Reëls en regulasies, beheer en ratifikasies

 

 

Pasta fabriek

Meer en meer, die reëls en regulasies, hoe die kos geproduseer en verwerk moet word, wat ons, die boer en verwerker, aan die verbruiker moet voorsien. Oorvleueling en duplikasie. Dit mag julle en dít, nie.

GLOBALG.A.P. Vroeër EUREPG.A.P. (Good Agricultural Practices) wat poog om die verbruiker se vereistes aan die boer oor te dra en te sien dat dit nagekom word. Die sertifisering word namens dié organisasie in meer as 100 lande deur goedgekeurde liggame gedoen.

Global Standard se doel is om gemeenskaplike riglyne neer te lê vir eiendomsreg, integriteit en deursigtigheid vir internasionale besigheid en finansies, ook betrokke in die voedselketting.

IFS (International Food Standard) hou hulle besig met die behandeling en prosessering van voedselprodukte, die hantering in massa en wat gebeur tot en met die eerste verpakking.

SQF (Safe Quality Food) is ´n afdeling van die Food Marketing Institute. Hulle poog om voorsieners te oortuig dat hulle kliente voedsel kry wat geproduseer, verwerk, voorberei en hanteer is onder die beste moontlike omstandighede, op alle vlakke van die voorsieningsnetwerk.

GMP (Good Manufacturing Practices) bemoei hulle met die vervaardiging van onder andere ook voedselprodukte.

Nog beheer bestaan in elke moontlike kommoditeit om gehalte en kwaliteit te beheer in oa vleis en suiwel. Die groot waarheid wat hier uitkom, is dat daar steeds ´n oorvloed aan voedsel is. Dat mense wat tred verloor het met die realiteite van die lewe, hulle sienings op die hele samelewing afdwing. Dat hierdie reëls selektief toegepas word om sekere goedkoper produkte uit sekere lande te weer, is ook duidelik. Geen kompetisie word geduld nie en op die end moet die verbruiker onnodig duur betaal.

Wat gaan in miljoene huise aan, waar daar elke dag ´n stryd om oorlewing is, waar higiëniese standaarde, substaandaard is?

Teen dié tyd is dit bekend,  dat sodra dit lyk asof daar ´n voedsel tekort is, dan word al hierdie standaarde drasties verlaag en van baie vergeet.

Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Janbez

Charles,
Jou kommentaar oor landbou.com se reels en regulasies: Dit is geskep om ons te beskerm teen bv. laster en sodat nader webwerwe nie ons inhoud willens en wetens kan gebruik nie. Lees jy al die padreels en jou motorversekering se klousules,en verstaan jy dit, voordat jy die pad vat?
jan bez, landbou.com

charles norval

Danie-ek geniet altyd jou blogs-ek het my eie opinie oor skrywers. daar is skrywers wat gaan studeer het in joenalistiek en met die graad onder die arm het hulle by n paar plase gaan inloer en oor landbou begin skryf wat soms hulle inligting op wikipedia en google bekom-jy is anders-jy het as kind die boerdery met lief en leed deurgemaak en daarna stadigaan jou skrywery verbeter en opgebou. ek weet van jongs af het jy gedink aan skryf, maar nooit sover gekom, maar daardie stemmetjie binne jou het altyd vir jou gese om te skryf. my oupa wat in 1885 gebore was, was later doof, en die mense en bure wat hom op die plaas besoek het, het altyd vir hom geskryf wat hulle wou vra-so al daardie kladskrifte is vandag nog bewaar en sy nasate kan lees oor vroee jare-wat my wel bekommer is dat ek vandag die eerste keer op landbou se voorwaardes ingegaan het-6067 besoekers-n rekord-maar n mens het n prokureur nodig om dit te verstaan-en nou verstaan ek ook waarom die ouens maar lugtig is om kommentaar te lewer

charles norval

janee Danie,jy is reg-dis soos die ou wat n buite-latrine het, en aandring op gesteriliseerde toilet papier-reels, se sommiges is gemaak om te breek-soos die paraguay sokkerspan wat meerendeels uit argentyne bestaan-ek hoop nie ek trap op n seer toon!!!!!!!!!!!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.