Stakingskaskenades - werk dit?

Soms wonder ek of ons die waarde van ‘n staking onderskat? Dit het vele maatskappye en die Regering al laat ingee ten opsigte van werkers se eise (die jongste staking deur staatswerkers het ‘n 8,5% aanbod tot dusver tot gevolg gehad… Staatsdienswerkers het aanvanklik vir ‘n 8,6% verhoging gevra.)

Is dit nie dalk ‘n stap wat die landbou moet oorweeg om hulle stem gehoor te kry nie? Soos baie ander dinge in die lewe moet mens egter eers die positiewe en negatiewe aspekte van so ‘n aksie opweeg…
Goed dan, die positiewe aspekte:
Ons bevind onsself in ‘n demokratiese land wat wettige stakings voorstaan.
‘n Besluit deur boere om vir ‘n week lank te staak, gaan die land se voedselverskaffing en derhalwe alle verbruikers beïnvloed. Dit kan daartoe lei dat verbruikers gou hulle stemme dik maak teenoor die Regering om aan boere se eise gehoor te gee. Die gedagte aan leë winkelrakke is vir die meeste verbruikers vreesaanjaend…
Die land se ekonomie sal ook hard geslaan word ten opsigte van invoer- en uitvoerinkomste.
Werksgeleenthede kan geraak word, nie net op plase nie maar ook byvoorbeeld die bestuurders van vragmotors wat produkte moet vervoer. Petrolstasies op die platteland se verkope kan ook moontlik geraak word. Dit alles kan boere se stem sterker maak.
Die negatiewe aspekte:
‘n Staking sal boere se inkomste egter bitter negatief raak. Op ‘n plaas is dit nie net ‘n geval van “no work, no pay” nie, maar ook ‘n geval van “no work, no income”.
So ‘n stap sal soos wat ek onder voordele gelys het ook vele ander mense se werkgeleenthede en inkomstes beïnvloed.
Ekonomiese aktiwiteite op die platteland sal ook negatief deur so ‘n staking geraak word.
Miskien is ‘n staking iets wat die verskeie dele van die sektor moet oorweeg om hulle stemme gehoor te kry. Ek het wel al gehoor dat ‘n staking as ‘n baie selfsugtige stap met uiteenlopende gevolge beskryf word.
Die feit dat so baie ander werkers en sektore op die ou end hulle sin met ‘n staking kry, laat mens egter wonder of dit nie dalk oorweeg moet word nie…
Geen gradering nie

Kommentaar

Rene Theron 

Ek het al meermale gese die boere van hierdie land moet saamstaan en op 'n uitgerekte staking gaan in protes teen die onophoudelike vlaag plaasmoorde. As die winkelrakke leeggeloop het en die blink-ge-ete ministers en regerings-amptenary agterkom hulle kan hulle reuse salarisse eet nie en raak honger, sal hulle dalk wakker word en iets positiefs begin doen omtrent die situasie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.