Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Stoffeljoubert

Argiewe

2009

  • Julie (134)
  • Junie (2)
  • Februarie (4)
  • Januarie (1)

2008

    2007

      Blogger

       
      stoffeljoubert
      Foto album
      Aangesluit: 10 Jun 2009

      Ek ondersteun

      Ondersteun nog niemand nie

      Volgelinge

      Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

      Vriend

      Nog nie vriende gemaak nie.

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:12 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:18 C
      • Laag:6 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 18:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:63%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      stoffeljoubert

      Ingestuur deur stoffeljoubert op 4 Julie, 2009 - 21:50

      Ons mense Hy kan van niks 'n storie maak; 'n ou storie weer nuut maak; 'n liegstorie die waarheid maak en soms die waarheid so bietjie na lieg laat lyk. Maar hoe dit ookal sy, hy kán 'n storie vertel. Hy't die gawe om waar te neem, en dit is nie net vir waarneem nie, dit is fyn kyk en mooi luister - dophou - die lyftaal en optrede van ander mense is sy palet, waarvandaan hy die kleure vir sy stories kry. Hy kan op die ingewing van die oomblik, na aanleiding van mense se reaksie die humor, spanning, emosie, waarheid en byklanke van 'n storie so verander om sommer onmiddellik 'n ander prentjie te skilder. 'n Ou storie kry sommer baie gou 'n nuwe baadjie en soms ook 'n nuwe blaaitjie. Hy kan stemme, klanke en geluide perfek namaak en dit verleen nóg meer kleur en luisterrykheid aan sy vertelling. Hy't die gawe om dinge so te beskryf dat 'n mens, al was jy nie daar nie of weet jy soms nie waarvan hy praat nie, jy dit jou wel in jou geestesoog kan voorstel. Soos die dag toe hy as die fiksste in die weermag aangewys is, of van die dae dat sy oorlede pa nog Karrie gemaak het, of van sy skooldae en sy jongdae as kind op die plaas. 'n Storieverteller van formaat, maar ook 'n planmaker by uitstek. Daar is niks waarvoor hy nie alreeds 'n plan het, of een kan maak nie. Of die planne altyd werk is debatteerbaar. Een ding is seker, "statistieke" het bewys, moet hom nie los om alleen reëlings vir 'n jag-trip of ekskursie te tref nie. Alles loop nie altyd volgens plan nie, en moet daar soms op die nippertjie rondgespring word. Hy praat selde van "ek" - dit is meestal "ons". Wanneer gaan ons hierheen of daarheen, wanneer doen ons dit of dat en soms wanneer hy nou regtig homself wil verontskuldig in 'n saak dan is dit "mens". "Mens kan mos ook nie mooigoed miskyk nie" want mens is mos maar net mens! Mens kan soms lelik in die sop beland, (al is dit nie altyd sy skuld alleen nie) maar wie kan nou kwaad bly vir mens, vra ek jou? Ek was al vies, sommer lelik vies, maar dit bly nie lank nie. Dit is hierdie mens wat so eie is aan Kareedouw, wat maak dat mens na mens verlang as jy lank weg was van die huis af. En glo my hier is baie van hierdie mense, ons mense, elkeen met hul eie eienskappe, gawes en kwaliteite. Slappy gebore en getoë in Tsitsikamma / Kareedouw, is selde alleen - Basie, deesdae eenoogig, of met net een "bulb" soos Slappy sê, (gelukkig net tydelik as gevolg van infeksie in die oog) is altyd by hom en volg hom soos 'n skaduwee, maar Basie het al 'n slag of wat die pad byster geraak tussen die verskillende gate. En soos "mens", was Basie ook al diep in die moeilikheid, is selfs "geban" uit die plaaslike restaurant want hy't sy been gelig teen Uncle Tom (Eienaar van Norma Jean's Diner) se gordyne. Nou bly Basie in die "van" of agterop die "van" sit, as sy baas op 'n warm dag 'n lafenis geniet. Slappy van Zyl, 'n melkboer, is getroud met Bernadette, 'n nooi Smuts en hulle het twee kinders - Estiaan en Anemi.

      Geen gradering nie
      • Kareedouw.Com
      • 4073 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe

      Kommentaar

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Waarom is boere so stil?
      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Boer aangerand oor begrafnis
      • Staat koop grond onder markwaarde

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Vrae oor wurmweerstand
      • Geswelde kop by ooie
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction