Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Nuwe-londen

Argiewe

2012

  • Mei (3)
  • April (3)
  • Maart (7)
  • Februarie (10)
  • Januarie (6)

2011

    2010

      2009

        2008

          2007

            Blogger

             
            Danie C
            Foto album
            Aangesluit: 10 Jun 2009
            Plaas naam : Vaalspruit
            Land : Paraguay

            Ek ondersteun

            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Leon Kruger se foto
            Leon Kruger

            Volgelinge

            • Martie Kruger se foto
              Martie Kruger
            • Spiekeries se foto
              Spiekeries
            • scorpiondip se foto
              scorpiondip
            • charles norval se foto
              charles norval
            • Argentyn se foto
              Argentyn
            • Dalena se foto
              Dalena
            • Janbez se foto
              Janbez

            Vriend

            Martie Kruger se foto
            Martie Kruger
            charles norval se foto
            charles norval
            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Janbez se foto
            Janbez

            Jongste blogs

            Danie C se foto
            Toulouse en omgewing (4)
            saai se foto
            Invoere - bangkrot Boere
            Steven nel se foto
            Kopklamp
            Steven nel se foto
            My nuwe nguni vers
            Johannes Meintjes se foto
            Perspektief op Landbou: ACDP

            My Weer

            • Voorspelling
            • Vandag
            • My ligging

            Kaapstad

            • Donderdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:20 C
            • Laag:12 C
            • Vrydag
            • Reën
            • Hoog:17 C
            • Laag:10 C
            • Saterdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:18 C
            • Laag:6 C
            Sonsopkoms: 7:37
            Sonsondergang: 17:47

            Kaapstad

            Bygewerk:24 May 16:00 IDT
            Temp:
            Druk:
            Doupunt:
            Humiditeit:60%
            Wind:

            Kaapstad

            Peiling

            Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

            Nuwe Londen

            Ingestuur deur Danie C op 10 April, 2010 - 03:31

            Hulle dra die Engelse vanne soos Kennedy, Smith, Drakeford en Murray, met trots. Baie van hulle lyk nog soos Engelse, ligte hare en blou oë, maar soos iemand gesê het, as die monde oopgaan is daar baie min Engels te bespeur. Amper meer Guaranie, die plaaslike inboorlingtaal, as Spaans. Waar sou hulle vandaan kom en hoe het hulle hier in dié Spaanse land beland?

            Hulle koms hier, het sy ontstaan by ´n staking van skaapskeerdes in 1891 in Australië. Die regering van destyds het selfs van hul 9 ponder kanonne op hulle gerig en gedreig met uitwissing en dwangarbeid. Dit het hulle laat besluit dat hulle genoeg gehad het van die demokratiese parlementêre stelsel en ´n breedsprakige William Lane het vir hulle ´n sosialiste Utopië hier voorgestel. Ongeveeer 30 km noord-wes van die dorp Coronel Oviedo, het hulle in 1895 hier geland en die kolonie Nueva Australië gestig. Aanvanlik wou hulle die dorpie Nueva Canberra doop en het toestemming gevra van Australië, maar toe hulle geen reaksie kry nie, die dorpie Nueva Londres (Nuwe Londen) gedoop.

            Baie van hulle kon ook maar nie aanpas by die sub-tropiese klimaat nie en het elders weer ´n heenkome gaan soek. Dié wat wel vasgebyt het, is vandag welvarende beesboere. Baie van die name het verander, Richard het Ricardo geword, James het Jaime (Gaime) geword, maar Peter het nie Pedro geword nie.

            Don (meneer) Kokkie, of eintlik Ricardo Smith, is een van hierdie nageslag. Gebore in 1926. Een van die min, wat nog suiwer is, aangesien sy moeder ´n nooi MacLachlan was. Vriendelik en gasvry,  sien eers net daardie twee goue oogtande raak. Vra hom of hy nog kan Engels praat, maak hy verleë verskonig omdat dit so swak is. Soos die gesels vorder, kry hy selfvertroue. Kom die Engels terug, glad nie die aksent van Down Under nie, ook nie heeltemal Oxford Engels nie, maar baie duidelik en verstaanbaar. Hier en daar ´n Spaanse woord tussen in.

            As hy vriendelik nooi om weer te kom kuier sodat ons kan Engels praat, wonder ek of daar nie tog bietjie heimwee na die oorspronkilke moedertaal is nie. As ons die plaaspad af ry, staan hy nog met sy hand omhoog, diep ingedagte.

            Hasta la proxima

             

            Geen gradering nie
            • Danie C se blog
            • 1542 keer gelees
            • Drukker-vriendelike uitgawe
            • Stuur na vriend
            • PDF uitgawe

            Kommentaar

            Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

            Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

            Geborgde skakels


            Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

            Kwaliteit Saad

            Die toekoms is in jou land

            In lyn met die boer

            MSD Animal Health

            Our brand new website

            Daaglikse nuusbrief

            Weeklikse nuusbrief

            Teken In

            • Registreer as gebruiker
            • Wagwoord vergeet?

            E-pos forum

            • Waarom is boere so stil?
            • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
            • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
            • Boom Lusern en siektes
            • Nekklamp vir beeste
            meer...

            Gewildste stories

            Vandag

            • Boer aangerand oor begrafnis
            • Staat koop grond onder markwaarde

            Immergroen stories

            • RSS-voere
            • E-pos foto's aan ons

            Pas gelees

            • Bloktoetse en omrekenaar
            • Besoek aan Humansdorp, Maandag 10 Augustus 2009
            • Wie is ons?
            • Kontak ons
            • Gebruiksvoorwaardes
            • SMS-diens
            • RSS-voere
            • Teken in op LBW
            • LBW-argiewe
            • Vennote

            Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

            Web Development by FormFunction