Ek kry gereeld hierdie tipe van skrywes en navrae. Ek wil graag dit deel en wil hiermee hopelik n bydrae lewer tot wysheid en besinning.
Ek weet van die bekende Wetenskaplikes wat ek al in die verlede hier aangehaal het, wat woedend sal reageer en sal sê, “Die mense wil nie hoor nie, laat hulle voel, laat al die diere uitvrek. Sulke mense moet nie diere hê en moet dit ook nie aanhou nie en, moet ook nooit weer toegelaat word om diere aan te hou nie”.
Miskien is ons al nader aan hierdie punt as wat ons besef.
Ek plaas hierdie skrywe hier, naamloos, want ek aanvaar dit as n uitdaging om my werk en my navorsing en die bietjie impak wat mens moontlik kan kry in sinvolle parasietbestuur, in die openbare oog te plaas, oop vir almal om te sien.
My vooraf kommunikasie was dat ek verkies om nie chemies in te gryp nie en dat ons liewers moet kyk om die natuurlike balans te herstel, waarop die antwoord was; “die eienaars wil baie wild hier sien en dis my werk om te sorg dat hulle dit kan sien”.
Dit is werklik onbegryplik dat iemand wat beweer hy is ‘n Natuurliefhebber so ‘n standpunt kan inneem, ten koste van die Natuur se drakrag en potensiaal en in onbegrype van die erge lyding van die diere weens hierdie houding.
Die brief
Pierre
Ek wil graag my situasie duidelik stel sodat jy kan verstaan waarmee ek te doen het. Kom ek verduidelik;
1. Die veld is oorbewei en die getal diere, asook die verhouding tussen selektiewe en nie-selektiewe vreters is verkeerd.
2. Daar is hopeloos te veel blaarvreters ook.
3. Die veld is ruig uiter aard van die veldtipe asook die afwesigheid van groot herbivore.
4. Ek sal ook graag die regte getalle wil aanhou en die balans korrek kry, maar hierdie is `n plastiese sisteem wat byna soos `n dieretuin bestuur moet word.
5. Ek sal nooit toestemming kry om die wildgetalle te verminder tot op die nodige vlakke nie. Dus sal ek moet ingryp op `n ander metode.
6. Laasjaar Augustus moes al die kameelperde (12)gepyl en behandel word met anti-biotika en deadline.
7. Van die diere het oop wonde gehad van al die bosluise. Die oxpeckers vreet die wonde verder oop.
8. Hier is een koei wat ek moet uitsit omdat haar wonde net nie gesond word nie. Sy is al twee keer gepyl en behandel.
9. Die ontwikkeling hier maak die gebruik van vuur as bestuurshulpmiddel onmoontlik. Die risiko is net te groot.
10. Ek sal moet kyk na chemiese kontrole van die bosluise.
11. Die interne parasiet ladings is laasweek getoets by Onderstepoort, en die uitslae is normaal.
Ek hoop dit gee jou `n idee van my probleem hier.
Groete
Kommentaar
Daar was 'n tyd gelede 'n artikel/Boerepatent van 'n diptoediener wat bo 'n voerbak geinstalleer word waar die diere dan basies met 'n "pour-on" gedip word as hy komvoer of lek vreetSal so iets nie hier werk nie,ter wille van die diere.Ons gaan hierdie situasies nog baie sien.Veral met leefstyl plase wat nou so toeneem.Die mense wat die plase opkoop het nie 'n idee van boerdeypraktyke nie en het meestal 'n vewronge ide van hoe 'n plaas bestuur moet word.So word die natuur bietjie aanstoot gegee.Gelukkig is nie almal so nie maar,die meeste jaag maar bollie aan.Sterkte vir die skrywer,miskien moet jy maar die DBV op die ouens sit....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)