|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Argentinië beleef nou die situasie waarin heelwat Suid-Afrikaanse plattelandse dorpe was voor 1994. Die huidige politieke situasie in SA het `n ommeswaai in die leegloop van die kleiner plattelandse dorpies veroorsaak, veral suid van Bloemfontein, was die groei en herbesetting die afgelope klompie jaar opmerklik en is daar nuwe lewe geblaas in baie dorpe weens die feit dat baie stedelinge na aftrede hier ´n nuwe heenkome gevind het. In Argentinië heers groot kommer onder mense oor die leegloop en verdwyning van plattelandse dorpies. ´n Vereniging is gestig met die naam RESPONDE (antwoord) om die proses te stuit deur die promosie van die dorpe wat `n risiko loop om te verdwyn en om die inwoners te motiveer om vir hul toekoms te werk. Verbeeldingryke projekte vir die sosiale en ekonomiese ontwikkeling word in die vooruitsig gestel. Dit poog veral om die inwoners toe te rus om hul probleem self op te los. Volgens die sensus van 2001 was daar 602 gemeenskappe met minder as 2000 inwoners wat die risiko geloop het om te verdwyn. Volgens die jongste sensus, het 90 van hulle verdwyn en 124 het geen groei getoon nie. Die volgende programme word gebruik: Plattelandse Toerisme om die plaaslike te bevorder en ontwikkel. Hier word gekonsentreer op dele waar die natuur `n rol te speel het en waar die kultuur toeriste kan lok. Die Internet word ingespan om kommunikasie te verbeter en die isolasie te verbreek. Daar word gepoog om gemeenskappe meer selfvoorsienend te maak, om meer werk te verskaf deur die verwerking en verbruik van produkte van die omgewing. Daar word gepoog om pensioenarisse op te lei om die leiding te neem om projekte te hanteer. Sentrums word daar gestel vir die ontwikkeling van sosiale, kulturele, ontspannings en opleidings aktiwiteite. Daar word gepoog om die treine wat deur sulke plekke loop weer vir passasiers beskikbaar te maak. Oorstromingswaarskuwings word verbeter vir die dele wat daaraan onderhewig is. Alle moontlike hulp word beskibaar gestel vir persone wat inisiatief aan die dag wil lê vir die bevordering van sy omgewing. RESPONDE is bekommerd oor die môre van die klein dorpies. Dit poog om die geloof en die gees van samewerking te verbeter, beveg die gebrek aan geloof in die omgewing, skep geleenthede waar niks is nie en bo alles wil dit die plekke weer bevolk en die kultuur bewaar. Feite uit Super Campo. Januarie 2008 Hasta la proxima en geniet julle naweek.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)