|
mkruger
|
Jakkals
|
scorpiondip
|
Danie C
|
|
scorpiondip
|
Danie C
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Met oom Thys Boshoff wat op 19 Junie 2006 by sy huis buite Carolina vermoor is, lyk die prentjie in die land bietjie rof. Van 13 tot 19 Junie is drie mense op plase vermoor. As ons die som maak dat 17 % van alle aanvalle in 'n moord eindig, beteken dit dat daar in Suid Afrika vir dieselfde tydperk, tussen 17 en 18 plaasaanvalle moes gewees het.
Daar is verseker twee tipe plaasaanvalle. Die een waarvan ons altyd hoor, wat die misdaadmotief het, en dan die 2 tot 7 % van alle aanvalle wat 'n politieke motief het. Hierdie tipe aanvalle maak dit natuurlik vir die veiligheidsmagte moeilik, om politiek aan plaasaanvalle te koppel.
Vrae wat ons moet begin vra, en 'n stelling wat ons sal moet toets, is om die impak van politieke aanvalle op die gemeenskap te bepaal. Plaasaanvalle bly terrorisme, maar so staan die definisie van terrorisme steeds onveranderd oor al die jare. Terrorisme word omskryf as geweldmisdade moorde en rowe wat nie aan 'n politieke struktuur gekoppel kan word nie. Of kan dit?
Wat ek van politiek-gemotiveerde aanvalle geleer het, is dat daar al jare voor so 'n aanval, reeds verkenning op plase gedoen word en dat die inligting in sekere omstandighede herroep kan word vir 'n aanval. So is daar weer in April en Mei op groot skaal verkennings gedoen waar die verkenners, gesofistikeerde kameras gebruik het om plaasopstalle af te neem. Soortgelyke verkennings is gedurende 1990 en 1991 op kommando bevelvoerders se huise gedoen.
Wat interessant is van die aanval by Carolina is dat dit skynbaar die derde aanval binne 10 Km van die skool is, waar die berugte vraelyste oor die boere se opstal, vriende, buurmanskap en roetines ingevul is. Ook hierdie vraelys verkennings is nie vir my snaaks nie. Ons het al vroeg in die 1990s soortgelyke verkenningsvraelyste in drie van die land se provinsies opgespoor. 'n Lys van 36 vrae wat tot die motief vir die aanval vooruit kon bepaal sodat die polisie dit nie aan politiek kan koppel nie.
In my boek Oorwin Plaasaanvalle het ek onder andere ook die lys van 36 vrae wat ons in die drie provinsies gekry het, gepubliseer. Ek kon verlede week die vraelys wat by die skool uitgegee is bestudeer en daar was skokkende ooreenkomste. Die skool lys was baie korter en die eerste gedeelte handel oor 'n klimaat en potensiële motief vir 'n aanval. Die tweede deel was vrae wat direk van die verkennings vraelys kom.
Ons kan onomwonde bewys dat die oorgrote meerderheid van plaasaanvalle uit en uit 'n misdaadmotief het. Nou het dit tyd geraak om die impak van die politieke aanvalle in die gemeenskap te meet.
Een van die redes wat die veiligheidsmagte vandag aanvoer, dat politiek nie eintlik politiek is nie, is omdat die betrokke misdadigers nie noodwendig aan die selfde politieke party behoort nie. Hierdie stelling moet teen die agtergrond van die volgende sms wat ek op 7 Junie 2006 ontvang het, geweeg word. "Die DA-leier het in die parlement aangekondig dat die meeste kabinet ministers, tans op die sentrale komitee van die SAKP dien. Hoe weet hy dit?
Hy het dit glo op die SAKP se webblad gesien."
Ek het julle hulp nou nodig. Ek wil van elke moord in jou omgewing weet en ek wil ook die impak, wat die moord op die gemeenskap het, weet.
Stuur die inligting deur op die webblad www.akska.co.za. Indien ek ooit iets sal oorkom, is daar meer as 100 mense wat jou brokkie informasie, wat jy na die webblad stuur, sal verwerk en met die navorsing onder die naam "Lukas Swart" op die webblad sal voortgaan.
21 Junie 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)