|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Wie onthou hom nog? Daardie muurmodelle, wat op plase aangetref is. GPO, General Post Office, stempel, duidelik op hom. Handsentrale, kode luie, ons nommer was 1213. Plaaslyn nommer 12 en die 13 het beteken een kort en 3 lank. ´n Lang lui vir die sentrale en moenie die kort aflui vergeet nie. Almal moet weet dat jy klaar gepraat het. Slinger regs en die ekstra gehoorstuk, links. Weet nie of die een op die foto een van daardie modelle was nie, geen slinger en geen ekstra gehoorstuk nie.Dink aan die tye as klein kindertjies, hoe ons gestry het om saam te luister, met daardie ekstra gehoorstuk, as pa of ma praat. Ons was ´n hele span Coetzeetjies. Soms, sommer daar onder die foon aan die slaap geraak. Vandag dink hulle ´n telefoonkonferensie is ´n nuwe ding. Daardie jare was dit sommige aande ´n “aanlyn” kuier, pa, oupa, oom Lou, oom Dapper, oom Pieterse en oom Mynhardt, almal saam aan die gesels. Gewoonlik die mans saans, vrouens seker deur die dag hul kans gehad. Dadelik die gesprek beeindig as iemand vra, lyn besig? Natuurlik ook van die dames, wat geen einde gehad het nie. Op ons lyn was daar Ria Langasem. Spontaan, dié naam bekom. As daar ´n dringende oproep gemaak moes word, was dit nie altyd maklik om haar van die lyn af te kry nie.
Weet nie of daar modelle vir linkshandiges was nie. Kan duidelik een aand onthou, hoe ´n linkshandige besoeker gesukkel het, pa moes later vir hom die slinger kom draai. Dalk was hy maar net nie die soort foon gewoond nie. Inluister, ´n gawe tydverdryf, vir die wat bietjie verveeld was. Was seker maar net besorg oor die wel en weë van die omgewing se mense. Natuurlik nog interessanter vir die inluisteraars, as daar ´n vryer op die lyn was.
Die sentrale wat nog diens gelewer het. Oom Willie, oom Dirk, Ria, Miemie en Johan van W, staatmakers. Soek iemand en daar is nie antwoord nie, hom gou vir jou opgespoor. Seker maar vroeër ingeluister, toe die kuier elders bevestig is.´n
Apparaat van ´n era, lank reeds verby.
Hasta la proxima
<!-- @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } -->
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hi Danie, Dit is lekker om iets van die verlede te kan lees en verstaan. Ek onthou nog Oom Stoffel se muurhorlosie wat jy in die agtergrond hoor loop het. Indien jy kommentaar daarop lewer hoor jy net 'n klik soos die telefoon neergesit word.Groete vanaf Pretoria.
1978-n buurman kom laatnag op die plaas aan-kan hy die foon dringend gebruik?nee sy telefoon is nie stukkend nie,hy moet sy prokureur dringend bel-sy buurplaas oldenzaal is in die mark en met n string bure wat gretige kopers was kon dalk ingeluister het.hy was op die reitz 46 lyn en ons op die 19 lyn-n paar dae later was hy die eienaar van die plaas
Dankie Danie, Dis so lekker om te lees van die era wat verby is. Ons het ook so 'n plaaslyn gehad, altyd las gehad van een Tannie wat so ingeluister het dat mens haar asemhaling kon hoor. Tot iemand eendag sê " Het jy gehoor Tannie so en so is dood?" Vinnige antwoord van die Tannie "Dit lieg jy" Sy het nie weer ingeluister nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)