|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
As hulle gelukkig is haal hulle 20 jaar en met baie geluk dalk 25 of selfs 30 jaar, maar daarna tree die krankheid in en hulle sterf. Die siektetoestand staan bekend as die vergeling van die Melia en word veroorsaak deur ´n fitoplasma. Dan is die kans goed dat die hout gou gaan bederf en nie veel gaan beteken nie.
Die Melia azedarach, is van die mahonie familie en in Suid-Afrika verkeerdelik die Sering genoem. Hoog op die lys van verbode plante, omdat die saad dan so giftig sou wees. Eintlik net giftig as daar groot hoeveelhede daarvan verober word. Hier is veral die groen parkiete en die beeste, baie lief vir die saad én die blare van die bome.
Plaaslik staan dit bekend as die paradysboom, paraiso. Dit het ´n goeie hout vir meubels, want die hout trek nie as dit droog word nie. Aangesien vergeling hier by die bome in en om die werf ingetree het, het dit tyd geword om hulle te “oes”. Die afgelope week daag Hugó en sy span van 6 mense op, om die oeswerk te doen van die bome. Vir die saagmeule in Caaguazu wat dit saag en verwerk en dan uitvoer na Brazilië, vir ´n meubelfabriek wat spesialiseer in paraisomeubels.
Francisco, die man wat die saag hanteer en weet waar om die boom te laat val, dat geen kragdraad of gebou in die nabyheid beskadig word nie. Soms met die hulp van ´n kabel en trekker, wat net seker maak dat daar geen skade kom nie. Daarna in lengtes van 2,20 meter gesaag en op die ou Mercedes gelaai. Geen meganiese hulpmiddel nie. 2 pale, 2 planke, ´n paar toue en spierkrag doen die ding. Amper ongelooflik om dit te sien. Harde arbeid wat dié manne verrig.
Dit is byna skemer as die Mercedes deur die hek gaan, gelaai met 130 kubieke meter hout.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)