|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |

Die feit dat hy 80 jaar gelede, in ´n eenvoudige houthut in die middel van die oerwoud gebore is, en boonop ´n oog op ´n jong ouderdom verloor het, was vir hom geen belemmering nie. Volgens die handjievol tydgenote wat nog met ons is, was hy van sy jongdae, fluks en pal aan die werk. Nadat hy sy eie grond gekoop het, het hy met die paaie, brûe en suikerrietmeulens wat hy tot stand gebring het, bewys dat hy ´n baie goeie ingenieur kon wees. ´n Staatmaker van die omgewing.

Ons buurman, Paul (Pablo) Escher, het die afgelope naweek 80 jaar geword en het ons nie “gefeier” nie. Sondagoggend het die vure reeds vroeg gebrand en die bees, skaap en varvleis was reg om hul lê op die roosters te kry. Oudste seun Horst, ´n kenner op die gebied van wynmaak en die voorbereiding van caipiriña, ´n aangename Braziliaanse mengeldrankie, op sy pos met genoeg om die dors te les. Bier en wyn natuurlik ook in oorvloed beskikbaar. Daarsonder is enige Duitser tog verlore.

Tradisionele Duitse musiek op ´n klawerbord en kort-kort word daar spontaan saamgesing. Na die heerlike ete, byna ´n konsert. Almal wat genooi is, is verwittig om iets oor hom te sê of ´n sangstuk aan hom op te dra, indien hulle wou . Die klein vroutjie, tante Inge, wat vir 54 jaar aan sy sy is, word natuurlik nie vergeet nie.
Daarna nagereg, roomys en heerlike Duitse koeke. Foto`s uit die verlede, hul troudag onder andere, doen die rondte, dalk nie ´n goeie idee nie. Mooi jongmense wat deur die loop van die lewe afgetakel is tot ou mense. Amper onherkenbaar, met trekke van hul kinders. Vir die wat vertrek, is daar ´n bottel rooi en wit wyn, met spesiale etikette vir die 80e verjaarsdag.
Laatmiddag maak die Liederbuche hul verskyning en word daar spontaan saamgesing tot donkernag. Liedere oor die Heimat, wat heelwat seker nog nooit gesien het nie.
´n Aangename dag en aand, eindig met bietjie hartseer. Die wete is daar, dat nie almal daar sal wees, met die volgende verjaarsdag nie.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)