|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Laat 1999 bel my vrind Abel, hy het nou niks met die een van Kraamsaal te doen nie, alhoewel hy sy eerste lewenslig seker ook daar aanskou het, my uit SA. Was ongeveer hierdie tyd van die jaar. Aangesien ons selfoon ontvangs daardie tyd nie so goed was nie en ons met die baksteen so 100 meter weg moes loop, waar die ontvangs was, was die gesprekke meesal van korte duur en het ons net die noodsaaklike gesê. Hy was toe so pas deur `n traumatiese egskeiding en hy wou hier, weg van alles en almal bietjie kom herstel en sy kop bymekaar kry. In ons laaste gesprek, meld hy toe dat hy by AA is en noem toe net hoe laat sy vlug land. Dit het my met groot angs in my hart gelaat toe ek besef hoe groot is sy trauma. Dat die situasie hom gedryf het om hom aan die drank oor te gee en hy by Alkoholiste Anoniem moes aansluit om die ding te beheer. Ek besluit toe dat ek alles in my vermoë sou doen om hom by te staan. Ons is tog immers jare goeie vriende. Dié dag is ek en my plaaslike vriend, Nico, hier weg om hom op die lughawe van Asunción te kry. Op pad het ek hom natuurlik ingelig oor die situasie en ons strategie bespreek hoe ons hom gaan bystaan. Dit was een van daardie warm, vogtige dae. Deur net jou oë te knip, was genoeg om jou in `n hewige sweet te laat uitslaan. Uit die lugreëling van die vliegtuig en lughawe gebou in die warm ou Toyota 4+4 wat in die son gestaan en bak het, was genoeg om enige mens `n lekker dors te gee en dit was so ongeveer 12 uur middag wat ons toe die 200 km na ons plek aandurf. Die ou Toyota se lugreëling was ook nie baie doeltreffend nie en ons was skaars aan die gang of Abel beduie hoe lekker `n koue bier gaan smaak. Ek en Nico loer mekaar onderlangs en maak al wat verskooning is om nie stil te hou nie. So ´n entjie uit die stad is daar `n stilhouplek wat bekend is vir hul lekker roomys en besluit toe om daar stil te hou en hom eerder op roomys as bier te trakteer. Hier werk dit effe anders as in SA, elke winkel, kafee of eetplek het, benewens die koeldrank yskas ook een vir bier. Abel sien dit onmiddelik raak en bestorm daardie yskas en gryp `n paar biere. Toe moes ons maar boedel oorgee. Op pad vra ek hom toe baie taktvol uit oor sy drankprobleem en hy bars kliphard uit van die lag. Die AA waarvan hy gepraat het was American Airlines. Die res van sy verblyf het ons baie geniet en ons het die nuwe eeu in gedans. ´n Paar Duitse meisies moes daardie nag hul steps ken om by hom te bly. ´n Aangename naweek. Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)