Rooibostee

 

 

My eerste ervaring van rooibostee is koshuis herinneringe. As klein seuntjie, daar in die koshuis, op Smithfield. So ongeveer in die helfte van elke ete, het daardie swaaideure oopgegaan en het die vrouens wat in die kombuis gewerk het, ingekom met ´n skinkbord rooibostee vir elke tafel. As ek die woord rooibos hoor, dan kry ek daardie aroma in my neus, wat deur die eetsaal gewaai het met hulle inkomslag.

Met dié dat ons die houtstoof , weens die koue wat die hele Suid-Amerika in sy kloue het, weer aan die gang het, het ek my reggemaak vir ´n ketel met rooibostee wat regstaan op die stoof. Reggemaak vir daardie aroma wat die hele huis gaan vul. Teleurstelling, niks daarvan nie.Wat het geword van daardie geurigheid en smaak van rooibostee. So ´n afgewaterde anderster smaak. Is dit nou so vandat dit as grimeermiddel begin naam maak het? Of vandat dit in sakkies verpak is, destyds moes dit deur ´n sif geskink word, soos ook die tee van destyds.

Rooibos herinner my ongelukkig ook aan die storie van Herlu, een van die eerste vriende wat gesterf het deur die koeël van ´n verraderlike. Herlu was geen liefhebber van rooibos nie. As ouderling het hy die ds, (was dit ds Armand?), vergesel op huisbesoek. Die ds het natuurlik geweet van sy onliefde vir rooibos en toe die suster van die huis vra wat hulle gaan drink, het die ds baie gou geantwoord dat hy én broer Herlu, albei sal rooibos neem, baie dankie. Herlu het hom swaar vergewe daarvoor.

Vir ons is dit moeite om rooibos hier te kry. Met elk besoek aan SA, word daar ´n paar pakke rooibos saamgebring. Amper nie meer die moeite werd nie. Weet iemand dalk waarom het die smaak verander en wanneer?

Hasta la proxima

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Anneli 

Danie, stuur asseblief vir my 'n e-pos met jou adresbesonderhede na ouhuis@rooibostee.co.za, ek stuur graag vir jou 'n pakkie rooibostee wat sal proe net soos wat jy rooibostee onthou.

Onbekende besoeker

Ek het "gehoor" dat die anti - oksidante in rooibostee verlore gaan as dit in 'n mikrogolf verhit word. Kan iemand wat navorsing doen, asb. bevestig of die gerug waar of vals is.

Maryna Stearn 

Goeie dag, my seun in graad 3 moet vir 'n praatjie by die skool verduidelik hoe om tee te maak, ek neem aan dat hy dit letterlik moet verduidelik, maar hy wil graag die afkoms van tee eerste verduidelik alvorens hy die stappe verduidelik wat gevolg moet word om 'n heerlike warm koppie rooibos tee te maak....kan enige van julle my dalk help asb....verkieslik inligting in Afrikaans as moontlik.

Baie dankie vir jul hulp.
Maryna

Onbekende besoeker 

Sit als op van rooibostee asb,want ek wil graag kyk hoe word dit gemaak in n fabriek!!!!!

Onbekende besoeker 

Hallo,

Ek het onlangs gehoor van 'n Apteker was spesialiseer in 'n gesonde eetplan, dat Rooibostee die liggaam voed. Sodoende, dat dit eintlike nie goed is om te drink as jy wil gewig verloor nie. Is hierdie mening waar.

Dankie sal graag wil hoor, want ek drink net Rooibostee en geniet dit verskriklik.

Dankie

Ronel

Onbekende besoeker 

Waar kan mens al die rooibostee boere se besonderhede bekom, soos plaasname en eposadresse of telno's? Waar vind mens die rooibosteepoeier waarvan een skrywer geskryf het? Baie sterkte vir al die rooibosteeboere, hierdie produk kring al wyer uit die wereld in. Groete. Moira.

Cora Truter 

Danie, rooibos tee word ingevoer na Paraguay en jy kan dit in Asuncion koop. Groete, Cora

Gerda Fabricius 

Rooibos tee is baie lekker en gesond. Sterk tee met 'n bietjie heuning en suurlemoen - is onvergeetlik. Rooibos tee met kondensmelk vir die ouens wat laat aand moet werk - gee woema en swart rooibos tee om selfs jou gesig mee te was!

Onbekende besoeker 

Goeiedag Danie
1.Heerlike sterk los [nie sakkies] rooibostee [Stewige 2.5 Kg Verpakking] is ook verkrygbaar by Rooibos Bpk se hoofkantoor en produksie-aanleg te Clanwilliam Telefoon +27 27 482 2155 www.rooibosltd.co.za. Besoek gerus Clanwilliam en Rooibos Bpk wanneer daar 'n geleentheid is.
2. Gesondheidsvoordele: Verwys asb na www.cansa.org.sa se navorsing oor rooibos; www.rooibosltd.co.za; www.sarooibos.co.za; en nou ook met joghurt beskikbaar www.faircape.co.za.
3. Rooibos bly 'n produk met uitstekende eienskappe en toepassingsvelde. Een manier om die impak van ons eg Suid-Afrikaanse rooibos dwars oor die aardbol te ervaar is ook om "Google Alert" gratis te gebruik om elke dag nuusberigte oor rooibos te kry.
Met vriendelike groete.

Piet Potgieter 

Roibostee kan nou ook in poeier, soos koffie te koop gekry word. Die voordeel van die poeier is dat dit dadelik oplos en die poeier is baie sterker as die sakkie sin. 'n 2ml lepeltjie gee 'n baie sterk koppie tee en as jy dit sterker verkies kan jy 'n teelepel ingooi (2.5ml) dit is egter baie sterk en baie mense sal weer dink dis te sterk.

Suzette 

Ek stem saam, die rooibostee in die sakkies het geen smaak nie. Ek het so 'n ruk terug "Red Espresso" gekoop, bietjie duur,omtrent R45-00 'n pakkie van 250gram, maar beslis die moeite werd. Dit kan by enige supermark gekoop word. Dit smaak soos die rooibostee van ouds. Maak dit in 'n "plunger" of 'n ekspresso keteltjie. Ek drink nou geen ander rooibostee nie. Selfs die aroma van die Red Espresso is dieselfde as die van ouds.

Willie Nel (Rooibos produsent) 

More Dries
As dit n bietjie lank vat om n koppie tee te laat trek kan jy dit net vir n paar sekondes in die mikrogolf sit(met die sakkie binne) en so sal jy baie tyd spaar

Willie Nel

Danie C

Dankie vir almal se kommentaar. Nou weet ek ten minste dat die tee nie meer smaak soos vroeër nie en wat die verskil gemaak het.
Groetnis
Danie

Willie Nel (Rooibos produsent) 

Dit is wel so dat in die pasteuriseringsproses daar n klomp van die geure van Rooibostee verlore gaan. Dit is ongelukkig onafwendbaar, Die van julle wat oud genoeg is sal onthou van die Salmonella krisis van 1984 . Daar is Salmonella in ons tee gekry omdat dit nie gepasteur was nie. As dit ons nou sou tref gaan dit n groter inpak he as die lae pryse a.g.v die oor aanbod.
Gooi maar n ekstra sakkie in en trek hom n bietjie langer .

Groete

Willie Nel

Rooibosboer 

Rooibostee gaan deesdae deur 'n pasteuriseringsproses om al die moontlike ongewensde elemente dood te maak en verloor daardeur baie van sy geur. Die tee wat u in die sakkies koop is gesteriliseer.

Die tee in sakkies word ook in verskillende grade verkoop en jou eerste graad tee is sterker. By ander grade word sekere hoeveelhede fyngesnyde stokkies gevoeg (waarvoor die arme boer nie betaal word nie).

Volgens die prosesseerders verkies die hedendaagse verbruiker die flouer weergawe en hou hulle nie daarvan dat die aroma van rooibos die hele wereld vol le nie.

Die egte tee met stokkies en al wat u aan terugdink is volop by plaassstelletjies te kry.

Die rooibosboere is tans in 'n baie benarde posissie waar die boer R4,50 per kg deur prosesseerders betaal word terwyl sy direkte uitgawes ongeveer R 6,50 is.

Daar is 'n nie-verstaanbare onwilligheid in die bedryf om die boere tegemoet te kom, maar ek voorsien dat u altyd u koppie tee sal kan drink.

Onbekende besoeker 

Ek het nog nooit 'n voorliefde vir rooibos tee gehad nie. Die afgelope weke drink ek dit egter vir gesondheidsredes en vir my is die smaak aaklig. Dit proe beslis anders as sedert my kinderjare en dit is waar wat een skrywer sê, dit is afgewater,sal wil hoor of mens êrens beter gehalte kan kry.

Onbekende besoeker 

Wel ek is baie bly dat ek nie die enigste een is wat na die ou takkies en blare rooibos tee verlang nie. Wat mens vandag koop wil ek nie eens oor praat nie en ek kan dit nie drink nie.. Ek soek by alle "road side" stalletjies of hulle nie nog van die "old fashion" rooibos tee het nie. Wanneer dit getrek het was dit amper so n diep pers kleur en jy kan nie genoeg kry van dit nie. Is daar nog boere wat hierdie tee groei en waar kan mens die tee koop wat nog nie verniel is nie.
Danke Gvg (vangreun@pemail.co.za)

Onbekende besoeker 

Dag Danie
Hoop dit gaan goed met jou !

Nee ek weet nie hoe die smaak van rooibos verander het nie.
Om die waarheid te se as ek die slag tee drink verkies ek (swartbossie)(joko) n ander tee. Die rooibos is asof hy n eeu vat om te trek en dan soos jy se nog steeds nie reg proe nie.
My Pa se neef het n teeplantasie (rooibos)in die kaap iewers en as hulle kom kuier bring y tee saam wat nie verpak is nie maw. die blaar tee.
Volgens Pa en Ouma is dit baie beter as die winkel tee.
Miskien moet jy volgende keer in die blare tee te bele.

Groete
Dries

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.