Ek woon en werk al vir twintig jaar in die stad en swartbemagtiging is vir ons alledaags. Of ons nou n jy, jou of meneer genoem word maak lankal nie meer saak nie en ons maak almal saam geld hier. Het besluit om weer deeltyds by boerdery betrokke te raak en het plaas toe gery om relings te tref. My nuwe voorman het my sommer "baas" gegroet en ek het hoendervleis gekry want hier in Gauteng het n hond ook deesdae nie meer werklik n baas nie. Het aan hom verduidelik dat my naam Izak is en hy het gese - aaitog baas dit sal darrem vir my moeilik wees want ek het dan so groot geword. My huurder het met die intrap slag die voorman dadelik slegter as n Gautengse hond behandel en hom beskuldig dat hy sy skape gaan steel en ek het die storie maar net skaam - skaam beskou.
Nou laat dit my wonder of die voorrman en sy vriende nou eerste vir ou Izak, of vir die kwaai baas sal beroof en vermoor. Gooi tog maar n paar klippe en miskien kry ons n oplossing.
Kommentaar
Net jammer dat sommige mense nog agter die klip lewe.
dis nogal jammer, maar mens sien die tipe ding baie. Veral op die platteland. Maar dan seker maar ook beide kante toe. Ek kry die gevoel dat die rassistiese bril wat mense dra al erger raak ipv beter.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)