
Ondersteun nog niemand nie
Hierdie persoon het geen volgelinge nie.
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Die SAPD is nie instaat om die burgers van SA te beskerm nie. In die stede doen privaat sekuriteitsmaatskappye hulle werk. Op die plase en in landelike gebiede is die saak meer sensitief en moet daar 'n vertrouensposisie tussen die SAPD en boere bestaan. Die probleem is egter dat die SAPD nie vertrou kan word nie en politiek, korrupsie, misdaad, rasisme, moedswilligheid en swak opleiding en bestuur vir die vertrouensbreuk verantwoordelik is.
Boere en inwoners van die platteland sal nou hul eie komunikasie stelsels, aksie-planne en prosesse in werking moet stel. Die regering se beloftes van ontwikkelling in die platteland sal lank neem en hul kan nie vertrou word om hierdie diens doeltreffend te lewer nie. Hulle het die afgelope 15 jaar min doeltreffend gedoen. Privaat sekuriteitsmaatskappye sal op 'n groter skaal ingespan moet word. Spesiale opleiding en toerusting is nodig. Beter intelligensie is nodig. Rekenaartegnologie en sateliete sal ook meer ingespan moet word.
Die vernederende optrede en aanmerkings van die regering en COSATU moet deur AgriSA en Ministerie aangespreek word. Boere word onnodig in 'n negatiewe lig gestel wat spanning op die platteland verhoog.
Meer klem moet op voedselsekutiteit gele word. Dir onmisbaarheid van die boere moet gereeld gepropageer word. Dankbaarheid en waardering moet beklemtoon word. Dit sal gesindhede en sekuriteit verbeter.
Ek aanvaar dat AgriSA 'n sekuriteitsafdeling het, maar dit blyk dat hulle nie doeltreffend funksioneer nie. Ek is meer as bereid om te help met die ontwikkeling van 'n doeltreffende sekuriteitstelsel. Ek het 40 jaar ondervinding.
Willem Bouwer
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Noudat die WB sokker naderkom sal al hoe meer SAPD lede spesiale diens by Stadiums moet doen en sal landelike gebiede hul eie sekuriteit moet behartig.
Steun asseblief Solidariteit se e-pos skema teen misdaad na JZ se e-pos.Geagtepresident.co.za
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)