|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Vir my is dit tragies en hartverskeurend. Hulle kom kort-kort terug gestap kraal toe en kom kyk of hulle tog nie nog in die kraal is nie. Daar waar hulle nog laas bymekaar was en hulle toe net weggeraak het. Verwytend kyk hulle my aan. Bulk smekend-roepend en hulle hoop om uit een of ander rigting ´n antwoord te kry. Stilte! Die moeders van die speenkalwers wat gister verkoop is. Vir my is dit amper net so treurig as vir die moeders. Dit is die hartseer, wat ´n speenkalf teler elke jaar moet beleef. Die afskeid van die seisoen se oes. Met ´n klein troppie, soos jou kinders, is dit baie swaarder as vir die man wat honderde verkoop. Geen tyd vir persoonlike betrokkenheid nie. Elkeen met sy eie persoonlikheid, gedrag en voorkoms. Dié wat van meet af mak was, dit loop mos in die bloed. As die ma so is, is die kans goed dat die kalf ook mak sal wees. Die goeie ma's het in elk geval hul kalwers reeds gespeen, hulle is net op die uitkyk vir die samesyn. Of is dit daardie laaste bietjie melk wat ´n ongemaklikheid in die uier veroorsaak en die soeke vererger. Sommige dwalend vir drie-vier dae, ander rustig na ´n dag. Jy ken hul by die naam. Dikke wat moontlik ´n teelbul kon word, maar omdat die ma sulke dik spene het en jy hom vier dae moes help om die suip van daardie knolle te bemeester, is hy geprul. Storm, wat die nag van die storm gebore is en oorleef het. Ore se kalf, wat jy gehoop het ´n vers is, sodat haar goeie moedereienskappe nog verder kan vloei, en toe was dit weer ´n bulkalf en ook maar weer ´n Ore.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)