Piet van der Linde, Vryburg

Bosluise, in hordes fyn onder die hare. Vryburg het die jaar al sy ryp en sy koues erg gehad. In dierdie ongewing was -6 grade al geregistreer.  Alhoewel dit goed gereen het, is die grondvog te droog en inaggenome die bloubosluis se lewenssiklus wat slegs sowat 21 dae is..., wat gaan hier aan?

Piet van der Linde is n bekende veeboer in die Vryburg distrik. Piet het sowat 8 jaar gelede "Holisties" begin boer en parasietbeheer op sy plase, naas ent, heel opgeskort.

'n Blik op die omgewing se winter en koue en droogheid...

Piet van der Linde en sy span

Van die produksiediere.

Vryburg distrik is hoofsaaklik rooiwater en galsiekte vry.  Piet het gewonder hoekom kry hy met holistiese bestuur nie die massatoename wat hy van geharde produksiediere verwag nie.

Navorsing het bewys dat sou 50 bloubosluise hul lewenssiklus per dag op 'n dier voltooi, dat die patogene in die bloubosluis se voedingsaksie diere se eetlus onderdruk en die groeipotensiaal van die ligaam kondisioneer om nie op gras in vleis om te sit nie.

Om diere dus maksimaal te laat presteer, moet die bosluislas onderdruk word om die inhiberende patogene in die speeksel te verhoed om die dier se liggaam te kondisioneer om die voedsel opgeneem in onvoldoende groei te laat realiseer.

Om te meet is om te weet.

Verskeie Dieregesondheidsmaatskappye se produkte sal strategies hier aangewend word, soos wat die Natuur en die parasiete bepaal. Hier was nie gedip nie en ons wil nie graag dip nie, maar beeste is produksiediere en die geld geinvesteer op hul produksie vermoë moet die rendement in massatoename en massaprestasie verdiskonteer word.

Om diere aan te hou omdat hul "bosluisweerstandig" is en nie nodig om parasietbeheer toe te pas nie, is n debateerbare onderwerp. Bees en ander vee is "produksiediere" wat moet geld in en genereer in die kortste moontlike tyd.

As bosluise (en ander parasiete) massatoename inhibeer, en produksiediere tussen 15-30kg speengewig daarteenoor verloor, (wetenskaplik bewys) maak die "nie-beheer" van bosluise glad nie sin nie.

15kg x R15 per kg per dier op die hoef teenoor geld op kundige parasietbeheer te spandeer is n klomp geld wat verlore raak weens onkundige advies.

Maar oor Piet en sy uitdaging aan my om dit bewys, (wat natuurlik aanvaar word) later. Die week word die eerste toedienings al gedoen.  Die week eers weer duskant Kalahari toe, Bray se wêreld en Sondag terug.

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.