Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

So, Pretoria bly nou Pretoria....

Hierdie naamkwessies... Wat kan mens daaroor sê? In die eerste plek, hoekom moet 'n stad of munisipaliteit se naam verander word teen 'n hewige koste wat briefhoofde, registrasie en so meer aangaan - kom nou, daar's miljoen Suid-Afrikaners wat snags honger gaan slaap. Kan dié geld nie beter aangewend word nie....

En wat het geword van demokrasie? Is daar aan die gemeenskap van Pretoria gevra of hulle die naam verander wil hê? As die gemeenskap gestem het en die stemming dui aan dat die inwoners Tshwane verkies, gee hulle waarvoor hulle wens.... Maar as jy nog niemand gevra het wat hulle wil hê nie, hoekom maak jy soos jy wil! Dis nie jou land nie, dis almal sin!

En dit gaan vir die verandering van straatname ook - waarvan Potchefstromers heelhartig kan getuig! Weet julle watter verwarring dit in dié stad veroorsaak het toe die straatname eendag net verander is... Niemand weet meer in watter starte hulle bly nie, en niemand is gevra of dié proses toegepas moet word nie!!

Ons het hierdie week Nelson Mandela se vrylating asook sy "struggle"vir vryheid gevier... Dit ten spyte van 'n "struggle for power" wat tans aan die gang is!! 

Ek wens realisme en praktiese denke kan aan die dag gelê word, in plaas van persoonlike vendettas en 'n stryd om mag!  

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 3 (1 vote)

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Wanneer is wie vrygelaat ?????? en wat het dit vir my persoonlik gedoen net mooi niks. Al wie daarby gebaat het was sport en die plakkers

Jakkals

Ek is nie een van die ons wat sy vrylating gevier het nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.