17 Maart 2012

2648 keer gelees | 28 kommentaar


Ek het nou die laaste ruk al die artikels gelees oor mense wat n plaas wil koop maar nie finansiering by die banke kan kry nie omdat die banke 50% deposito soek. Toe se een van die lesers dat hy altyd sy plase koop met n verband by die oorspronklike eienaar. Nou dit klink maklik en ek sal dit ook graag wou doen. Ek boer reeds op n plaas wat ek huur met beeste, maar wil graag n plaas koop, maar ek het nie nou die geld om 50% deposito te gee nie, as jy n plaas van se so R4 miljoen rand wil koop, om dit ekonomies vatbaar te maak, dan moet jy R2 miljoen rand deposito gee, waar kry jy dan nog geld om jou boerdery aan die gang te sit?

Ek werk ook oorsee en kry baie goeie geld waarmee ek my boerdery finansier, so n paaiement sal glad nie n probleem wees nie, ek betaal huidiglik my huurplaas elke ses maande vooruit, so geld vir paaiemente is glad nie n probleem nie, steeds moet ek 50% deposito betaal as ek geld by die bank wou leen.

Nou hier kom my vraag, is daar n boer daar buite wat wil aftree en sy plaas wil verkoop deur my die verband self te gee? Ek sal n deposito betaal, maar nie 50% nie, ek is ook bereid om n goeie maandelikse paaiement te betaal,dis onderhandelbaar wat die presiese bedrag sal wees. Ek sal ook jaarliks ekstra lumpsum paaiemente maak soos die boerdery geld inbring.

As daar iemand is wat belangstel kontak my gerus by agrobler@transwest.mn of grobler_0123@yahoo.com.

 

Dankie

Adriaan Grobler

Nou wag ons maar en sien of daar net dalk een persoon is wat my sal kontak.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/30 09:53:31 AM

Onbekende besoeker stuur gerus jou email adress na +244937152398 ek stel belang om tehoor wat het jy beskikbaar ek weer SA toe in Julie


Onbekende besoeker

2012/05/28 05:12:57 PM

Indien daar enige iemand is wat n plaas of plot wil koop direk by die eienaars het n paar wat so sal verkoop kontak my gerus. Die eienaars is bereid om direk finansiering te gee agv die banke se moeilike kriteria.


Willie Buchling

2012/05/05 05:55:21 PM

Adriaan! Hoe klink dit!!Ek werk ook in die buiteland en verdien meer as R 70 000 gemiddeld permaand en ervaar maar die selfde van die bank sekant,ons is dalk opkomende boere maar ons velkleur se ons is bevoordeel.Ek het tans ook eksotiese wild waarmee ek boer en is tans op n goeie vriend van my se plaas en ek moet dit teen 2014 verwyder volgens ons ooreenkoms.Hy is my baie goedgesind en op hierdie stadium deel ons die opbrengs van die kudde wat alles regverdig gebeur en ons vertrou mekaar een honderd persent.Ek is ook tans besig om grond in die waterberg streek tesoek en weet presies hoe jy voel.Sterkte as jy n Samaritaan ontmoet se hom asb.van my


lourens Snyders

2012/04/16 10:14:08 PM

Wildsplaas/eksotiese wild teelprogram, reeds gevestig 5jaar, kontak my vir onderhandelings.


Adriaan Grobler

2012/04/14 12:53:57 AM

Onbekende besoeker van 10 April 2012 09:36, jou e-pos andres merinock@yahoo.com werk nie en my pos aan jou word terug gestuur.Stuur asb vir my n e-pos sodat ek jou kan antwoord. Dankie Adriaan


Adriaan Grobler

2012/04/10 10:41:52 AM

Hallo Belinda Kan jy my jou e-pos address stuur aan my e-pos address hierbo in my blog asb,ek stel belang en is oop vir opsies, onthou net dat ek nie R2,5miljoen het vir n deposit nie,en oop nie n plaas van R6m Kan bekostig nie, ek is nog n opkomende boer.


Onbekende besoeker

2012/04/10 09:36:14 AM

Ek het n plaas in Mpumalanga hoëveld wat ek wil verkoop en is bereid om n klein verband toe te staan Kontak my vir meer besonderhede merinock@yahoo.com


Andre Malan

2012/03/31 06:34:33 PM

adriaan ek hoop jy kry n persoon wat jou kan help.ek soek n melkplaas om op soortgelyke manier te koop,die banke se sisteme werk nie vir jong boere wat wil boer nie. ek melk n klomp koeie en het genoeg trekkers en implimente.verkieslik in die vrystaat of noord wes, maar enige plek waar melkkopers is sal reg wees.kan my kontak by sterkwater@vodamail.co.za of 0823388118.


Onbekende besoeker

2012/03/27 09:44:19 AM

Adriaan, dankie vir jou artikel en ek hoop dat iemand jou al gekontak het. Ek selfs soek n stukkie grond vir bees boerdery of eksotiese wild maar kan ook nie die 50% deposito kostes bekostig nie. Ek soek selfs n boer wat bereid sal wees om sy plaas te wil verkoop deur my die verband self te gee? Ek sal ook n deposito betaal maar kan nie 50% bekostig nie, ek is ook bereid om n goeie maandelikse paaiement te betaal en waar moontlik sal ek ook jaarliks n ekstra lumpsum paaiemente instoot van die boerdery se profeit. As daar enige iemand wat belangstel kontak my asb by lkernes@hotmail.com. Ek selfs werk aoorsee met n goeie inkomste van R40 000. Enige hulp sal waardeer word. Groete


Onbekende besoeker

2012/03/26 09:18:11 AM

Hi Belinda, Hoe kry ons jou details? Jongboer-Vryburg


Onbekende besoeker

2012/03/24 10:03:44 AM

Adriaan Grobler, al wat ek vir jou wil se is, wees ASB TOG versigtig. Ek kyk n ou soos Willem Finansiering so en ek bewe!!! Hy val sommer met die bybel onder die arm in die huis, verkoop op die sideline "hoender trailers" en dop (@stahl-sa.com) en nou gaan hy jou help, so oppad terug van die presidensiele huis - hardloop my ou maat, HARDLOOP!!!


Onbekende besoeker

2012/03/24 08:32:57 AM

ADRIAAN EN DIE JONG ONBEKENDE BOER , HET JULLE AL PLASE GEKRY ? STEL JUL NOG BELANG ? ONS HET MOONTLIK DIE PLAAS WAARNA JUL SOEK , E-POS MY DAN KAN ONS GESELS . GROETNES BELINDA VD SCHYFF


Willem Finansiering

2012/03/22 02:49:23 PM

hello Boere ek het toevallig (toe val God se Lig daarop) julle gesprek gesien waarvan ek reeds vandag van die presidentiele huis af terug is op kantoor oor plase en ontwikkeling en hoe banke ons land teug hou, maar ja ek het klaar vir adrian geantwoord ek het metodes om buitelandse vondse teen baie lae tente te kan bekom, dis ook nie baie maklik nie aangesien ek nie n bank is nie maar ek het metodes en selfs besig met die regering om te help maar ek glo ek kan seker n paar boere ook help. beste groete jul kan my mail om meer inligting te kry daarna kan ons tellefonies verkeer mail is willie@stahl-sa.com


Adriaan Grobler

2012/03/22 07:47:46 AM

Hendrik van Emmenes, ek het vir jou n e-pos gestuur met vrae en kontak jou sodra ek in SA is, land die 27ste, so ek bel jou rondom die 28ste Maart, Dankie


Hendrik van Emmenes

2012/03/20 09:01:34 PM

Adriaan jou opsie lyk goed jy kan my kontak deur die e-pos


Adriaan Grobler

2012/03/20 01:37:59 PM

Deon, ek het jou e-pos gekry en sal jou daar antwoord, dit kan moontlik werk. Adriaan


Adriaan Grobler

2012/03/20 01:37:07 PM

Aan onbekende besoeker 20 Maart 2012 10:09, ek soek n plaas iewers in Mpumalanga,noordwes, Limpopo, vrystaat. iewers waar ek met beeste kan boer, so n beesplaas waar darem ook n bietjie besproeing gedoen kan word vir voer gewasse ens.Daar moet water wees.n Huis, ens, ek het verskuifbare krale,drukgange en laaibanke wat ek kan gebruik.


Onbekende besoeker

2012/03/20 10:09:31 AM

Hi Adriaan, Die probleem is dat baie van ons met dieselfde probleem sit, amper onmoontlik om finansiering by banke, selfs Landbank, te kry. Dan vat ons maar die bietjie geld wat ons het en koop kleiner plase, kleiner plase beteken jy moet soveel meer intensief boer om n bestaan te maak so ons hou maar aan met werk en boer deeltyds. Deeltyds het jy nie genoeg tyd om volhoubaar te boer nie....so dit bly maar moeilik. Ek sit self waar jy is, het genoeg sekuriteit maar nie genoeg kontant vir so n groot deposito nie, as jy n oplossing kry, laat maar weet. Groete en lekker boer Jongboer-Vryburg


Onbekende besoeker

2012/03/20 10:09:16 AM

Watter tipe plaas / boerdery wil jy koop? Watter area het jy in gedagte?


Deon Saayman

2012/03/20 09:29:37 AM

Hallo Adriaan, Jy klink nie baie optimisties in jou berig maar aan die anderkant gooi ek nooit 'n opsie in die asblik. Die eerste verband is nie 'n probleem, wat eerder snaaks mag klink is die deposito's. Eers sal ek 'n deposito vra voor ek enigiets doen anders spandeer mens klomp geld terwyl die ander party nie regtig belangstel. Tweedens is daar kostes soos landmeters wat jy sal moet betaal. Ons praat egter van so 1% vir albei. Kom ons kyk eers na die negatiewe; Die mense wil nie eerste verbande gee want dikwels trek albei partye weg met 'n spoed maar nadat hulle al die slegte in ag geneem het weier hulle om voort te gaan. Daar is nie vandag baie geld in boerdery nie. Ver van jou goed na aan jou skade. As daar iets verkeerd loop moet die boer deur groot hofsake gaan om die grond terug te vat. Dikwels nie lus daarvoor en verkoop eerder kontant. Tweedens is die plaas dan vernietig en moet herbou word met baie geld of kostes. Baie boere is oud en sien nie meer kans daarvoor. Waar en wat het ek vir jou? Ek het 2 plase waarvan ek 'n gedeelte wil verkoop van die een plaas. Daar is 2 aktes op daardie plaas maar dit moet herverdeel word sodat mens 'n lekker gedeelte kan afsny. Ons kyk nie meer na die landbou waarde maar na die herverkoop waarde sou jy die grond weer eendag wil verkoop. Dan kyk ons ook nie meer wat jy kan verdien uit die grond maar wat jou belegging werd is. Voorbeeld, ek koop my grond vir 420 000 en na 15 jaar is die herverkoop waarde mintens 5 miljoen. Dis mos geld. Die grond wat ek voorstel is 132 hektaar gelee in die koepel tussen Parys en Potchefstroom. Bergagtig, idiaal vir wild en natuurplaas. Jy kan bo-op ry en 'n pragtige uitsig oor die koepel geniet. Voeg waarde toe met wildheining en wild en verkoop dit eendag as 'n natuur en wildplaas wat gesog is onder die ryk mense om so plekkie van jou eie te besit. Nie te groot want dan raak dit te duur eerder klein met uitstekende uitsig. Mens sien nie die grootte maar wel die omgewing. Jou eie lekker vakansie huis is ook baie lekker en om te ontspan in die natuur is altyd 'n droom vakansie. Ek stop eers hier en luister na jou kommentaar Dankie Deon


Adriaan Grobler

2012/03/19 07:31:13 AM

Ek het darem gedink die blog sal bietjie kommentaar uitlok, maar tot dusver niks. Lewer maar gerus opinies.


MARTIN

2012/08/25 08:41:44 AM

Ek sit met dieselfde begeerte werk ook in die drc verdien ook 110000 sal ook belang stel om grond te koop op die manier in noord wes DERBY /KOSTER as daar so geleent heid sal ek dit aangryp


Bertus van Rooyen

2012/08/27 08:57:25 PM

Ek het pas vir die eerste keer gesien dat daar wel nog boere is wat hul plase verkoop en self die verband aanbied. Ek Het heelwat eiendom in JHB gekoop deur die bank- my rekord is perfek maar steeds geen kans om 'n verband vir plaas te bekom nie. Ek sal so geleentheid met albei hande gryp. So boer kan my epos of kontak op 0716833223


MARTIN

2012/08/30 03:29:32 PM

Hier is my e mail as daar n geleentheid is om n verband of gedeelte by die eienaar te be kom ek kalifiseer vir die 60%tot en met 3.5mil dankie my e mail Martin.DuPlessis@enrc.co.za


Hannie

2012/10/02 03:46:53 PM

Is daar dalk êrens in die Karoo n plaas beskikbaar wat die Eienaar bereid is om die verband te finansier?Besigheidsplan in plek en kan verskaf word.Volgens my is daar werklik voordele in vir die eienaar ook!!


Nico Pieterse

2013/01/20 02:36:29 PM

Ek is so dankbaar om te sien dat daar wel nog boere is wat wil boer en wat mekaar wil help, ons het regrig as boere groot krissis om lenings vir plase te kry, ek het 'n arabier perd stoet van so 30 perde met 2000 protea bome op 'n skrale 2.5ha naby Krugersdorp in die Wesrand. My onmiddelike behoefte is om voer te produseer om my diere te kan kos gee en ook om genoeg ekstra weiding te hê vir my aanteel, my jong diere moet veld toe om sterk te kan word en alle omstandighede te kan baas raak. So as enige iemand 'n plaas het wat hulle wil verhuur of verhuur met opsie om te koop sal ek dit regtig aangryp en van die geleentheid gebruik maak om hierdie plaas met die ontsaglike liefde waarmee ek my stoet beplan en versorg ook te kan versorg en boer. My nommer is 0836770051 corlia@mkhuluwezi.co.za


alma

2013/04/05 01:57:55 PM

Opsoek na besproeings grond om met wingerd te boer , verlieslik in die noord kaap!!!


larry gray

2013/05/04 10:35:16 PM

Soek n plot te huur met opsie om te koop in parys of vanderbijlpark area het eie eiendom wat eers moet verkoop voor ek kan koop is bereid om R100, 000 te gee as deposito teel met toypoms plot moet goed omhein wees met perdestalle op of groot store met bediende huisie 3 slaapkamer 2 badkamers 2 garages kontak larrry gray 0834096876

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights