My eerste herinnneringe van stewels is van die Australiëse Bluntstones, kort stewels. Meesal gedra deur merinostoettelers, veral hulle wat so effe Engels wou wees en wie kontak gehad het met Australië. Regte Cowboy boots, was skaars. Soms gedra deur telers wat bees van Texas ingevoer het en boere wat in die VSA getoer het. Spoggerig! Dalk het daar ´n stigma gekleef aan stewels, want die “ducktails” het hulle gedra. Later het die “Country and Western” ding die sake verander.



Hier is stewels volop. Die gewone, goedkoop stewels wat die meeste van die werkers dra. Dan daardie modelle wat die manne met die groot hoede en breë belde met die blink gespes gebruik. Gewild onder die “estancieros”, die boere met die groot plase en baie bees. Veral die meer uitspattiges, jy merk hulle op ´n afstand. Pragtige stewels. Te mooi om in die mis mee te loop, gelukkig is hier nie veel klippe wat hulle kan nerfaf maak nie. Hoort amper eintlik op die “sidebord”, waar hulle net af en toe afgestof moet word. Vertoonstukke.


Stewels sal maar altyd deel van die kleredrag, van die mense met meer vertoon as die normale, bly.
Hasta la proxima


Kommentaar
Hannes, Ek sal graag met jou wil korrespondeer om meer omtrent boerdery in Paraguay uit te vind. Kontak my aub by duplessisk@envirokonsult.co.za. Mooi dag! Kobus
Baie mooi ! Ek verkies as werkstewels Blundstones wat jy sukkel om op te dra. Fantastiese leer. Melkstalle, en in die plek van gumboots, maak niks van hom. Die Amerikaners hou van hulle mooi goed
Oef dit is rerig baie baie mooi!!
die tweede en derde paar is vir my baie mooi en sal self graag 'n paar van hulle wil he, net die two-tone nie, dis bietjie rof vir my, die stomper punte is beter want anders skop mens die punte te vinnig lelik. ek werk heeldag in boots op die plaas en sal dit beslis gebruik, niks fout met 'n bietjie styl wanneer jy beeste werk nie, of hoe?
Stuur seblief pryslys,
baie mooi, kan jy nie vir ons 'n prys-aanduiding gee nie. Hannes
Pragtige boots, sal ook graag sulkes wil he. Almal is pragtig.
Shoe. Pragtig gemaak. Daardie met die skerp punte kan 'n ou se tone net doodmaak. My keuse is die derde foto van onder af. Breed voor. Dik sole en nie te hoog nie.
mooi
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)