
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Goeiemore Pierre
Hoop dit gaan goed met jou.
Die jaar staan vinnig einde se kant toe en ek wil jou van harte bedank vir jou uitstekende diens aan ons die afgelope 5-6 maande en sien uit daarna om 2010 saam met jou aan te pak en meer te leer van strategiese parasietbestuur.
Hieronder volg 'n opsomming van die vordering tot dusver in die kort tydperk met jou voorgestelde Strategiese Geïntegreerde Parasiet Bestuur (SGPB) op ons plaas, SandSonia Boran, in die Humansdorp distrik.
Voor 15 Augustus - Spreidip behandeling van alle beeste
17 Junie 2009 - Triatix
18 Julie 2009 - Acatak
Implementering van Strategiese Geïntegreerde Parasiet Bestuur (SGPB) met Scorpiondip sisteem
17 Augustus 2009 - (Inwendige parasiete en uitwendige vlieee, myte, luise en Bloubosluise (een gasheer)
31 Augustus 2009 - (Drie Gasheer Bont Bosluise)
15 September 2009 - (Een gasheer Bloubosluise)
15 Oktober 2009 - (Drie Gasheer Bosluise)
15 November 2009 - (Drie Gasheer Bosluise)
15 Desember 2009 - (Drie Gasheer Bosluise)
Algemene opmerkings tydens waarnemings op 30 Nov 2009 / 1 Des 2009 en 14 Des 2009.
Die opmerkings word in die lig van ons ooreengekome fout interval van 5 Bosluise per bees gedoen
1. Deurgaans baie min Bosluise aan lyf van beeste
2. Klein Rooi kleuringe bosluise (3-5 per bees) en Bont bosluis (1 per bees) onder die stert.
3. Blou Bosluise slegs op een trop, 'n paar Swart koeie, tussen die bene (ongeveer 5 per bees) wat in fynbos bergveld geloop het - die res Zero Faktor
4. Klimaat was relatief koud en droog vir November (+- 50mm reen) / Desember (=-50mm reen) met baie wind .
5. Weidinggehalte nog goed agv kompostoeding oor afgelope 4 jaar en vogbewaring is duidelik sigbaar soos dit droer word, maar indien goeie reen nie binnekort val nie, gaan die gehalte weiding vinnig daal in Jan / Feb 2010 met gepaardgaande **** temperature.
6. Koeie kalf tans en dit sal voortduur tot einde Jan / Feb 2010
- Twee Tweelinge ook gebore 23 Des 09 (SP Boran Embrio Versie en Bulletjie) en gister, 30 Des 09 (Twee SP Boran versies) !! My Pa se vanaf 1981 toe ons die plaas gekoop, het ons nog net 4-5 tweelinge gehad wat hy kon onthou, nou kry ons twee in een week –
Baie dankbaar vir die Genade !
7. In die week wat verby is het ons buurman my Pa ingelig dat hy 'n redelike swaar besmetting van Bloubosluise tans op sy beeste ervaar, en dit wys my ook dat die Bloubosluise nog steeds in die omgewing, maar dat ons op die regte pad is met jou SGPB !!
8. Slegs een bees wat in die program behandel is, is dood aan Hartwater die afgelope 5 maande - aansienlik minder as vorige jare gedurende somer bosluisseisoen !
9. Ons dien aansienlik minder dip toe as vorige somermaande wat koste- en tydbesparings bewerkstellig en bosluis weerstandigheid van ons kudde opbou deur blootstelling aan bosluisbyte.
Volgende Stappe
1. Die beplanning is tans om teen 5-8 Jan 2010 weer die Multi Gasheer Bontbosluis te dip, want ons is bietjie versigtig vir die hartwater omdat dit tans goeie bedompige klimaatsomstandighede is ons wil die tydperk bietjie verkort van die huidige 30 dae na ongeveer 25 dae tussen behandelings vir die Bontbosluise.
2. Teen ongeveer 15 Jan 2010 met Bloubosluis e te dip, want dit is dan ongeveer 15 weke na ons vorige toediening vir Bloubosluise. Ek wil ook probeer om Bloubosluis wyfies te oes net voor die toediening sodat ons dit kan ontleed soos bespreek en die weerstandigheid bepaal vir verskeie aktiewe.
Laat weet asb. so gou moontlik of jy hiermee saamstem sodat ek dit in ons aksieplanne kan sit.
Ek heg vir jou 'n paar fotos van die beeste aan soos hulle tans lyk en ook die 65 jaar gemiddelde reenval in die Humansdorp distrik en 2000-2004 se detail reenval op ons plaas. Die afgelope 3 jaar het ons egter minder reen gehad en is tans by ongeveer 500-600mm per jaar. Ek sal detail syfers vanaf 2005 ook vir jou deurstuur sodra ek dit ontvang.
Groete en weereens baie dankie vir jou waardevolle insig
Johann van der Watt
SandSonia Boran
Sel: 079 509 5476
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
VOORWAAR 'N TREFFER FOTO waar die 4 beeste staan asof hul netjies daar geplaas is EN met hul koppe na die kamera gedraai
Dankie daarvoor, inderdaad iets anders
VOORWAAR 'N TREFFER FOTO
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)