|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Ek het al genoem dat iemand ´n rukkie terug gevra het of ons darem hier kaas kry om op ons brood te eet. Net verlede week vra iemand anders, wat seker nie hier lees nie, anders sou hy geweet het van die broodmasjien, of ons hier brood kry om te eet. Seker ´n geldige vraag, as mens besef hoeveel onkunde daar oor die wêreld bestaan, oor die lewens én kulture in ander dele, effe verwyder van ons onmiddelike omgewing.
Rolf Wagner, een van die plaaslike Duitse bakkers, het hom 30 jaar gelede hier kom vestig, nadat die stres van ´n groot bakkery, banketbakkery en koffiewinkel by Emmerich am Rhein, vir hom te veel geword het en hy net weer wou doen wat hy geniet, om persoonlik betrokke te wees by die bakkery. Vriendelik en bemind deur die kolonie, met sy kwaliteit gebak, is hy ´n bekende figuur.
Drie keer per week, met die wit afleweringswaentjie, doen hy sy rondte. Huis tot huis aflewering. Twaalf verskillende soorte brood, Dreikornbrot, Zwiebelbrot en Roggenbroot, is van die gewildstes en natuurlik sy Baguette. Die wat weet, sê dit smaak selfs beter as die Franse s'n. Vir die soettand, is daar ´n verskeidenhei om van te kies. Kirschtaschen, Äpfeltaschen, Rumkugeln, Mandelschnitten, Mohnstrudel, Puddingbrezel en nog ´n paar meer. Watertand lekker en altyd vars.
Behalwe Rolf, het Bockbakkery van Asunción en Bielerbakkery ook nog ´n aandeel van die mark. Dít is behalwe die inheemse bakkerye wat hul produkte by elke supermark en huiswinkeltjie het. Ons ís gelukkig, hier is brood én soetgoed óók.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)