|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Hier word gereeld ´n geleentheid gesoek om te vier. Vanjaar was dit die eerste geleentheid om die rys oesfees te hou. Tien jaar gelede is ongeveer 10 000 ha rys verbou en die oppervlakte onder dié gewas, is konstant besig om te groei. Vanjaar is die 60 000 ha merk verbygesteek. Dít het gemaak dat die betrokkenes besluit het om die rys oesfees by die dorpie San Juan Bautista te hou.
Dit was die ideale geleentheid vir die mense om die winsgewendheid van hierdie gewas te beklemtoon. Op die oomblik word daar ook proewe gedoen om ander gewasse buite seisoen te vestig. Dit wil voorkom asof raaigras ´n baie goeie opsie gaan wees. In hierdie vroeër oorwegend beesgebied, kan die raaigras dan gebruik word om die beeste op af te rond. Vroeëre laagliggende dele, wat swak kwaliteit weiding gelewer het, is nou baie meer produktief. Selfs die hergroei van die rys, nadat dit geoes is, lewer goeie kwaliteit weiding.
Gedurende hierdie geleentheid is die nuwe Claas rysstroper vertoon. Seker een van die grootse landboumasjiene. Hy kan net so gebruik word om koring en soja te stroop en met verstellings wat ongeveer ´n dag duur, kan hy gebruik word vir mielies. Sy rubber rusperbande voor, maak hom beweeglik en het hy die 50 km na die Estancia Catalina, waar hy gedemonstreer is, in 3 uur afgelê.
Rys wat nie plaaslik verbruik word nie, word alles na Brazil uitgevoer. 10 jaar gelede was die gemiddelde opbrengs per hektaar 3 ton, die gemiddelde van die afgelope oes was 8 ton.
Volgende keer nog iets oor nóg ´n fees.
Hasta la proxima
Foto's Tomas Riquelme Estigarribia
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Derik, ek kan jou ongelukkig nie help nie. Op facebook is daar ´n blad genoem Landbou Sosiaal, probeer daar indien Google jou nie kan help nie.
Ek soek inligting
is daar iets soos baster rys?
dit is vir 'n skool taak
hulpsal waardeer word
hulp sal waardeer word
Werner, ek kan jou ongelukkig nie help nie. Ek dink in SA word nie veel rys verbou nie, jy sal daardie inligting plaaslik moet bekom. Hierdie rys word in Paraguay, Suid-Amerika verbou.
Groetnis
GEAGTE LESER, EK HET U ARTIKEL OOR DIE RYS FEES,GELEES EN DIT BAIE INTERSANT GEVIND.DIT HET MY AAN DIE VOLGENDE VRAAG LAAT,DINK EN SALGRAAG U ANTWOORD DAAROP WIL HE ASB. WORD DIE RYS WAT ONS EET,EN OP ONS PLAASLIKE EN ONS LAND ,SUID AFRIKA VERBOU EN WAAR ? EK WONDER AL LANKAL OOR DIE RYS WAT ONS EET,OOR WAAR DIT VERBOU WORD. ASU FOTOS HET VAN DIE PLASE WAAR DIE RYS OP VERBOU WORD,KAN U VIR MY FOTOS STUUR ASB,INDIEN MOONTLIK ASB. GROETE DIE UWE WERNER KEMP
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)