Ons ry verlede week verby die skougronde van Sete Quedas. Hier staan ´n skou bekend, as ´n expo, so dit moet seker die expoterrein wees. Sien daar is ´n bedrywigheid aan die gang, draai net daar in en vra by die kantoor, wat gelukkig net by die ingang is, wat is aan die gang? Die naweek, is dit weer die streek se lassokompetisie, maar jy sal die president, Vanderlei Scmitz, daar kry. Hy en sy helpers, loop ek gelukkig toe daar raak. Saterdag en Sondag, is die belangrike dae. Jy moet kom!

dscn3261

190

156

dscn3298

Saterdag, maak ons toe so en die leë kampterrein, sien heeltemal anders daar uit. Perdewaens, van die duurste en luuksste; met gróót bakkies wat hulle moet trek, tot die nederigste “horse boxes”, met klein bakkies, vragmotors, wat ´n hele span se perde, kan laai. Tente en seile gespan vir koelte. Mense wat kuier. In die agtergrond, die bulderende stem, van die kommentator. Gelukkig vin ´n baie goeie klankstelsel, want hy lewer breedvoerig kommentaar, oor elke perd en ruiter, wat die bees jaag en kyk of hy sy lasso, binne 100 meter oor die bees se kop kan kry.

112

dscn3318

dscn3338

Tussen 500 en 600 perde en ruiters. Toe nooit gevra hoeveel daar op die end was nie. Groot organisasie. Genoeg bees vir elke rondte.  Vrydag en Saterdag was die uitdunne. In elke span is 4 ruiters.   1 punt as daardie bees binne die 100 meter die tou oor sy kop het. Die finale was Sondag, saam met die span kompetisie, word daar ook ´n individuele kompetisie gehou.

Die verhouding tussen perd en ruiter, is iets om te aanskou. Baie oefening en geduld. Is asof die perde, presies weet wat gedoen moet word. Wanneer om te versnel en wanneer om links of regs te  beweeg of effe terug te hou. Die perd speel nog ´n groot rol in hierdie wêreld.

dscn3315

dscn3306

dscn3321

131

193

´n Familie byeenkoms. Kinders, soos die ou mense sou sê, net ´n baksteen en ´n tiekie hoog, wat met die lasso´s oefen om daardie tou, oor opgestopte besies, te gooi. Jonges, seuns en meisies, wat die perde laat water drink en koud lei. ´n Groot kuier, onder die seile se skadu. Pa´s wat met hulle kindertjies ry. Die weer het gelukkig saam gespeel. Daardie dreigende wolkmassa het gewag tot al die verrigtinge afgehandel is.

´n Byeenkoms om nie te mis nie. Dit was die tweede en sal moet onthou, van volgende jaar se naweek.

Hasta la proxima


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.