deesdae maar min mense wat die stokperdjie beoefen. Baie handearbeid. As jy dink dat elke gaatjie eers met die hand gemaak word en dan met die hande en wasgaring gewerk word.

elna 

Leonie, waar kry jy die leer, en hoe trace jy die prentjie af?

Ek lees 'n slapband boek te vinnig op vir al die geld betaal ;))

Groetnis

Jakkals

Ek koop die leer in velle by 'n leerlooiery. Ongekleur. As jy leer natmaak dan sit jy die prentjie bo-op die stukkie leer en "trace" dan die prentjie af deur met 'n gewone pen die lyne te volg. Jy sny met 'n spesiale messie op die lyne en kap die prentjie met klein "tooltjies" uit.
Meeste van die naslaanboeke kom nou slapband uit en val uitmekaar as jy dit baie gebruik. Ek het my een ou Voelboek ook so oorgetrek
L.

driesvonweidtz

Ou slimkind

Goeie goeie plan

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.