Ingestuur deur Le-Andrie Bezuidenhout op 8 November, 2010 - 05:43
Bosveld Dorperklub bied aan:
Kleinvee Reproduksie Boeredag
Een van die grootste uitdagings in die hedendaagse boerdery sal wees om te verseker dat jy jou kudde voorentoe vat. Dit bygesê, met die laagste moontlike insetkostes maar die beste kwaliteit as resultaat. Vanuit hierdie oogpunt is Kunsmatige insiminasie een van die opsies om te oorweeg.
Ons as Bosveld Dorperklub bied dus vir u ‘n geleentheid aan om hierdie delikate prosedures te kom bywoon. Demonstrasies gaan gehou word, lesings gaan aangebied word, uitstallers gaan betrokke wees. Alles aangebied deur een van die beste Kundiges in hierdie gebied - Prof. J. Terblanche
Vir ‘n minimale koste van R60 inskrywingsfooi, kan u hierdie onvergeetlike dag kom bywoon. So ‘n geleentheid om soveel kennis en inligting op een dag te ontvang, gaan u nie sommer weer kry nie.
U kan ons vroegtydig skakel om solank vir u plek te bespreek. Kontak ook gerus vir enige navrae.
Bosveld Dorperklub Groete
Kontak persone:
Leonie Kellermann Le-Andrie & Johan Bezuidenhout
082 267 1920 082 797 3227 076 094 5814
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)