|
makeplan
|
Justice Malanot
|
Janbez
|
Bontbok
|
|
marleen smith
|
Suiderling
|
Danie C
|
|
Justice Malanot
|
Bontbok
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Beste Vriende,
Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle hierdie week tot dusver geniet.
Hier in Buenos Aires gaan dit met ons goed en die weer word elke dag net beter. Almal kerm en klae steeds oor die sokker en die regering se rol in die nuwe kontrak en so aan.
Na my twee vorige skrywes oor sokker in Argentinië en die feit dat die regering nou die uitsaairegte daarvoor gaan koop het ek 'n interessante kommentaar ontvang van 'n leser op Goggaweb oor die moontlikheid dat hierdie 'n sosialistiese/kommunistiese neiging kan wees van die Argentynse regering. Dit het my laat besef dat ek moet versigtig wees met wat ek as vanselfsprekend aanvaar van Argentinië en die lewe hier.
Soos wat ek voorheen genoem het, lewe ek vir die afgelope 10 jaar hier en geniet ek dit baie. Die feit is egter dat Argentinië anders is as die meeste ander lande in die wêreld en beslis in Suid-Amerika. In Argentinië is daar niks in wit of swart nie en alles is meestal grys. Dit is 'n land met 'n samelewing wat swaar gekry het onder militêre regerings waarvan die laaste in die tydperk van 1976-83 aan bewind was. Die mense in Argentinië (is bang daarvoor en) hou nie daarvan te sê dat iets (reg of) verkeerd is nie - alles is goed hier en alles word aanvaar. Argentyne is nie geweldadige mense nie en wil graag hê dat almal moet gelukkig wees.
Die werklikheid van hierdie sienswyse is dat dit baie onprakties is vir mense wat wil hard werk en vooruit gaan in die lewe. Daar is baie Argentyne wat hard werk, lief is vir wat hulle doen en daarvan hou om altyd groter beter en mooier te kan besit. Die probleem is egter dat anders as in baie ander plekke in die wêreld is dit nie polities korrek om op die politieke verhoog te sê dat die mense wat werk moet kry wat hulle verdien EN DAT DIE WAT NIE WERK NIE GAAN SWAAR KRY. Die Argentynse Grondwet maak voorsiening vir die regte van Argentynse burgers om hulle basies behoeftes bevredig te hê maar meld nie uitdruklik wat die verantwoordelikhede van hierdie burgers is nie - en dit is dié probleem.
Om dus weer terug te kom by die rede vir vandag se skrywe kan ek sê dat die Argentynse samelewing onder druk is om die twee sienswyse te vereenselwig - om vooruit te gaan en ook te sorg dat almal alles het sonder om te kan sê dat jy moet werk vir wat jy wil hê.
Dit is hoe ons by die huidige sokker situsie uitgekom het waar die regering nou R1.25 miljard per jaar aan die sokker klubs gaan betaal vir die uitsaairegte van die wedstryde. Almal in Argentinië het die reg om sokker te kyk en wie is enige iemand om te sê dat as jy dit nie kan betaal nie kan jy nie kyk nie, dit is dan 'n nasionale passie en dit kos minder as R2,50 per dag per Argentyn!!... Aan die ander kant verwag niemand dat die sokkerspelers hulle salarisse moet verlaag nie want hoe anders verwag jy dat Argentynse sokker moet kompeterend bly as die spelers geen motivering het nie...
En dit my geagte vriende is hoe Argentinië kom by waar hy is, almal wil hê, almal weet jy moet werk om te hê maar niemand wil die vark in die verhaal wees en dit hardop sê nie (so die staat moet betaal en dit is 'n storie vir 'n ander dag.)
....
...
..
.
¿¿Enige voorstelle??
Saludos
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)