Ek gee nie om dit te doen nie Sci Nat, jy is welkom om die vrae te vra en dit moet gevra word.
Die graad word by Prof Eddie Webb gedoen, Tuks wat, soos jy weet Voorsitter is van een die Veekunde Verenigings. Prof Webb het ook die Scorpiondipstel geakkrediteer en sy akkuraatheid evalueer en my werk is sedert 2000 aan hom goed bekend.
Die graad is M Inst Agrar. Diereproduksiebestuur by die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit het voorheen vereis dat die diptoestel se patent aan hulle oorhandig word. Ek wou dit nie doen nie, want dit het te veel geld gekos en ek het aanvanklik gedink om dit eerder kommersieel te eksploiteer totdat ek met die realiteit van bosluisweerstandigheid en die bedryf te doen gekry het.
Dankie vir die vraag oor Registrasie, want dit is baie belangrik.
Ek het besef dat Chemiese parasietbeheer nie alleen die oplossing is nie, die koste van die dipstel en sy ontwikkeling ten spyte. Ek het vinnig agtergekom dat bloubosluisweerstandigheid by beeste nie lukraak reg gedip kan word nie. Ek het besef die antwoord lê in ‘n totale wetenskap waar minder dip gebruik moet word wat nie my dipstel se kommersialisering dien nie.
Bosluisbeheer by wild is n nog vreemder en skreiende situasie. Dit word met onakkurate Diptoedieners en Ivermektien in voere wat deur geregistreerde voedingkundiges aanbeveel word gedoen. Raad vir selfgemengde dippe vind lukraak plaas en word in sommige gevalle deur geregistreerde veeartse of gewese verteenwoordigers van Chemiese maatskappye aanbeveel. Dis mense wat ook geregistreerde lede van verantwoordelike Organisasies is of was en ook goed opgelei hierin is.
Daar is rekords en bewyse hiervan, maar dis nie die punt of verweer vir my optredes nie. Dit regverdig niks nie.
Ek het besef dat daar ‘n ander parasietbestuursverwysingsraamwerk naas (of liewers in samewerking) met chemiese beheer gesoek moet word. Dit staan nie in enige resepteboek van A-Z nie. Ek het besef dat daar ‘n meer natuurlike en goedkoper parasietbestuur plan, uniek tot die omgewing en plaas gevind moet word as 'n oplossing tot bosluisprobleme wat deur die wild of veeprodusent ervaar word.
Dit pas vele Diergesondheidsmaatskappye se verteenwoordigers of hul omsetdoelwitte glad nie!. Dis ook teenstrydig met hul boodskap oor bosluise wat op skrif is en in my besit is, of wat ten koste van produsente in die markplek gepleeg word.
Dis nie my boodskap nie. Wat ek beweer, kan ek bewys. Dit is my motto.
Die Registrasie en my akkreditasie is met Prof Webb bespreek, asook die artikels wat in 2 internasionale wetenskaplike tydskrifte gepubliseer moet word in hierdie verband.
Dat dit sal gebeur is onvermydelik. Dit sal egter onder die afhandeling van my studie geskied. Kan ek ter wille van volledige inligting en vir die lesers hier verder verduidelik;
Die studie en die toepassing van die Strategies Geïntegreerde Parasietbeheer Model soos deur my ontwikkel is vanaf 2007 op ongeveer 10 plase gedoen. Die toetsresultate hiervan is beskikbaar, wat in die huidige studie vervat word.
Tans is daar meer plase wat onder die studie se verspreidingskurwe val en data tot dit is egter nog enkel, maar die interpretasie en vertrekpunte en redenasie tot die beheer is beskikbaar, sou jy dit amptelik vanaf jou Vereeniging wou hê. Dit hoort so!
Die boere wat onder hierdie studieprogram was, (en die gemiddelde weerstandigheid was sowat 92%) sal self getuig dat geen Chemiese geregistreerde Diergesondheidsmaatskappy, geen geregistreerde veearts, niemand wat hulle bekend was kon hulle help om hul bosluisweerstandigheid te breek nie.
Die produsente sal graag openlik in die openbaar hul mening te gee. Dit daar gelaat. Hierdie werk en model was van die begin af in Landbouweekblad as ‘n studie publiseer.
Ek is seker daarvan dat jou vraag bedoel is om die Wetenskap dien?
Die boere in die groep was deeglik daarvan bewus dat dit ‘n deel van n studie is en was en dat ek nie waarborge kan en wil gee nie. Die antwoord lê in die uniekheid van sy plaas en die diere se omstandighede en, dat die antwoord tot parasietbeheer op sy plaas gesoek en gevind moet word.
Die studie en pogings het ook die aandag getrek van Prof Frans Jongejan, Voorsitter van die ICTTD (http://www.icttd.nl/) en hy het selfs ‘n student, Dr Rogier Junte, hieraan toegewys in 2007 wat onder die Universiteit van die Vrystaat n gedeelte van sy studie voltooi het.
Rakende my werk.
Vele baie bekende wetenskaplikes was geraadpleeg en niks is op plase gedoen as dit nie op gepubliseerde werk, of met kommunikasie van erkende wetenskaplikes, gedoen is nie. Dit is ook so opgeskrywe met literatuurverwysings.
Ek dink, in respek van die Wetenskap, in respek teenoor die Organisasies soos deur jou genoem se rol as Waghond oor die dinge wat gebeur in die vee en wildbedryf, is my uitdaging om dit wat ek beweer amptelik te bewys. Ek doen dit baie graag wetenskaplik.
Ek aanvaar dus die geleentheid en uitdaging onvoorwaardelik.
Ek verklaar dus hiermee my bereidwilligheid dat die wetenskaplikheid van my werk deur die onderskeie verantwoordelike Organisasies baie krities ondersoek en getoets word.
Ek beskou dit as ‘n wonderlike geleentheid en sal dankbaar wees daarvoor. Net een versoek, dat die werk en impak en die kritiese beskouings daarvan as deel van my studie geïnkorporeer mag word.
Ek sou graag dan ook wil hê dat die boodskap wat tans in die markplek heers, van geregistreerde ondernemings, dan in ‘n vergelykende studie teenoor my werk gepubliseer word want hieroor moet daar ook deeglik gewaak word.
Groete en ek waardeer die skrywe opreg. Baie dankie vir die geleentheid.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)