Nguni/Angus

Goeie dag

Ja jy het reg gelees...Nguni.  Ai en hoe weet ek nie, maar die meederheid mense wou my al stening oor ek met Ngunis boer.

Ek het middel verlede jaar besluit om my pragtige bulle te verkoop en Angusbulle aan te skaf.  Die rede hiervoor is dat ek 'n swaarder kalf wil verkoop, wat dus meer geld in die sak beteken.  Ek het op die Angus besluit oor die Angusbeef projek.  Ek het dus 'n gewaarborgde afset vir my speenkalwers.  

Ek moet toegee dat ek nogal taamlik bekommerd was oor hierdie kruising, want ek het nog nie gehoor van iemand wat hulle kruis nie.  Almal, die vee-arts inkluis, wat en is nogal nuuskierig om te sien hoe die kalwers gaan lyk.  Ek was nogal bekommerd oor die moontlikheid dat die groter kalwers dalk probleme by kalwing kan gee.

Wel my eerste paar kalwers het geval en ek kan darem nou met 'n geruste hart se dat beide die koeie en verse maklik gekalf het, sonder enige probleme sover.  Nou hoe lyk die kalwers is natuurlik die volgend e vraag.

Wel te progtig vir woorde, dit is nou as jy soos ek van 'n bond spul hou.  'n Mens kan duidelik sien dat die moeder 'n Nguni is, want die kenmerkende Nguni kleure is daar.  Die kalwers is definitief frisser en die bene dikker.  Die sterte van al die kalwers is 100% Angus.  Ek wonder nou net hoeveel van die kalwers gaan natuurlike poenas soos die Angusse wees.  Wel die tyd sal maar leer.

En nou soos 'n trotse boer, moet ek ook maar oor my diere spog.  Ek heg dus maar 'n paar fotos aan van die kalwers kort nadat hulle gebore is. 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Hanneke

My e-pos adres is: hannekevanwyk@gmail.com ek sal sover as moontlik jou vrae beantwoord.

Onbekende besoeker 

Hi Hanneke waar kan ek julle kontak vir meer info?

Nic in Hong Kong 

Ek dink jy slaan die spyker op die kop met hierdie kruising.Hou ons asb op hoogte met die vordering en groei van hierdie kalwers.Groete.

thomas mokoka 

I am looking for a mentor to help me emerge with boergoats and beef cattle.

Irene Marais 

My man boer met vleisbeeste (Simmentaler, Bronsmaras ens) en ek wil al lankal vir my 'n Nguni vers of twee aanskaf. My man het nou onlangs 'n mooi Angus bul aangeskaf. Gisteroggend toe ons werk toe ry toe noem ek weer aan hom dat ek wil vir my 'n Nguni vers of twee kry en die Angus by hulle sit...en walla toe ek Landbouweekblad oopmaak en jou artikel sien...wel ek soek nou hard en dringend!! Vreeslik opgewonde. Baie dankie.

Karoo Jan 

Uitstekend. Ons het een, wat lyk na Nguni koei, wat tussend ons Bonsmaras loop, te pragtige kleurvolle kallers wat sy gooi en hulle word sommer gou groter as hulle ma - teken die rooi bonsmara bul se gene werk om groter bees te teel.
Sterkte

Onbekende besoeker Cecil Jones 

Baie geluk Hanneke, pragtige kalwers!!!!!

n Nguni fan!!!

Linda van der Walt 

Die meeste mense is JALOERS as mens Ngunis boer, want dis sowaar DIE MAKLIKSTE ras om mee te boer!! Hulle is fyn beeste en hulle vleis vs been persentasie is groter as die grootraam beeste! Hulle vreet heelwat minder, maar groei ook stadiger, daarom kan hulle so goed doen in droë tye!

Ons het wel 'n switser kruis verskalf hierdie seisoen gekry, van die buurman se bul wat deurgekruip het! Die versie is duidelik frisser as die nguni kalwers en sovêr is haar gewig swaarder op 'n vroër ouderdom! Dit sal interesant wees om te sien wat haar persentasie vleis vs been is!!! So dalk het jy 'n wenner beet my jou kruising, Hanneke!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.