Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Roofdierforum

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • Februarie (1)

2011

    2010

      Blogger

       
      Izak Badenhorst
      Foto album
      Aangesluit: 2 Jul 2010
      Plaas naam : Mieliepan
      Dorp : Prieska
      Provinsie : Noord-Kaap
      Land : Suid Afrika

      Ek ondersteun

      Ondersteun nog niemand nie

      Volgelinge

      • marlene du plessis se foto
        marlene du plessis

      Vriend

      wj steenkamp se foto
      wj steenkamp

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:12 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:18 C
      • Laag:6 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 16:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:60%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      Roofdierforum

      Ingestuur deur Izak Badenhorst op 15 Desember, 2010 - 21:03

      Die Rooikat is elegant en slinks maar die Jakkals beweer dat hy die slimste van al sy mededingers is.  Daar word in kringe beweer dat hierdie plaag die kleinvee boerdery binnekort  op sy kniee gaan bring.  MAAR die slimstes onder die slimstes het nog nie gepraat nie.  Kom ons bespreek en deel n bietjie kennis om hierdie outjies vas te vat.

      Geen gradering nie
      • Izak Badenhorst se blog
      • 3516 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe
      • Stuur na vriend
      • PDF uitgawe

      Kommentaar

      Onbekende besoeker 
      26 Okt 2011 16:48

      Lees n bietjie die terugvoere op die roofdier alarm, wil koop maar soek terugvoer van ander ook. Werk die ding regtig?

      • antwoord
      Adriaan Horn 
      08 Sep 2011 15:42

      Ek glo die probleem sal nooit opgelos word nie, mens sal dit net moet probeer beheer met watter metode ookal vir jou prakties moontlik en moreel aanvaarbaar is.

      • antwoord
      Groot Karoo 
      26 Aug 2011 17:18

      Stem saammet Lukas en Karooboer. Al die planne wat vir klein stukkies grond werk, werk nie in die Karoo nie. Donkies, Anatoliese honde ens. werk nie hier nie - as dit gewerk het, en so eenvoudig was as wat Theuns dink dit is, sou almal dit gedoen het. Jakkalse voel niks meer vir 'n klok by my nie (ek sit dit maar steeds aan en hoop in die kampe waar ek nie krag het nie). Elektrifisering werk baie goed, soos Pieter se, maar die getalle van ongediertes moet eerder beheer word soos in die ou dae met Oranjejag. My tips op elektrifisering: Span die draad aan albei kante - die eintlike dier wat jy beheer is die Erdvark - die elektriese draad beskerm eintlik jou jakkalsproef wat die jakkals uithou. Jammer vir die skilpaaie en ander klein diere wat nou daaronder lei. Dis nie so duur nie - ek het 'n Stafic iX12 Energiser met battery, sonpaneel, reguleerder, kabels, boks ens. vir R13,000 gekoop en 25km gedoen wat 9kV krag op het. 2mm Staaldraad aan beide kante met plastiek sparre en ou telefoonpaal isoleerders om dit in plek te hou. Skoffel skoon en spuit met goeie gif. 'n Pad reg langs die draad vir inspeksie is 'n moet. Beste belegging ooit. Wat ook lekker werk is die toestel waarmee jy die draad se krag toets - met myne en die iX12 kan jy die draad met afstandbeheer ('n sein deur die draad) afskakel om foute reg te maak. Kan die Stafix toerusting aanbeveel. As jy eers aan die gang is is die instandhouding nie so erg as wat ek aanvanklik gedink het nie.

      • antwoord
      Izak Badenhorst
      25 Jul 2011 16:33

      Dag Gert - Ek stem saam met jou, ons kan nie toelaat dat die jakkalse net aanteel nie en dus moet elke boer drastiese stappe daarteen neem. Ek het sewe lammers in een week verloor en toe maar besluit om die res met klokke te beskerm. Nadat ek die klokke aangesit het, het ek darrem nog nie weer n lam verloor nie. Wag nog maar geduldig vir die alarm wat ek oorsee laat maak en sal hulle ook probeer sodra hul eendag kom. My werkers probeer maar vergeefs met die ysters en elke keer as ek op die plaas kom is dit maanlig.

      • antwoord
      Boertjie 
      25 Jul 2011 11:49

      As ons skaap en bokke saam met die Ngunis in een kamp loop is daar GEEN diefstal of gevangde lammers nie, die honde gaan verby ons kamp na die buurman waar hulle 33 skape verskeur het waarvan 4 van kant gemaak moes word.
      Dis nou meer as 2 jaar, en sover werk dit!

      Maar NIEMAND glo dit nie, lyk my dis TE 'n eenvoudige oplossing.

      • antwoord
      Gert J Coffee 
      16 Jul 2011 18:33

      Boere moet ophou om aasvoëls wat op ons teosak met allerhande goue bande en rasende/liggende bande te verryk.Hulle ry met nuwe voertuie en gaan hou vakansie met ons swaarverdiende geld
      .Maak die goed dood.Niemand en niks mag ons verhoed om ons vee te beskerm nie.
      Begin by jul jakkalsproewe reg te maak en instand te hou.Dis ons eerste linie van verdedeging.Maak dan die goed dood dmv. slagysters,honde,nagskiet.Hou altyd die jakkalsproef toe.
      Wil ons skaap of hordes ongediertes vir ons kinders nalaat.
      Onthou net wat gister 'n druppel was(jakkals getalle 20 jaar galede) is vandag 'n emmer vol(jakkals getalle vandag) en more 'n dam vol(getalle oor 10 jaar).

      • antwoord
      Karooboer 
      15 Jun 2011 21:13

      Theuns,
      as my plasie net 20 of 200 hektaar groot was het ek ook net my diere gekraal. Ongelukkig hier by ons boer jy met 800 skaap op 5000 hektaar. Dis onmoontlik in die ekstensiewe omstandighede. Die boere wat dit wel probeer het, het die probleem dat diere kondisie verloor omdat hulle nie genoeg weityd het nie. So nou moet jy maar 'n voerkraal begin en jou 5000 hektaar vir die jakkalse los. Al die groen metodes werk vir 'n rukkie, dan is ta hom gewoond. Maak jy nie die 10 op jou grond die jaar dood nie, sit jy volgende jaar met 5 broeipare plus 6 jong jakkalse per broeipaar. Meer jakkalse beteken meer pense wat moet gevul word. Sonder 'n natuurlike vyand sal die jakkalse vermeerder tot alle hasies, kleinwild en uiteindelik ons lammers opgevang is, Die Karoo Nasionale Park is 'n goeie voorbeeld. Hulle moes verlede jaar weer 1000 springbokke inkoop,aangesien die vorige duisend opgevreet was omdat hulle nie jakkalsgetalle beheer nie en geen natuurlike vyand in die park was vir die jakkals nie. Nou het het hulle 'n paar leeus gekry...as ons nie hulle getalle beheer nie sal hulle vermeerder. Onthou die boer moet die plek van die leeus en groter roofdiere inneem wat nie meer daar is nie. Sonder ingryping sal die balans net verder versteur word.

      • antwoord
      Mariette van Dyk 
      24 Mei 2011 13:47

      E-Shepherd Halsband is die oplossing tot jul jakkals- en rooikatprobleem.
      Jaarlikse verliese as gevolg van roofdiere onder kleinvee beloop meer as 1.3 miljard rand. Meer as 5300 kleinvee word per dag deur roofdiere gevang. E-Shepherd is ʼn elektroniese nekband wat roofdiere van skape verjaag. Kliniese toetse oor ʼn periode van meer as 8 maande wys dat die stelsel effektief is in die beskerming van skape teen roofdiere. Geen skape in die toetsgroep is tydens hierdie periode gebyt, beseer of gedood deur enige roofdier nie. Die doel van die stelsel is nie om die roofdier te vernietig nie maar om skape van sy spyskaart af te hou.
      Die stelsel is bekostigbaar en buigbaar genoeg om maklik in moderne boerderytegnieke te integreer.
      Plaaslike vervaardiging verseker maklike toegang tot tegniese advies en bystand. Die stelsel is deeglik in Suid Afrikaanse toestande getoets. Die nekbande werk onafhanklik van mekaar maar vorm saam ʼn wolk van beskerming aan die skaap trop.
      E-Shepherd plaas roofdier in die natuur waar hulle hoort. En dit verseker minder verliese deur roofdiere en groter winste.
      Gaan kyk na ons webblad www.eshepherd.biz of skakel my (Mariette van Dyk) vir meer inligting by 0835948438 of e-pos mwjotha@mtnloaded.co.za.

      • antwoord
      W Maree 
      25 Mar 2011 13:21

      Hi - Ek begin ook nou kyk na nuwe tegnieke om rooikatte en jakkelse te vang. Gebruik enige iemand dalk lusse om jakkelse/rooikatte te vang en mag mens? Ek sien hulle gebruik dit vollop in die VK en die VSA

      • antwoord
      M.L 
      03 Jan 2011 13:03

      O en so by the way Theuns as jy groen wil wees en praat oor leef saam met hulle en kry bestuursplanne en weet nie watse snert alles nie, kom dan met oplossing want ek is seker jy sal oornag miljoener wees ...indien jy nie kan nie Stel ek voor jy los maar ons regte boere om die goed uit te roei

      • antwoord
      M.L 
      03 Jan 2011 13:01

      Ja Ai. Ek het die laaste maand 11 lammers verloor, so van verloor die weet ek. Ek self is op die oorlogspad, en sal verseker ALLE metodes gebruik tot my beskikking wettig of nie, om die goed van my Skape af te hou. Wat ek wel kan se is ek stem dat dit ideaal sou kon wees om Eskom op die draad te gooi, maar mnr'e daai is nou groot geld waarvan jy praat vir lopende meter. Ek weet nie van julle ouens nie maar ek kan dit nie bekostig nie. Ek sal maar moet terugkeer na die dae van Gif en slagysters en vanghokke en manne wat kom help sit deur die nag om te skiet. Alles wat ek kan sal ek doen, want soos dit nou aangaan, gaan ek 0% groei toon die jaar in my boerdery, en ek sien nie die volhoudbaarheid daarin nie ....

      • antwoord
      Lukas
      25 Des 2010 17:58

      Pieter, jy gee eintlik die antwoord vir die probleem op die end, die goed moet vrek. Dan sal jy nodig hê om die koste van elektriese heining aan te gaan nie. Al die kleiner diere soos skilpaaie en erdvarke moet nou onder die elektriese heining deurloop.
      Wat is die koste per meter van die elektriese heining en hoe gereëld inspekteer jy die heining. Is daar `n goedkoop manier om te weet as daar fout op die heining is?

      • antwoord
      Theuns Wessels 
      24 Des 2010 14:05

      Een ding blyk dat omstandighede van plek tot plek verskil wat elkeen sy eie probleme het en daarom nie kan ons nie veralgemeen nie.

      Ek boer al 20 jaar en het nog net eenkeer skade van . rooikat gehad wat skape in die kraal gevang. Hy het ek gou uitgesorteer.

      Weens die veediefstal in ons omgewing moet die skape in die kraal slaap. Die beeste bly altyd in die veld en hier het ek nog geen roofdierprobleme ondervind.

      Ek glo dat as die skape in die veld geslaap het kon ek miskien roofdierskade gekry het, tans kry ek geen skade deur die dag.

      In my omgewing -plase- kom rooijakkalse en rooikatte voor en ons "bly" lekker saam. Ek dink die rede daarvoor is dat ek sekere riglynne volg nl:

      Ek is eerstens 'n grasboer en dan 'n veeboer. Die algemene veelading in my omgewing is 6 GVE per ha en ek is op 7 GVE per ha. Ek volg ook 'n seskamp wisselstelsel. Hierdie praktyk bring mee dat
      - droogtes 'n minimale invloed het.
      - dat die veld altyd bedek is.
      - dat ek die winters uitgaan met goeie veldbedekking.
      - maksimum benutting van die reen kry.
      - weens die goeie bedekking kom daar baie klein soogdiertjies, voels en insekte in die veld voor wat kos vir die jakkalse en rooikatte is.

      Die ooie lam November vir die volgende redes
      - natuurlike teels seisoene word geeksploteer.
      - ek dra die minimum aantal diere deur die winter maande.
      - die diere is slegs grootdiere in die winter.
      - die lam en die ooi benut die maksimum groei en kwaliteit van die natuurlike veld in die groeiseisoen.
      - al ekstra voer wat ek gee (fosfaat en proteien lekke uitgesluit) is 80 g/ooi/dag mielies, vier tot ses weke voor lam.

      'n Ander reel wat ek baie nougeset volg is dat daar geen windhonde, veral onder die werkers, op die plaas mag voorkom.
      Ek kan getuig dat hierdie honde en hulle eienaars alle klein wild en diertjies en voels - wat die jakkalse en rooikatte se kos is, uitroei. Onthou jy gaan Sondag kerk toe en wie pas daardie honde op?

      Soos reeds gese het werk dit vir my. Gebruik wat jy wil.
      Vrae sal ek antwoord maar kritiek en belediggings kan jy hou.

      Terloops. Ek weet van 'n persoon wat ook langs 'n reservaat met beeste boer. Die jakkalse was 'n groot probleem want hulle het sy kalwers gevang. Hy het die probleem opgelos deur nie die horings van sy teelkoeie af te sny nie. As die horings lank is, kan die koei die jakkals doeltreffend weghou van die kalf.

      Groete
      Theuns

      • antwoord
      Pieter van Vuuren 
      21 Des 2010 11:25

      Wat ek nog wou se is. Gebruik die Callagher 5000 of die sterkste een in hul reeks wat met sonkrag werk want MEPS is nie die moeite werd om jou geld op te mors nie, ek het 'n duur les met hulle geleer. Maak die somme want dit is goedkoper op die lange duur om te elektrifiseer as om permanent te jag. Voorkoming is beter as genesing of in die die geval geen tjoppie om op die vuur te gooi nie... HAHAHA!!!

      • antwoord
      Pieter van Vuuren 
      21 Des 2010 11:23

      Ja manne. Dit is 'n sensitiewe saak selfs hier in die mooi land Namibia. Ek en 'n vriend va my het lank gesit en wonder hoe om die probleem aan te pak. Om eerlik te wees die antwoord was al 2 keer in die landbou weekblad. Elektrifisering. Mense dit werk. Die vriend van my wat al so 5 jaar terug begin het met elektrifisering het soveel sukses met die uithou en vaskeer van roofdiere dat hy feitlik geen lammer verloor behalwe deur lammervangers en siekte. Ek is nog in die begin stadium en ek kan klaar al se van ek die draad ge-elektrifiseer het en al die bestaande gate toegemaak het wat ons liewe erdvarke so gegrawe het het ek nog nie weer een gekry wat volledig oopgemaak is nie. Die geheim is sit die krag aan jou buurman se kant. Die draad wat jy span moet so 25cm van die grond af hang en die 25cm van die lyndraad af. Nou ka jy ook die volgende doen. Maak jou lamkampe ook elektries. As die Jakkals ingekom het sal hy nie graag wil uitkom nie. Hulle het 'n doodsvrees vir die skok. Ek kan getuig daarvan want ek het gesien hoe hardloop 'n erdvark wat geskok is. Jy kan mielies plant daar. Dieselfde effek doen jy as jy sukkel met rooikatte. Sit die draad dieselfde hoogte as jou lyndraad se bokant en so 25cm na jou buurman se kant toe. As ta spring dan kry hy 'n groot verrassing. Julle kan my kontak as jul meer wil weet by rooimot@iway.na of 00264 81 127 2831. Sal graag vir jul met raad wil bedien. (DIS VERNIET) En manne dit help nie ons stry oor feite nie, pak die probleem saam aan en roei die goed uit...

      • antwoord
      Lukas
      21 Des 2010 09:30

      Theuns
      Die idee is nie om jou weg te jaag nie.
      Die feite waarna jy verwys is egter nie korrek, en kos veeboere miljoene die afgelope paar jaar. So ook vir die verbruiker op die end.
      Hulle moet nou maar herverpakte hoender eet!

      Dit is nogal frustrerend en beslis nie meer `n grap as boere na soveel jare van probeer, op hul eie koste en ten koste van hul werkers en gesinne, dat hulle nog moet probeer en niks weet van die probleem nie.

      Jammer as ek bietjie kras was.

      • antwoord
      Theuns Wessels 
      21 Des 2010 06:47

      Beste Lukas
      Aanvanklik het ek op n grapperige wyse tot die gesprek toegetree. Daarna het ek feite en kommetaar gelewer tot die probleem. Ek wou n bydra maak vanaf uit n ander oogpunt.
      Maar as jy persooonlike aanvalle maak sien ek nie die nut daarvan om verder aan die bespreking deel te neem nie.

      • antwoord
      Lukas
      20 Des 2010 10:27

      Theuns, ek weet werklik nie waar jy aan jou feite kom nie, maar dit is totaal verkeerd volgens my inligting.

      Dit is `n feit dat droogte deel van die natuur is en ons daaraan niks kan verander nie, net bestuur.
      Die tweede feit is dat probleemdier ook deel van die natuur is, maar ook beheer en bestuur kan word, soos jy tereg verwys sedert die 1950`s en daarvoor gedoen is.
      Hoe is dit moontlik dat die grootste dele van die Karoo vanaf die 1950`s geen jakkalse gehad het, tot so ongeveer 15 jaar gelede.
      Is jy bewus daarvan dat die dele waar boere nog jagklubs het, se predasie gevalle baie laer is as die dele waar geen beheer is.
      Weet jy wat die predasie voorvalle 20 jaar gelede was teenoor vandag. In my en my medeboer se geval was dit 00% teenoor 40% verleise vandag.
      Die Rooikat en Jakkals sal nooit uitgeroei word nie, daarvoor is hul wil vir oorlewing te groot en is hul ook te slim en aanpasbaar. Die getalle was egter onder beheer, en so ook die skade.
      Dit het alles verander toe mense begin dink het soos jy. Dat dit maar aanvaarbaar is om wildreservate tussen veeplase op te rig en nie die probleemdiere te beheer nie. Die ondersteuning aan die boere wat wel nog wou beheer is weg gevat, soos jy tereg verwys.

      Waar het dit ons gebring?
      Finansieel is dit nie meer moontlik om met skape te boer nie.
      Plaasiere word vermink.
      Wildboere kan nie meer volhoubaar boer met wild nie.
      Boere is nou die vark in die verhaal, word sleg gemaak en uitgekryt as barbare ens.
      Wetgewing moet gemaak word om boere te beheer!

      Nee Theuns, na geslagte wat boere al probeer het om met die diere saam te leef en nie suksesvol was, moet ons begin leer by ons Voorvaders en besef dat `n Jakkals en Rooikat en plaasvee nie saam op een plaas aangehou kan word nie.
      As jy die wiel wil herontwerp, doen so voort, maar moet dit nie langer op my en jou buurman se koste doen deurdat ons die diere van kos moet voorsien sodat jy kan "planne ontwerp".

      • antwoord
      Theuns Wessels 
      19 Des 2010 21:59

      In 1928/27 is die eerste ondersoek na droogtes deur die regering gedoen. Hulle en almal daarna kon nie die probleem oplos nie en droogtes is nog met ons.
      In die jare 1950's was daar georganiseerde Jakkelsklubs met honde, perde jagters en gewere om die jakkals en rooikatte uit te roei. Daar was selfs 'n staatgesubsideerde Oranjejag in die Vrystaat wat jakkels en rooikatte "probeer " uit te roei. Die jakkalse en rooikatte het almal ore aangesit want dit is net hulle wat nog oorgebly.
      Om hulle weg te wens is soos om te glo dat nuwe SA n wit regering sal kry.
      Ons sal maar leer om met hulle saam te leef. Inteendeel sal jy as boer sekere kopverskuiwings en aanpassings moet maak.
      Hier sal ook geval van gee en neem wees.
      Dit sal nie help om hulle uit te roei nie maar om met hulle saam te leef.
      Om dit te kan doen moet 'n bestuursplan opgestel word waarin elkeen 'n se het. Beide die boer en die roofdier het behoeftes en ek is seker in 'n goeie bestuursplan kan aan albei se behoeftes voldoen word.
      Ek boer ook met skape maar nie op grootskaal nie maar my grootste probleem is twee been jakkalse met bakkies en taxis.

      Groete Theuns

      • antwoord
      Lukas
      17 Des 2010 11:10

      Theuns, gaan kyk bietjie by die link hoe vreet jou saggeaardes met die "binneste".
      http://www.facebook.com/group.php?gid=103306029709082

      Sluit sommer aan en help ons om die probleem volhoubaar op te los.
      http://www.causes.com/causes/544666-stop-the-banning-of-gin-traps?m=5abf...

      • antwoord
      M.L 
      17 Des 2010 08:26

      Theuns ek glo dit was maar net 'n grappie: om 'n derde van jou lammers te verloor aan Jakkelse sal ek ook se hulle 'n binneste ja, ek sal graag hulle binneste egter op die grond wil sien le ...

      • antwoord
      Theuns Wessels 
      17 Des 2010 05:22

      Die outjies het ook n binneste en word ook honger. Moet nie so hard op hulle wees nie!

      • antwoord

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Waarom is boere so stil?
      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Boer aangerand oor begrafnis
      • Staat koop grond onder markwaarde

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Landbouweekblad, 25 Mei 2012
      • Rolf, Die Bakker
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction