Menu
 


25 April 2012

10672 keer gelees | 39 kommentaar


Hier is my se storie....

Die volge nde is feite en nie duim suig nie. As jy die nuuste (April) veeplaas lees dan is die nuwe raad van SAFA daar. Die vraag is nou hoekom is net die groot voerkrale deel van die raad? Hulle het 63 lede maar slegs die groot 8 is op die raad, praat jy met mense wat self aan die verenig ing behoort is hierdie mense 'n baie sterk koopgreop nie net van speenklawers nie maar alle ander landbou kommoditeite praat maar met die v erskaffers van vee medisyne ens.

Daar is massewe vertikale integrasie in die veebedryf.. elkeen van die groottes het 'n abbattoir dus is die 8 groottes ook deel van die RMAA Red Meat abattoir association en die Voorsitter van die RMAA is ook die MD van Sparta, verder het elkeen ook 'n vleisverwerkings aanleg en verkaf snitte aan ketting winkels.. ook het elke voerkraal sy eie slghuis of kettings in Gauteng en sommige in die kaap. Heelwat van die voerkrale is ook in die velle mark in PE..

So aanvaar dit nou maar die dinge word deur 8 nie openbare mpy beheer. Alle mense wat speenkalwers wil koop ek praat van die ander 63 bel die groottes se aankopers om te hoor wat hulle betaal... daar het ons 'n prys.. nie altyd vraag en aanbod nie.

Hierdie tendens wat ons nou sien is 'n presiese herhaling van wat in 2002 en 2007 gebeur het. Beide daai jare was effense droogte en het die vleisprys geklim dat die sop spat saam met die mielies en in Januarie middel Feb toe styg die mieliepryse steeds en die speenkalfprys val soos 'n klip...Dak onthou ons net so bietjie sleg. Die gevolg van hierdie stygings... speenkalfprys ens is dat baie boere toe tree en begin voer.... HOE DINK JY SKUD DAAI GROOT MANNE JOU UIT DIE BEDRYF UIT? Hulle laat val die pryse....

Feite is ons word gemanupileer deur 8 mpy's en my vraag is wanneer gaan ons 35000 produsente van rooivleis leer om saam te staan en ons nie te laat rond neuk deur 8 mense (mpy's) nie. Moet egter by se .. as jy nie kos het nie (weiding), of jy moet die bankbestuurder gelukkig hou dan verkoop jy maar daai klawers...

(Die blog is aan die begin van April op landbou.com gepubliseer, maar is per abuis op 24 April deur die blogger met 'n ander skrywe vervang. Landbou.com het die oorspronklike teks weer op 25 April teruggeplaas. - Jan Bez, Landbou.com)
 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekend

2012/05/04 07:30:10 PM

As mens almal se kommentaar lees dan wonder ek of dit nie dieselfde is as "pricefixing" wat groot boetes vir ander firmas beteken het nie


Oosie

2012/05/04 08:13:09 AM

""christo coetzee 13 Apr 2012 10:47 boere moet self hul diere voer ,slag verkoop aan jan pubiek"" DAAR slaan hy die spyker so op die kop! Boere wat kla oor die pryse wat hulle by die "markte" kry, maar dan aanhou om hierdie selfde markte te ondersteun?? BELAGLIK... Hoekom beeste teen R10/kg aan die voerkrale verkoop as jy met 'n klein bietjie meer moeite dit teen R60/kg direk aan die verbruiker kan verkoop?? Lyk my die "boer maak 'n plan" reel geld nie meer nie.


Linda Botma

2012/05/03 10:03:12 PM

Dit sou vir my ook meer aanvaarbaar gewees het as die laer pryse deurgegee is na die huisvrou . As die sogenaamde groot 8 so n groot rol speel in die prys waar gaan hulle beeste kry om te verkoop as hul die produsente klaar dood gedruk het


Onbekende besoeker

2012/05/02 08:51:25 AM

Die grootte waarna verwys word is seker maar Karan beef wat besluit het om nie meer deel te wees van die Voerkraalvereeniging nie. Die RPO storie moet seker maar op daardie forum gevoer word maar sover ek weet bestaan die RPO se hoofkantoor uit 3 mense naamlik 'n Hoofbestuurder, Sekretaresse en admin persoon...dink nie daar is 'n kundige wat aandag sal gee aan die saak nie.


Onbekende besoeker

2012/05/01 08:30:00 PM

Wie is die ou grote wat vermis word? Is dit dalk die ou wat dinge reguleer?


Onbekende besoeker

2012/04/29 08:53:09 PM

Ek stem nie 100% saam met ons oorspronklike skrywer nie , want sover ek weet is die MD van Sparta nie die voors. van die RVAV nie , maar wel die vise. voors. Verder sien ek onder sy " 8 grotes " gladnie die heel grootste een nie , dus is sy argument nie heeltemal reg nie . Ons 2'e kommentaar van 5 April is tog 'n baie duidelike antwoord op wat werklik aan die gang is . Hoe anders wil ons dit dan hê ?


Frans Boer

2012/04/28 12:00:41 AM

My vriende die mede produsente, terwyl ek weer hier sit en die amper dertig briewe nog ‘n keer lees, besef ek net weer dat ons produsente tog wel saamstaan. Die RPO is tog ons gesamentlike spreekbuis. Waarom handhaaf hulle 'n lae profiel en ontwyk hierdie hele kwessie? Hoekom moet ons hierdie organisasie ondersteun? Kommentaar oor waarom daar so 'n groot verskil tussen die produsent en die verbruikersprys is en hoekom verlaagde produsente pryse nie deurgegee word na die verbruiker nie op hul Facebook blad, sluit in uitlatings soos op 31 Maart, waar hulle sê dat die verbruikersprys van lam wel met sowat 30% en bees met 25% geval het vanaf Januarie tot einde Maart. Nou wat dan van die produsentepryse wat met 50% geval het! Verder word daar genoem van die mielieprys wat met 80% gestyg het - onsinnig, want die publiek sal beslis die opsie neem van gesonder "maerder" vleis wat nie deur die voerkraal is nie teen helfte die prys. Die RPO noem dat SA ‘n invoerder van rooivleis is, daarom die hoë pryse aan die publiek – waarom dan nie hoër pryse aan die produseerder nie? Verder word teenstrydige informasie oor 'n kamstige ooraanbod van bees a.g.v. droogte in die binneland gebruik slegs wanneer lae produsente pryse bespreek word. Bemark dan net die (moontlik) maerder vleis direk en – laat die ingevoerde vet vleis kompeteer met die vet vleis van die voerkraal mark. Nee mense, die RPO kyk nie na die belange van die boer nie en dit is tyd dat hulle rekenskap gee oor besteding van ons befondsing. Hoeveel spesialiste is in hulle diens wat tans aan hierdie kritiese kwessie werk? Hoe gaan die RPO sorg dat dit nooit weer gebeur nie? Hoe gaan die immer groeiende differensiaal tussen die produsente- en verbruikerspryse terugwerkend reggestel word sodat hierdie 2 partye ook ‘n reg op lewe het? Waarom word kritieke vrae van RPO lede rondom duidelike ongeruimdhede met teenstrydige antwoorde deur ons eie organisasie op hul FB blad beantwoord? Te veel vrae... Kom ons almal staan saam en skuif na die Facebook blad van die Rooivleis Produsente Organisasie by https://www.facebook.com/pages/Rooivleis-Produsente-Organisasie-Red-Meat-Producers-Organization-RPO/126380924097911 en praat daar waar dit saak maak. Om hier te redeneer help niks!


Onbekende besoeker

2012/04/26 08:09:43 PM

Het self gesien die week by die veilingskrale. Al vier groot voerkrale se kopers sit langs mekaar maar bie nie teen mekaar nie. Dis nie vraag en aanbod gedrewe nie, maar samespanning....


Onbekende besoeker

2012/04/26 10:17:40 AM

Begin vee selekteer wat op gras groei 1.3kg/dag en nie vee wat op mielies groei nie.


Onbekende besoeker

2012/04/26 10:09:54 AM

Is die voerkrale ook lid van die RPO ??


Onbekende besoeker

2012/04/24 09:05:39 PM

Waar is beesvleis goedkoper as hoender?


Butch van blerk

2012/04/24 09:55:13 AM

A van Coller - as Kunsmatige lae produsenrpryse ANC beleid is - moet Anc produksie subsideer - daar is veels te min druk op regerings en landbouverenigings en afriforum moet daarvoor saamstaan - die "groot" indoena Madiba het dan self gese: "julle weet nie hoe om te verset nie" - dit beteken maar net saamstaan. dit blyk of Afriforum en TLU ons enigste hoop is - die ander blyk reeds gekastreer


Frans Saaijman.

2012/04/20 03:17:57 PM

Wat is die rede dat die boere nie hul eie voekraal op die plaas begin nie ? Dan gaan die speenkalf prys jou nie pla nie . Het die RMIF enige beheer oor die kleinhandel prys van vleis ? Is die notules van die RMIF beskikbaar aan boere ? Is daar enige voorstelle van hoe om die speenkalfprys te laat styg ? Is die bewerings van prysbepaling nie 'n aandiuding van samespanning nie ?


Onbekende besoeker

2012/04/20 11:42:44 AM

“If you tell a big enough lie and tell it frequently enough, it will be believed.” ― Adolf Hitler


mkruger

2012/04/19 08:30:44 AM

Oplossing hier is datboere moet saamstaan en ooreenkomste met kleiner slaghuise aangaan om direk aan hulle te lewer. Of hulle eie slaghuise saam koop. Dit is die enigste manier wat hulle beheer oor hulle eie lot gaan/kan neem.


Onbekende besoeker

2012/04/16 08:05:12 PM

Ja dit is vir n jong boer moeilik om te besluit of jy wil boer of moet kyk na iets anders. Het n tyd n goeie se ding gehoor wat baie waar is,daar is baie geld in landbou,jy moet net nie self boer nie!


swartskaap

2012/04/16 06:42:00 PM

Ek weet nie waar om my situasie te lig nie,het so ruk terug oor plaaskoop finansiering geskryf ek gebruik die opsie van eerste verband wat die eienaar vir my gee.Kry ek laasweek n groot verassing met die nuwe toepaslike wet mag die eienaar slegs R500 000 op verband gee aan my,behalwe as hy homself registreer as finansiele dienste verskaffer met vergaderings, state, opleiding, heffings en jaarlikse gelde. Die opsie pas my nou nie meer en ek kan nie die plaas betaal teen die banke se koerse nie.Dog ek noem dit net want die vorige keer was ek baie opgewonde oor my nuwe plaas en die verkoper kon rente kry wat hy nie by banke gaan kry nie.


Johan lourens Swellendam

2012/04/16 09:03:14 AM

Wat ons hier oor praat is reg deur landbou aan die gang. Melkboere word uitgebuit en mielies en koring pryse word gemanipuleer.Wanneer wins verklaring deur organiesasies bekend gemaak word is daar miljarde wins wat uit die boer gemaak is. Ongelukkig is die probleem die boer self wat nie saam staan aangesien hy net gefokus is op die deel waarmee hy boer.Die landbou word dus gesegmenteer en verloor mag.As georganiseerde landbou ophou om elkeen sy eie perd te ry en elke uitbuitng saam teen te staan sal 8 maatskappye beslis nie die mark kan beheer nie. Terwyl 'n boer vermoor word wat ek nie ken nie is dit mos nie my probleem nie. Groete miskien eendag


Speenkalf

2012/04/16 08:54:42 AM

Johan Punt hoop dit gaan goed met julle deel van die familie daar in Botrivier en Dewetsdorp. Ek dink die tyd het aangebreek dat die produsente hier ook betrokke raak by die RPO se blad op Facebook. Die bydraes hier maak vir my baie sin en as dit moet sal ek sorg dat dit na die produsente gekommunikeer word.


Onbekende besoeker

2012/04/15 10:19:51 PM

Kan jy glo? Die beesvleisprys is al laer as die hoender per kg... Belaglik.


A van Coller

2012/04/14 10:35:12 PM

Tyd om nie meer kos te produseer. Kunsmatige lae produsenrpryse is ANC beleid


Eindverbruiker

2012/04/14 04:35:21 PM

Die finansiele uibuitery van die eindverbruiker is nie net op die veld van vleis nie. 'n Boer word R18 betaal vir 'n sakkie groot pampoene (voor die koste van die sakkie, en voor die R8 per sakkie transport). Ons koop een enkele pampoen aan vir R36 by 'n groot kettingwinkel groep, of dieselde pampoen vir R20 een by die Pretoria Mark. Die mark, of die mark-agente besteel ons alreeds! Erens tussen die boer en die Mark begin die moeilikheid. Terug na vleis, die prys wat die boer by die slagpale kry het geval (nie gedaal nie - sommer neer geval) instede van goedkoper betaal, betaal die vleisvreter soos ek dieselfde prys, of nog meer. Iemand skep geld op grootmaat, en ek glo nie dis die boere nie. Van die groot 8, en van voerkrale waarvan julle ouens die eksperts is weet ek niks, maar ek weet ek betaal deur my nek vir vleis. En nee - ek sal NIE battery hoenders eet nie. Groete, A


Jonan Punt

2012/04/13 07:45:19 PM

Ons boer in die Dewetsdorp distrik met skaap en bees,Lammer pryse klop nie vir ons so lekker nie.Net voor paasfees val die lampryse na R43.00 per kg(na n gestoei),tog word die pryse in die handel geadverteer vir R69.99 per kg,(heel of halwe lam).Vandat ons die ooie begin regkry totdat ons kan lammers bemark is dit 12 maande. Die ketting winkels draai hul vleis in so 3 dae, die vleis is verkoop voor hulle die faktuur het.Die boer betaal grootliks die slagkoste deur die vyfde kwart te offer.Dit wil dus lyk of ons as boer R 43.00 per kg kry vir 12 maande se kostes en risiko, terwyl die handel so R 37.00 per kg vir 3 dae kry. Nie sleg nie


JVDW

2012/04/13 11:32:35 AM

Baie menings oor die speenkalfpryse dra meriete. Ons kan almal sien dat die slagpryse ook afgeneem het, nou wel nie in dieselfde verhouding as kalwers nie. Die eintlike probleem is dat die vleis op winkelrakke NIE goedkoper is nie. Baie mense het dit reeds beklemtoon. Hoe kan die VRAAG na vleis dan toeneem, as die verkoopprys aan die eindverbruiker nie verlaag het nie? Iewers in die waardeketting is daar dus iemand wat sakke vol geld maak en ons weet dit is nie die boer nie. Beslis ook nie voerkrale nie, ongeag waarteen hulle nou kalwers aankoop. Dit is onmoontlik om 'n wins te wys op 'n kalf wat in Desember aangekoop is teen huidige slagpryse. Is dit dan die abbatoirs, groothandelaars of ketting-winkels? Hierdie manne se "omdraaityd" is die kortste, dus kan hulle nie Desember se pryse gebruik as rede waarom pryse aan die huisvrou so lank hoog moet bly nie.


christo coetzee

2012/04/13 10:47:10 AM

boere moet self hul diere voer ,slag verkoop aan jan pubiek


Daniel van den Heever

2012/04/12 05:08:46 PM

Stem saam met Speenkalf van 03/04/2012 en onbekende besoeker van 11/04/2012. As deeltydse boer van bees en skaap stem ek saam, kom ons stig 'n korporasie. Dit sal ook goed wees indien meer as een Boer die groot 8 rapporteer aan "hello peter.com EN Rapport se verbruikersvasvat EN Verbruikers raad by 031 310 5300. My oorle pa het gese dat die "squeaking wheel gets the oil" Kom boere laat ons "squeak" vir ons hard verdiende wins. Die groot 8 sal met miljoene beboet word en hulle drie keer laat dink om weer ons boere te onderskat. Eendragt Maakt Magt en 'n boer maak 'n plan.


Speenkalf

2012/04/12 07:36:58 AM

So klein bietjie spesifieke kommentaar en dan sommer so paar spykers wat nog pla. Spesifiek op James se aanhalings "daar net een plek waar die regstelling gemaak kan word. Ongelukkig is dit die kalf prys" Die vraag is wie het die besluit geneem en hoekom? Hoekom altyd die produsente en niemand anders nie. Ek het al baie argumente gehoor van brandstof wat duurder word ens feit is my voertuie ry ook nei op water nie. "Mense moet meer vleis eet of meer mense moet vleis eet, DIT is die bepalende faktor of ons boere beter speenkalfpryse gaan kry of nie". Die vraag is hier om met ewe watter een van die 2 het die pryse laat styg in 2010 en 2012. Dan so oor organisasies en nog wat.. as jy nie self verstaan hoe die 13 rolspelers in die Rooivleis bedryf in mekaar steek binne die "Red Meat Industry Forum" (RMIF) nie, is hierdie moeilik. Wat ek wel gaan se is dat die Hoofbestuurder van SAFA (Voerkraal vereniging) Mnr Dave Ford die Voorsitter is sedert Manie Booysen geloop het so 4 jaar terug. Oor 'n Facebook bald. Die RPO het 'n blad maar slegs 280 mense in SA neem deel aan die blad so die vraag is waar is die ander 34 720 produsente. Ek loer die week se LBW se pryse en sien vir die week is speenkalfpryse met 14% af maar slagpryse is af met ,9% jammer maar my somme wil maar net nie klop nie. Het laasweek self kalwers gelaai vir R15.50 dit is R8.30 minder as my beste prys in Desember 2011 wat op 'n gemiddeld van 234kg R1970 verteenwoordig. Het gister sms's gekry dat die speenkalfprys op sommige veiling tans onder R13.00 is... ja die prys val na Daantjie en nerens...


Onbekende besoeker

2012/04/11 11:07:00 AM

Ek is ook deeltydse boer en boer met beeste en skape. Vanaf Des het speenkalf en speenlam pryse so geval dat ek nie dink dat dit enigsins die moeitewerd is om eers te probeer voer nie. Op die oomblik is dit van so n aard dat as jy nie jou eie voer kan produseer nie sal jy maar moet begin om net kern groepies diere oor te hou.Ons het al hierdie rade en organiesasies aan wie ons geld betaal vir n diens en hulp maar in my siening praat hulle maar net en dan aanvaar hulle maar net. Ek dink nie dit kan sleg wees as al die boere wat nie n monopolie het nie begin bymekaar kom en byvoorbeeld n korporasie stig en vleis op so n manier bemark en selfs speen diere. Dan kan die boer begin besluit wat die prys gaan wees. en dan kan daar op so n manier produk aangekoop word en beter pryse beding word vir inset kostes.


Daan Swan (Nylstroom )

2012/04/10 07:50:14 PM

Persoonlik dink ek daar is feite in beide twee skrywers James en Speenkalf ek is ñ deeltydse boer maar kan nie my prys maak wanner ek my kalwers verkoop nie dus beheer die groot 8 die prysnatuurlik val die ander voerkrale in by hulle want dan maak dit sy inset koste minder "dis die prys take it or leave it " ongelukkig het ek net soveel weiding en die bulle doen hul job ek moet leegmaak sodat ek weer kan volmaak.James meld dat meer mense vleis moet eet maar hoe ek as boer se prys drop tot by oom Daantjie en nerns het ek dit in die slaghuise of ketting winkels gesien dat hulle pryse "Drop "inteendeel daar is ñ ketting winkel groep wat sy pryse opskuif nou waar sal meer mense koop as hy net R10.00 het om vlis te koop onthou die gemiddelde salaristrekker se lewens koste het so gestyg hy moet werk toe ry kan nie by brandstof sny so waar sny hy ,by die maklike ding koop hoender / vis sodat hy die bekke in sy huisgein vleis te gee dis nou nie rooivleis maar wel vleis, kortom drop die pryse by die eindverbruiker en siedaar meer mense eet ROOIVLEIS.


skaap boer

2012/04/09 11:45:30 AM

Die problem kom voor wanner die prys te vinnig boontoe skyf , dit is nooit goed nie. As mense gewoond raak om sonder vleis te lewe het ons groot probleme , Dan kry ons hulle nooit terug.


skaap boer

2012/04/09 11:39:48 AM

You are very ignorant if you believe that battery raised chicken is more healthy than beef


Onbekende besoeker

2012/04/05 05:58:31 PM

Ek is n verbruiker en koop slegs een maal per week rooi vleis omdat die prys te hoog is.Hoender is baie gesonder en goedkoper.Die produseerders en kleinhandelaars is stadig maar seker besig om hulle eie bedryf te slag deur hulleself uit die mark te prys.


onbekende besoeker

2012/04/05 11:22:17 AM

Ja vriende, ons boertjies is tans baie beter af as in die dae van die np en hulle gereguleerde markte, as ek so na die nuwe cruisers kyk gaan dit seker op die stadium nie te sleg nie. Ek sien wel donker tye kom as ons nie vinnig leer by ons swart landsgenote hoe om saam te werk nie. Dit is nou nie dat ons miljoene is om bymekaar te bring nie, hier is maar 'n handjievol boere in die land oor. Ons is seker van die min bedrywe in die land wat nie besluit wat die prys van ons produk moet wees nie. Die boer produseer die vleis of gewasse en dan bepaal iemand anders die prys ongeag wat die insetkoste daarvan was. In die buitelande word die boere deur die staat subsidies betaal reeds om die probleem aan te spreek. Omdat ons regering ons nie goedgesind is nie, sal die boere beheer moet neem oor hulle produkte. Daar is baie slim ouens onder ons, ons moet net begin praat met mekaar sodat ons die regte besluite kan neem. As die voerkrale die probleem is, kan ons net besluit om landswyd nie aan 'n sekere voerkraal te verkoop nie totdat die prys aanvaarbaar is. Waar ons vinnig iets sal moet doen is om die prys by die verbruiker af te kry. Iemand maak baie geld met my produk wat ek in die warm son moes swoeg om tot by die mark te kry. As die verbruiker minder betaal sal ons meer vleis verkoop, daarom moet ons 'n sê kry in die finale prys van ons produk. Ons moet net die leuse toepas. Eendrag maak mag.


Onbekende besoeker

2012/04/05 10:12:11 AM

Is jy nie bereid om 'n faceboek blad te begin nie, sodat die ander 35,0000 klein boere ook vergadering kan hou nie. Dit is mos die wenresep. Besluite te neem, almal in kennis te stel en dan sal ons ook sterker staan. Weet daar sal wees wat in nood kalwers moet verkoop, dan by die faceboek blad dit te bemark sodat kleiner boere ook die voordeel kan trek.


Onbekende besoeker

2012/04/05 10:05:48 AM

Ek is n voltydse beesboer maar besit self ook n slagpale, ontbenings aanleg en voerkraal. My ondervinding is teenstrydig met die bogenoemde opinie: 1.As die vraag in die mark/koopkrag afneem soos wat van middel Des. die geval was kry jy bloot net nie jou vleis verkoop nie. Gevolg is: Al die voerkrale sit met "te veel voorraad" Die beeste word te groot en oorvet(Glo my maar, in n mark sonder aanvraag is dit amper onmoontlik om n oorvet groot karkas te probeer verkoop) Gevolg is Voerkrale laat val sy prys om vleis geskuif te kry. Bv A pryse begin DES. was R 35 en nou is dit R27. Gevolg is R8 verskil op 250kg karkas = R 2000 n eenheid verskil Gevolg is 1. Kan niks aan die verkoopsprys doen nie 2. Kan niks aan die mielieprys doen nie DWS sonder om teen n verlies van R1700 n kalf te aanhou voer is daar net een plek waar die regstelling gemaak kan word. Ongelukkig is dit die kalf prys. Die mark bepaal ongetwyfeld die speenkalfprys. Alle boere/RMMA/SAMIC/RPO moet saam werk om die MARK 1.Te beskerm teen goedkoop invoere 2.Te stimuleer met goeie sinvolle bemarking 3. Suksesvol te kompeteer met die ander protien bronne Mense moet meer vleis eet of meer mense moet vleis eet, DIT is die bepalende faktor of ons boere beter speenkalfpryse gaan kry of nie. Groete en sterkte van n man met n voet in elke Ketting van die vleisbedryf. James


Onbekende besoeker

2012/04/04 12:32:45 PM

Presies wat die Amerikaners al mee stoei sedert 1996. 35,000 Kleiner voerkrale is al toegemaak as gevolg van 'n monopolie van 4 'packers'. Ek wonder of die voorgestelde wetgewing om dit teen te werk toe by hulle aanvaar is? http://foodfreedom.wordpress.com/2012/03/08/help-needed-on-2012-farm-bill-protect-cattle-market-competitiveness/


jopie de lange

2013/01/02 08:33:04 PM

Helo almal jong ek wonder of iemand ons kan help ek en my verloofde meisie het i plaas en ons wil boer ek het groot geword op i plaas maar ons wil nou weer boer dit is in my bloed maar geld is skaars om diere aan tekoop ons wil boer met beeste en boerbokke kan iemand groot asb help met skenkings god sal weer hande oop maak dankie my cel is 0825919058


pek erasmus

2013/02/09 11:03:50 AM

Dit is baie waar wat sommige manne gese het oor direk aan die publiek voorsien ..... Dit is my groot rede hoekom ek n jaar begin boer het.... my misie is om die middelman uit te sny n die gevoel van die verbruikers buite boerdery is ASB LAAT WEET ONS WAAR EN WANNEER.... HULLE SIEN DIT OOK RAAK EN IS OOK GATVOL VIR DIE PRYS MANUPILEERDERS ons het mos nie n monopoliese ekenoomiese stelsel nie. Hulle (verbruiker) wag vir ons ..... so kom val in n ons maak die verskil!!!!!!!!!!!!!


André

2013/09/23 12:43:52 PM

As dit waar is wat hier geskryf word, is hierdie aangeleentheid beslis 'n oortreding van die COMPETITION ACT, 1998. 'n Klag behoort dan gelê te word om die relevansie te ondersoek. Die adres is: http://www.compcom.co.za/lodge-a-complaint/

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.