Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Produksieverliese-weens-bloubosluise

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:12 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:18 C
          • Laag:6 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 16:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:60%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Produksieverliese weens bloubosluise

          Ingestuur deur scorpiondip op 21 Desember, 2009 - 17:31

          Sou enige vee of wildprodusent enige iets doen in bosluisbeheer sonder gegronde wetenskaplike strategieë, aannames en bewyse van wat hy doen, dinge implementeer sonder gesonde beproefde interpretasies, verdien die produsent sy bosluisprobleme en moet dit hom maar geld kos.

          Iewers moet die mites en stories wat die rondte doen, in balans gebring word en die feite en gewoon maar onder behoorlike protokolle getoets word in die praktyk.

          Dit is n mite om te beweer dat iemand wat nou met n sekere beesras boer,  nou glad nie hoef te dip nie. Die waarheid is eenvoudig die volgende;

          1.    Indien n produsent dip, kos dit hom geld

          2.    As ‘n produsent nie dip nie, kos dit hom meer geld

          Die effek van Bloubosluise

          Dit blyk dat die persepsie bestaan dat sou n dier nie siek word weens bosluise nie, daar nie n verlies vir die produsent plaasgevind het nie.

          Studies in Australië het bewys dat sou ‘n enkele bloubosluiswyfie per dag haar lewensiklus op ‘n bees voltooi, die produsent ‘n massaverlies van gemiddeld 450 gram per dier oor ‘n jaartydperk minder gaan kry (Turner and Short, 1972).

          Duisende bloubosluise voltooi hulle lewenssiklus tussen 21-24 dae met heelwat gewigsverliese in kilogramme.

          Van die Europese rasse het 46% van die diere ‘n positiewe gewigstoename getoon met ‘n goed beplande dipprogram, wyl minder as 10% van die Bos indicus of inheemse rasse onder dieselfde dipprosedure ‘n positiewe massatoename getoon het.

          Bloubosluise dra nie net galsiek en rooiwater oor nie, dit dra meer gewigsverliese oor.

          Bloubosluise onderdruk ook die dier se hongerte en dus sy behoefte om weiding in te neem.  Hierdie toestand is ‘n ernstige probleem by lakterende diere en hul kalwers se groeivermoë, asook hul eie natuurlike ontwikkeling van hul immuniteitsisteem

          Lustelose aptyt veroorsaak mineraaltekorte in die dier wat die die natuurlike vermoë van die dier om die bosluistoksienes te weerstaan, wesenlik verswak. (Seebeck, Springell and O'Kelly, 1971).  Enige dier, al is dit n natuurlike gasheer van die bosluis wat onder n verswakte voedingstoestand en hongerte verkeer, word deur bosluise verder verswak, en die verswakking ly tot verdere bosluisinfestering en bloedverlies ly. 

          By veral Europese beesrasse waar ‘n beeste se aptyt onder druk geplaas word weens die toksiese invloed van die bloubosluis se byt, was 65% van die gewigsverlies in die studie toe te skrywe aan die bosluisbyt se toksiene in die saliva wat die aptyt onderdruk het. (Seebeck et al., 1971). 

          Die oorblywende 35% van die gewigsverlies was toe te skryf aan die inmenging van die bosluise se toksiene wat in die bloed van die bees vrygestel was.

          Nagevolge van diere wat swaar besmet was

          Die studie van (Seebeck et al., 1971) het ook bewys dat diere wat onder hewige bosluisbesmetting was, nie gegroei het soos wat hul moet groei nadat hulle van die bosluise skoongemaak is nie.

          Seebeck se studie het n kontrolegroep beeste gehad wat nie deur bosluise belas was nie.  Die beeste se voedselinname was beperk tot die voedselinname van die beeste wat wel swaar besmet was met bloubosluise sodoende die groei wat plaasvind, te vergelyk.

          Die groep diere wat nie met bosluise belas was nie, se gewigstoename met die beperkte weiding wat tot hul beskikking, het ‘n gemiddelde groei van (0,78kg) per dag getoon. 

          Die groep beeste wat wel besmet was en skoon gedip is, het ad libitum weiding gekry en hul gewigstoename was gemiddeld (0, 45kg/per dag).

          Die studie stel dus die vraag of bloubosluisbyte nie moontlik ‘n permanente “bewussyn” nalaat wat die dier se groei inhibeer en die nodige gewigstoename wat moet plaasvind,

          Bloed veranderinge weens bloubosluisbyte

          Literatuur het vele kere bewys dat bloubosluise bloedarmoede meebring. Seifert et al. (1968) het deur radioaktiewe metodes bewys dat die gemiddelde bloedopname van ‘n bloubosluiswyfie (0.3 ml), ongeveer dubbel die bosluis se massa is wat in bloed opgeneem word

          Dit het ook bewys dat diere wat swaar besmet was met bloubosluise ‘n onvermoë het om hemoglobien en albumien te vervang, wyl die dier se serum in die bloedproteïen verhoog was weens n moontlike immuunrespons. (Springell et al., 1971).

          Karkaskwaliteite van besmette diere

          Die studie het n belangrike aspek bewys in die karkasgehalte van die dier. Bosluisbesmette diere se snitte en vleiskomposisie was minder vleis en meer vet .  Die vleis/vet ratio was 3.23 by bosluisbesmette diere teenoor 4.52 by bosluisvrye diere

          Bosluisbeheer

          Sonder om verdere aanhaling en literatuurwerke aan te haal, slegs enkele produsente hoef nie bosluisbeheer toe te pas nie.  Beweringe van bepaalde diererasse wat nie bosluisbeheer nodig het nie, kan nie in vleis en groei en weidingsomset presteer soos van die Europese rasse nie. 

          Dis in elk geval nie my geveg nie. Ek wil nie sukkel met mense wat nie verstaan nie, ek het net tyd vir mense wat die wetenskap en kennis respekteer, bereid is om daarvoor te betaal en die res laat mens aan die genade van bedryf oor.    

          Om bosluise te beheer kos geld. Om bosluise nie te beheer nie, kos indirek baie meer geld omdat bogenoemde studie bewys dat die dier se bloedproteïen, serum en wat als daarmee gepaard gaan, nie presterende diere produseer wat onder die "skoon mite" of "bosluisweerstandig" is, wat indirekte winsverliese meebring

          Gaan dit dus oor die bosluis of gaan dit oor produksie? Gaan dit oor die koste -effek van die saliva van die bosluis wat die dier se potesiaal inhibeer of gaan dit net oor die siekte wat die bosluis oordra?

          Aan die eenkant is ek vernietigend vies vir die boodskap wat aan boere oorgedra word. Maak nie saak wat wie sê nie, Dieregesondheidsmaatskappye is Privaatmaatskappye met aandeelhouers, wat op omset en winsbejag uit is. Dit is nie verkeerd nie en die winsregte is noodsaaklik vir toekomstige navorsing.  Hulle moet omset van produk jaag, of hul dit wil sê of nie en juis hier is die probleem.

          Hoe meer blootstelling veral die bloubosluis aan beheeraktiewe kry, hoe meer weerstandig selekteer hulle hulself.  Hoe meer weerstandigheid jy met onkundige dippraktyke behaal, hoe meer gaan jy dip en hoe groter gaan die bosluisrisiko, veeartsenykostes en verliese word.

          Los nou maar die verhoogde arbeid en tydskostes uit.

          Aan die anderkant is ek n wetenskaplike en dis my geloof, my gewete en my karakter. Buite dit het ek ‘n erge identiteitskrisis.

          Ek het min saak oor wat enige persoon dink ek kan doen of nie.  Ek kan net reguit vir 'n produsent sy eie moeilike boodskap meedeel.  Mens kan nie 'n ander se slim streke troetel rakende bosluise nie.  Dit kan mense wat planne het met die produsent se geld maar vir hom doen.  

          Kris Kristofferson sing in een van sy liedtjies "The Pilgrim, Chapter 33" He is a prophet..., he is a picker, never knowing if believing is a blessing of curse.." 

          Vrede vir julle. Die punt is...;

          Hoe meer jy dip, hoe meer weerstandigheid word by die bosluise teen die aktief ontwikkel.  Jy moet minder dip maar meer strategiese met die regte dipstowwe.  Dis die boodskap. Net dit!

          Dit is my werk om n produsent te help om die minimum te dip, sy bosluisweerstandigheid te breek, bosluise aktief op sy plaas te verminder en wetenskaplike kennis aan hom oor te dra wat hom bemagtig in sy besluitneming.  

          En dit is g'n grap nie. As jy nie in die Kalahari boer nie, enkel ander plekke soos Vrede in die Vrystaat, dip n produsent omdat dit geld werd is.

          Pierre van Niekerk

          0126674755

          0822208386

          pierrevn@telkomsa.net

          Geen gradering nie
          • scorpiondip se blog
          • 1790 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Waarom is boere so stil?
          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Boer aangerand oor begrafnis
          • Staat koop grond onder markwaarde

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Boom Lusern en siektes
          • 'Regering sal moet pa staan'
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction