|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Sy het daardie iets, wat maak dat almal haar raaksien. Oral waar sy gaan, trek sy aandag, mans, jonk en oud, sien haar dadelik raak en die oë volg haar. Selfs die vrouens neem kennis van haar. Die styl, ligte hare in ´n parmantige bokstert. As sy praat, raak almal stil, die Duits/Switserse aksent nog hoorbaar in haar Spaans. Duidelik ´n besondere vrou.
Maris Llorens, is een van die bekendste persoonlikhede in die beesbedryf in Suid-Amerika. Sy en haar man vestig hulle in 1985 hier in Paraguay. Eerste grond in 1978 gekoop, vandag 5 plase en 35 000 teelkoeie. Een van die beste slagpales, Frigomerc, ten volle toegerus vir die uitvoer van beesvleis. Vir haar, aanvanklik net ´n huisvrou en moeder met 2 kinders, was alles nie altyd maanskyn en rose nie. Sy was gelukkig al die jare baie betrokke by die boerdery en was op hoogte van alles. In 1993 slaan die noodlot toe en verloor sy haar man in ´n vliegongeluk. Onverwags moes sy beheer oorneem van die uitgebreide belange. Nooit het sy gedink om alles te verkoop en terug te keer na haar heimat, Switserland, nie en sy maak ´n groot sukses.
Brahman, Brangus, Braford en Nelore stoeterye word bedryf. ´n Bulstasie waar saad getap word, met ´n volledige toegeruste laboratorium vir embrio spoelings en bewaring. Hampshire Down skape en binnekort ook Dorpers. Twee produksieveilings word per jaar gehou, sien die foto van haar veilingskrale, en ander nasionale veilings word ook ondersteun. By plaaslike skoue, is Viradolce genetika altyd onder die wenners. ´n Volwaardige slagplaas vir skape is in die beplanning stadium. 20% van Frigomerc se slagtings word deur haar vee gevul. Die slagpale het ´n kapasiteit van 1000 beeste wat per dag geslag kan word. Frigomerc is die 6e grootste uitvoerder in die land. Sy is ook op die oomblik die president van die Kamer van Slagpales en Vleisverwerkers.
Sy erken dat sy ´n stryd gehad het, na haar man se dood, om haar plek te kry, in hierdie land waar vrouens nog nie al die status geniet wat hulle behoort te kry nie. Die wiel het gelukkig gedraai en sy word oral baie hoog geag.
´n Vriendelike, spontane vrou, uit een stuk!
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
As sy die sesde grootste is, sal ek graag die doen en late wil sien van die nommer een .
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)