|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |

Julius Caesar sou seker nie in hulle gesien wou wees nie. Sy Romeinse sandale was destyds meer van pas. Vandag is hulle baie gesog in die omgewing en word ook uitgevoer na die aangrensende lande. Almal weet dat dit goeie kwaliteit skoeisel is. Modern, maar ook nie só modern dat hulle na ´n seioen of twee uit die mode is nie. Hulle kán lank gedra word en is gemaklik. In ons huis, wat vol seuns én dogters was, sou jongerboet hulle sekerlik nog kon dra, nadat hulle te klein geword het vir ouerboet.



In ons naaste groterige dorp, Villarrica, is die fabriek van mansskoene, Giulio Césare, ´n baie bekende baken. Die derde geslag Unger is nou aan die stuur van sake. Die jong Julio en sy suster Marille het die afgelope tyd die beheer oorgeneem en die fabriek gaan van krag tot krag. Die fabriek verskaf werk aan 35 mense.
Daar is ´n Duitse spreuk wat lui: Die een wat hoop dat hy skoene gaan erf, moet kaalvoet loop.
Hasta la proxima.


Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)