Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / N-rapetizer-asseblief

Argiewe

2012

  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        alani
        Foto album
        Aangesluit: 10 Des 2009
        Dorp : Pretoria
        Provinsie : Gauteng
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        Ondersteun nog niemand nie

        Volgelinge

        Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

        Vriend

        Nog nie vriende gemaak nie.

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:12 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:18 C
        • Laag:6 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 16:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:60%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        ‘n “Rapetizer” asseblief

        Ingestuur deur alani op 25 Februarie, 2011 - 15:33

        Ek weet nie of dit ‘n gevolg van die vlak van misdaad in ons land was of net plein onkunde nie, maar ek het verstom gestaan toe ek uitvind dat ek onlangs ‘n “Rapetizer” by ‘n funksie bestel het.

        Tydens ‘n swierige funksie waar ‘n nuwe handelsmerk vir saad bekendgestel is het ek een van my gunstelinge  – ‘n wit grapetizer – bestel om my dors te les. Ek sien die kelnerin kyk my baie skeef aan terwyl sy weer vra  “You would like a…?”  
        Geïrreteerd met die feit dat ek myself moet herhaal, sê ek baie duidelik – “A white Gggrrrapetizer, please”. Met ‘n effense skok op haar gesig kyk die vrou verward na my en skryf op haar notaboek. Die hoek van my oog vang haar notaboekie en my oë wil uitval toe ek die woorde “white rapetizer” daar sien pryk.
        Ek het eers gelag oor die ironie agter die saak en het dit met die ander gaste om die tafel gedeel. ‘n SMS van ‘n vriend het my egter laat dink oor hoe ek dié woorde opgeneem het. Die SMS “Ken miskien net rape…” laat my toe met menige gedagtes. (Ek het wel ‘n Appeltizer op die ouend gekry…)
        Uit my hart hoop ek nie dat dié arme vrou nét dit ken en by haarself gewonder het – vir wat op aarde sal enige een só iets bestel om te drink nie! Hoewel dit hartseer is om te dink dat daar wel vroue in die land is wat verkragting as deel van hulle verwysingsraamwerk en derhalwe as deel van die samelewing aanvaar…
        Sou haar flater weens onkunde wees, is dit hartseer om te dink dat daar mense in ons mooie reënboogland is wat nog nooit aan iets so algemeen as “grapes” (druiwe) of ‘n grapetizer bekend gestel is nie.
        In elk geval, ek sal in die vervolg myself mooi uitdruk as ek ‘n koue ‘tizer van enige aard bestel. Én met ‘n traan in die lag dink aan dié vir wie ‘n “Rapetizer” ‘n werklikheid is…
        Jou gradering: Geen Gemiddeld: 3.7 (3 votes)
        • alani se blog
        • 1897 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe
        • Stuur na vriend
        • PDF uitgawe

        Kommentaar

        alani
        02 Mar 2011 10:42

        God's water oor God's akker, Anena. Dis wel jammer, want skorsie sê net soveel lekkerder as "squash". Dit klink nie na iets wat jy kan platslaan nie.

        • antwoord
        Anena Burgerr 
        28 Feb 2011 16:23

        Jong, ek het darem nou lekker gelag vir hierdie verhaaltjie, maar die ongeluk by die lekker lag is dan nou ook maar so dat mens vandag moet aanvaar dat die samelewing nie meer is wat dit was nie.

        Kinders/jongmense se opvoeding laat veel te wense en daarom die verstommende tekortkominge in hul algemene kennis. Ek het self 'n geval beleef waar 'n afrikaanssprekende student wat tans by ons losseer, en ingenieurswese studeer, my vreeslik verward aangekyk het toe ek van 'n skorsie praat. Hy het my gevra wat 'n skorsie is...ek was so uit die veld geslaan, want bid jou aan, hy is ook 'n plaasklong van uit Mpulanga iewers. Toe ek aan hom verduidelik wat 'n skorsie is, haak hy af en se, "O, dis 'n squash!"

        Nou ja, sela en god's water oor god's akker, ne?!

        • antwoord

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Waarom is boere so stil?
        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Boer aangerand oor begrafnis
        • Staat koop grond onder markwaarde

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Meer grond kan besproei word
        • Landbou moet praat
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction