Dit is mos verkeerd, die mooi vrou, met haar donker vel en olyfgroen oë, moenie Afrikaans praat nie, sý lyk dan soos die gesofistikeerde Franse dame. Pascal, wat gelukkig goed kan Engels praat, lyk dan soos ´n Afrikaanse sakeman. Ons is uitgenooi om daardie Dinsdagaand by Pascal en Christa Comte-gaz, skaars Franse van, te gaan eet, Blagnac, voorstad van Toulouse. Kinders, hoekom het julle my nie beter voorberei en ingelig nie, dan het ek ´n paar dae voor die tyd begin met ´n vas?
Gasheer en gasvrou uit die boonste rakke. Interessante mense, goeie geselskap, wyd berese. Ken Suid-Afrika, dit is dan daar waar Pascal Christa raakgeloop het. Pascal, werknemer van Afiliated Computer Sevices. Spesialiseer in rekenaars vir vervoer sisteme. Kenner van drank en kosse, Franse kosse en Christa net so bedrewe. Stadsmeisie van Johannesburg, aangepas in Toulouse en ander wêreldstede, waar haar man se werk hom neem.
Voorgereg ´n ete op sy eie, vyfgang maaltyd, ryk en lekker! Kaas, te kus en te keur. Ortolan, ´n mengsel van brebis (skaap) en beesmelk, Luperac, van bokmelk en verskeie kase van beesmelk, ryk en romerig en die lekkerste van lekker nagereg, Tiramisú. Jammer, maar geen nagereg kom daarby nie. Die kersie op die koek, daardie bolglas met die cognac. Of nog ´n glasie pastis, tradisionele Franse likeur, smaak van anys gemeng met drop. Dankie vir julle moeite en al die smaakgenot!
Elke land en bevolkingsgroep beleef van tyd tot tyd ´n krisis, die Franse is sekerlik in ´n permanente crise. Die crise de foie, krisis van die rebbellerende lewers. Die daaglikse stryd teen mishandeling, nimmereindigend. Of moet sommige van ons net meer oefen, sodat ons lewers nie so gou die handdoek ingooi nie!
Een van die dae is Pascal en Christa, weer oppad na Australië, vir ´n werksopdrag daar. Dankie vir die uitnodiging!
Hasta la proxima
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)