Rooiwater: Babesia bigemina en B. bovis
Die afgelope week was daar verskeie produsente wat rooiwater uitbrake gehad het. Ek hoop om in die skrywe rooiwater in eenvoudige algemene taal oor te dra.
Voorkomende bestuur, is strategies die regte ding om te doen.
Om ‘n wetenskaplike ingreep te maak in ‘n bestuursomgewing waar die produsent reeds sy kudde met oudmodiese dipbestuurspraktyke bestuur het, dit nog met gekombineerde dipstowwe wat verskeie aktiewe bevat, is nie aangename taak nie.
Oorsake en draers van Rooiwater
1. Die siekte word hoofsaaklik deur 2 spesies bloubosluise oorgedra
2. Die inheemse bloubosluis, RH Boophilus decoloratus, is n draer van beide siektes
3. Dit kan egter net een siekte oordra. Dit is of;
a. Galsiekte (anaplasmose) of
b. Rooiwater ( babesia)
4. Rooiwater word in veeartsenykundige terme in 2 tipes beskrywe, nl.
i. Babesia bigemina (wat as Afrika rooiwater bekend staan)
ii. Babesia bovis (wat as Asiatiese rooiwater bekend staan)
5. Galsiekte of Anaplasmose, bestaan uit;
i. Anaplasma marginale (belangrikste) en
ii. Anaplasma centrale
6. BAIE BELANGRIK: Die Pan-tropiese bosluis, of Rhipicephalus Boophilus microplus, kan met beide siektes gelyktydig besmet wees en kan dus galsiekte of rooiwater gelyktydig oordra.
a. Babesia bigemina en
b. Babesia bovis: Slegs die Rh.B. microplus spp. kan die bovis organisme oordra. (Baie dankie Faffa), omdat die bovis organisme nie fisologies aangepas is om in die decoloratus spesie te (inheemse bosluis) te oorleef nie.
Diere wat deur die organismes besmet raak en gesond word, kan vir onbepaalde tye ‘n reservoir of draer bly van die parasiet.
7. Dit beteken;
a. Daar kan diere in die kudde wees wat weerstandigheid toon teen rooiwater, wat ongemerk as ‘n reservoir kan dien in die kudde om die siekte voortdurend oor te dra. Tel die bloubosluis dit in hierdie diere op, word dit dalk in die volgende geslag van bloubosluise oorgedra na vatbare diere toe
8. Belangrik om te onthou;
a. Sulke weerstandige diere dalk die grootste bron van rooiwater is in ‘n kudde
b. Die bloubosluis, wat die protosoïese organisme oordra na ander diere in die groep toe, voltooi;
i. Haar lewensiklus in 21-24 dae voltooi en na bevrugting afval
ii. Op dag 6 begin om ongeveer 2500 eiers te lê, wat oor n verdere tydperk van 15 dae versprei word
iii. Waar sy op dag 11 min of meer 70% van die 2500 eiers klaar gelê het
iv. Dag 21 van die eierlegging sterf
v. Waarna die eiers met die rooiwater en of galsiekte na 6 weke uitbroei oor die tydperke soos bo beskrywe
c. Die siektes soos bo beskrywe, soos weerstandigheid teen dipstowwe, word in die bosluiseier (transovarial) oorgedra na die volgende geslag
d. Alle beeste wat nie voorheen gebyt of geïmmuniseer is teen rooiwater nie, is vatbaar vir die verskillende tipes babesiosis
e. Kalwers word met ‘n nie-spesifieke weerstand teen die siekte gebore, ongeag die immuniteit van die moeder.
f. Hierdie nie- spesifieke weerstand verminder/verlaag namate die kalf ouer word en is die weerstand waarskynlik op sy hoogste op 6 maande
g. Die natuurlike weerstandigheid begin verminder op 9 maande
Die inbring van rooiwater
· Kan geskied deur die inkoop van weerstandige diere wat dan die bosluise op die plaas besmet
· Die verhuring van weiding
· Onkundige bosluisbeheer deur bure
· Die inbring van wild wat verskeie bosluisgedraagde siektes
9. Strategies Geïntegreerde Parasietbestuur
a. In endemiese gebiede waar babesiose natuurlik en wydverspreid voorkom, is dit verkieslik dat ‘n voorkomende bestuurstelsel so ontwikkel word dat die kalwers op n vroeëre ouderdom aan besmette bosluise blootgestel word.
b. Dit is om die “Nie-spesifieke weerstandige periode”, wat deur die Natuur gratis geskenk word ,te benut en daardeur die beeste met ‘n strategie natuurlik teen die siekte geïmmuniseer word
c. Dit moet duidelik wees;
i. dat dit nooit moet gaan om bosluise uit te roei nie, want dit verminder die natuurlike weerstandigheid en immuniteit van die diere teen die protosoïese bloedorganismes .
ii. dat dit nie in die produsent se belang is om onkundige dipmetodes en weerstandigheid met sy dipmetodes te bewerkstellig nie.
iii. Dat daar n wetenskaplike bewyslas moet wees tussen bosluisbeheer, dipmetodes en bosluis blootstelling
a. Kliniese tekens soos koors is sigbaar sowat 2-3 weke nadat die beeste blootgestel is aan die organisme
b. Die koors bereik temperature van 40-41, 5 grade en is heel eerste sigbaar voordat ander tekens soos swak eetlus, lusteloosheid, onwillig om te beweeg, ‘n lig tot donkerrooi verkleuring van uriene sigbaar is.
c. Droë en dowwe vel, dowwe haarkleed en droë neus asook diarree kan voorkom maar is minder sigbare tekens en moenie gebruik word om afleidings van te maak nie
11. Simptome: Asiatiese rooiwater
a. Dieselfde simptome soos bo, behalwe dat Asiatiese rooiwater se kliniese tekens nie verwar moet word met die simptome van hartwater nie, omdat dit in baie gevalle kan ooreenstem en daar verkieslik nie geraai moet word nie
b. By Asiatiese rooiwater is die urine ook nie altyd of noodwendig verkleurd nie.
c. Asiatiese rooiwater se kliniese simptome vergelyk goed met die simptome van hartwater, wat die volgende is;
i. Swak koördinasie
ii. Spiertrillings
iii. Vertraagde reaksie op stimulusse
iv. Stuiptrekkinge
v. Koma
12. Verwarrende siektesimptome
a. Daar is verskeie ander redes vir simptome soos koors, geelsug, bloedarmoede, swak eetlus, verlaagde melkproduksie, aborsie en senuwee simptome.
b. Dit is moeilik om n antwoord te gee wanneer n produsent skakel en sekere simptome te beskrywe, ‘n oordeel te vel want dit behoort eerder met n naaste kundige persoon getoets te word.
c. Dit is belangrik om te investeer in ‘n bekwame veearts wat sy werk deeglik uitvoer, omdat daar duidelik te onderskei tussen rooiwater, galsiekte (anaplasmose marginale en anaplasmose centrale) en hartwater wat soortgelyke simptome mag toon.
13. Behandeling
a. Net die volgende in kort, omdat hierdie ‘n spesialis veeartsenykundige veld is en liewers onder die toesig en met behulp van n veearts moet plaasvind.
b. Diere wat simptome het soos beskrywe hierbo, moet so gou moontlik behandel word maar met n positiewe diagnose voordat van die volgende produkte toegedien kan word. (Raadpleeg verkieslik die veearts), alhoewel die volgende produkte asook ander sonder voorskrif verkry kan word.
i. Berenil
ii. Veriben
iii. Babazene
iv. Euflavien
v. Imizol
c. Volg die instruksies, veral wat die dosis aanbetref, die wyse en die roete wat voorgeskryf is vir toediening, die ontrekkingsperiodes vir vleis en melk vir menslike verbruik en dien volgens die liggaamsmassa van die dier soos voorgeskryf toe.
d. Daar is die raad dat siek diere geïdentifiseer moet word deur hul sowat 200 meter aan te jaag om die siek diere te identifiseer wanneer hul uitsak. Siek diere moet liefs nie onder spanning geplaas word nie want dit kan dodelik wees.
Slot
Daar is baie meer te skrywe oor die onderwerp. Strategiese bestuur van die onderskeie bosluise en bosluisgedraagde siektes is ‘n spesialisveld wat plaasspesifiek wat deurlopend en kundig bestuur moet word om weerstandigheid te verhoed, natuurlike elemente tot die beste voordeel van die produsent aan te wend en, om bosluisgedraagde siektes voorkomend te bestuur.
Die verskeie aspekte van ‘n Parasietbeheerprogram word gegrond op;
· Die onderskeie parasiete van ekonomiese belang op die plaas*
· Klimaatsfaktore soos reënval en temperatuur
· Voedingsfaktore
· Stres
· Habitatte
· Rasfaktore
· Wild en wildgrense
· Ensoötiese stabiliteit en die kundige ontwikkeling van Natuurgegewe weerstandigheid
· Die breek van unieke bosluisweerstandigheid teen dipstowwe
*As n produsent n bepaalde aktief /produk gebruik, het dit ook n bepaalde invloed op ander parasiete van ekonomiese belang wat nie bedoel word om beheer te word nie. Wat is die impak daarvan want vlieë, luise word indirek beheer.
In die geval van die beheer van bloubosluise waar Makro- laktoniese produkte gebruik word, veroorsaak die verkeerde aanwending daarvan kruisweerstandigheid tussen die molekules en grootskaalse weerstandigheid by verskeie nematodes.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Kommentaar
Onbekende besoeker. Baie dankie. Prof Horak sê dat die Boophilus uit die nuwe publikasie weggelaat is. Dit is dus seker dan korrek sou mens die Rh allen skrywe.
waardering
Pierre
Hallo Faffa
Baie dankie, jy is reg. Ek het met Ivan Horak en Arthur Spickett nou gesels. Ek het dit verkeerd gehad. Die bovis organisme, in Athur se woorde, is nie fisiologies aangepas om in decoloratus te oorlewe nie. Ek waardeer jou bydrae opreg.
Pierre
Dankie Faffa
Ons het op PJ Hassard se grond in Hluhluwe ongeveer 'n 1000 bosluise van 50 beeste geoes. Dit was in Oktober 2007 en dit was in Oktober /November Ge ID AS decoloratus. Ivan Horak het ook na van die die samples gekyk by Univ Vrystaat. Ek aanvaar jou woord, behalwe dat PJ Hassard in Desember 5 bevestigde sterftes van Asiatiese rooiwater getoets het by Onderstepoort. Dit is op rekord.
Betreffende jou "lyk" kommentaar, die volgende opmerking. Ek het waargeneem dat sou koeie verse/kalf, die koeie wat proteintekorte op die veld of in voeding ondervind, daardie kalwers die swakker kalwers is en wat makliker besmet word. Ek stem saam met die biesmelk argument. Kan ook net noem dat ek op 3 plase waar bosluisbehandeling volledig gedoen is, die ander diere in perfekte toestand is, die koeie wat gekalf het en, waar daar ook proteintekorte was, ek maklik 10- 14 dae korter nawerking gehad het as die normale tydperke. By Denys Wells, op n ander plaas wat beter weiding het, met Angusse wat dieselfde tyd gekalf het is die voorspelde bosluisbeheertydperke verkry.
Baie dankie, ek waardeer dit maar ek, met respek, twyfel oor die decoloratus mening wat jy het. Sou dit baie graag wou bevestig hê en dit sal baie waardevol wees as ek dit sou kon bevestig.
Waardering FAFFA
Jou eerste stelling is verkeerd dat Rhipicephalus decoloratus altwee Babesias oordra dit moet Boophilus microplus wees!
Daar is baie kalwers wat rooiwater op 'n baie jong ouderdom opdoen. Dit lyk vir ons of hierdie "innate" weerstand dalk nie so effektief is nie.
Wat ook van groot belang is, is dat die koei haar weerstand aan die kalf oordra deur die kolostrum vir die eerste periode.
Dit lyk of kalwers van verse 'n swakker weerstand het.
Let op of kalwers van verse dalk meer rooiwater opdoen.
ENT BEESTE MET BEIDE ENTSTOWWE in gebiede waar rooiwater voorkom.
Dit lyk of immuniteit eers na 6 weke ontwikkel.
Baie dankie. Ek moes seker maar Rhipicepehalus vooraan geskrywe het, jy is reg. Ek is egter van mening dat die Boophilus daar hoort? Is ek verkeerd? Want die mees onlangse literatuur wat ek gebruik het dit as Rh.B.decoloratus en Rh.B.microplus aangehaal. Sal waardering hê dat sou dit nou amptelik verander het, dat ek dit reg hanteer.Ek waarder dit. Baie dankie.
Nie meer Boophilus decoloratus nie maar Rhipicephalus decoloratus
Boophilus decoloratus heet nou Rhipicephalus decoloratus
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)