14 Augustus 2011

1705 keer gelees | 3 kommentaar


Daar is heelwat belangstelling by geenbewerking en minimale bewerking deesdae.

Beide het voordele en nadele.

Ek hou daarvan om iets te prys as ook te kritiseer, dit is meer geloofwaardig en skep vertroue by boere wat dit wil probeer.

Ek is nie 'n kenner in die gebied nie, maar sal graag wil deel wat vir ons werk en nie werk nie, en hoekom.

 Ek sluit ook 'n paar fotos in met kommentaar.

Mielieland wat ge "striptill" is. Bewerking is 8 tot 10 duim diep en kunsmis word 4-6 duim diep geplaas.  Tipiese bewerkings spoed sowat 8km/h.

 

Mielieland wat direk na oes sonder bewerking terug geplant is koring toe.

 

Sojabone wat  geplant is in mielie reste. Rye is 10 duim (25cm) uitmekaar i.p.v. die normale 30 duim (75cm)

 

Mielieland wat in sojaboon reste geplant is. Dieselfde mielieland paar weke later.

Wat baie boere, en miskien nie, gaan pla met geenbewerking is die belangrikheid van 'n goeie chemiese onkruidbeheer program en indien nodig die gebruik van GMO mielies of boontjies. Wisselbou baie belangrik.

Water gebruik in ons besproeiing het drasties afgeneem en opbrengs op die swakker lande het toegeneem. Produksie in die voorheen "top" lande het nie veel verander nie, maar het steeds minder water nodig gehad.  Afloop water is amper toetaal gestop.

groetnis uit die koringbelt


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hakuna matata

2011/08/21 07:49:42 PM

Besoeker, koste per Ha? Hier is baie sulke produkte hier beskikbaar, maar min wat waarde toevoeg aan opbrengs op ekonomiese skaal. Meeste verhoog wel opbrengs, maar na koste is jy weer terug waar jy was. Jacob, net soos met "Biofuels" is daar verskeie verskillende opinies oor geenbewerking. Dit is iets wat mens met een of twee lande kan begin en kyk wat vir jou werk, en hoe dit vergelyk met bestaande metodes.


Onbekende besoeker

2011/08/18 11:15:21 PM

As die reste gespuit word met SCD Bio Ag voor planttyd, dan sal hul vinner afbreek en meer voeding aan die grond gee, asook die mikrobies vlakke in die grond op bring. SCD Pribiotics word deur Probiokashi (021 865 2832) in SA versprei.


Jacob van der Westhuizen

2011/08/15 09:15:44 AM

Baie dankie vir die mooi fotos en kommentaar. Dit is 'n onderwerp wat baie van ons deesdae laat kopkrap. Daar was verlede week 'n boeredag in my omgewing waar 'n paar geenbewerkings planters gedemonstreer is en ons 'n baie goeie spreker gehad het wat 'n aanbieding gedoen het oor die invloed van bewerkings op die grondlewe, grondstruktuur en uiteindelik die vrugbaarheid en waterhou vermoë van 'n grondprofiel. Wat duidelik was, is dat elke boer wat die dag bygewoon het sy eie denkwyse het tov. bewerkings en die pad vorentoe op sy plaas. Ek dink die Departement van Landbou moet baie blaam kry vir die onsekerheid wat heers rondom bewerkings. Indien die LNR nog doeltreffend gefunksioneer het en navorsing gedoen het by die Instituut vir Graangewasse en Instituut vir Landbou Ingenieurswese oor verminderde bewerkings en masjienerie in SA toestande, kon ons landbou reeds baie verder gevorder het en beter oeste meer waterdoeltreffend geproduseer het. Ek sien uit daarna om nog fotos te sien en kommentaar te lees oor hoe julle dinge daar benader.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights