Nog Slangfoto's

Die foto's oor die swartmamba's het baie reaksie uitgelok. Jan se goedgunstige plasing by Media 24 het soveel goeie kommetaar uitgelok en soveel mense het fotos aan my gestuur.  Baie dankie

Ek weet nie wie die eienaars van hierdie foto's is nie. Ek hoop dat ek verskoon sal word omdat ek dit plaas en sou iemand wel dit eienaars ken, laat weet sodat ons die regstelling kan maak.

Geniet die volgende fotos. Dis bedoel om informerend van aard te wees.

Kan jy glo dat 'n waaierstertmeerkat so man pak kan gee..., die een aan die regterkant lyk dan vir my soos n rooimeerkat of muishond!

Lyk my hier is nog twee manne aan die veg vir vroue...as dit die moeite werd is, waarom dan nou nie?

Nie 'n saak  met die arme slang nie...kan jy dink dat mens self kan sien hoe jy die Ewigheid tegemoet gaan? Eish!!!  Wat se slang is hierdie, wil iemand ons vertel?

Ek neem aan hierdie is Kaapse kobra, wie sal bevestig...?  Is dit gatskoonmaak of stofnatmaak...ek weet nie?

'n Njala word in Valsbaai deur n luisslang gevang

Wat kan n mens sê, die koei is moeggedruk...

Wat 'n vreesaanjaende gesig...

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierrevn@telkomsa.net

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (4 votes)

Kommentaar

mariethgrobler@vodamail.co.za 

dis eintlik so skrikwekend,maar ongelukkig moet die natuur sy gang gaan, dan wil ek graag,net regstel op foto 1 die 2 eekhorings wat slang karnuffel,dis nie meerkatte nie dis die gewone grond eekhoring,hulle skrik vir niks....maar die bylaes is wonderlik...

Elma Geldenhuis 

Blerrie Eva..alles haar skuld dat ons na sulke vreesaanjaende reptiele moet kyk!!!

scorpiondip

Ek het n antwoord gekry van Linda van der Walt. Sy skrywe oor die slang wat so lewendig geëet word, die volgende;

Hi Pierre

Dis 'n eiervreter, onskadelik, nie giftig en geen tande, net 'n 'eiertand' agter in die keel!

Groete
Linda

Baie dankie Linda. Waardering!

Linda van der Walt 

Die slangetjie wat lewendig gevreet word, is 'n eiervreter, nie giftig, niks tande, net 'n 'eiertand' agter in die keel.

Santi Pienaar 

aitog die arme njala

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.