Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Susanna-van-biljon-n-lekker-sa-storie

Argiewe

2012

  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        alani
        Foto album
        Aangesluit: 10 Des 2009
        Dorp : Pretoria
        Provinsie : Gauteng
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        Ondersteun nog niemand nie

        Volgelinge

        Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

        Vriend

        Nog nie vriende gemaak nie.

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:12 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:18 C
        • Laag:6 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 18:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:63%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        Susanna van Biljon, ‘n lekker SA storie

        Ingestuur deur alani op 23 September, 2010 - 15:06

        ‘n Lekker storie. Ek kan nie aan ‘n beter term dink om Frans Marx se jongste film, Susanna van Biljon – Leef jou droom, te beskryf nie.

        Ek gaan nie jok nie, ek het my bedenkinge gehad toe ek die eerste keer die uitnodiging na die Premiére van die film in Pretoria ontvang het.
        “Aaai, ek hoop nie hierdie is nog een van die tipiese tragiese Suid-Afrikaanse stories of iets soortgelyk aan die walgkomedies wat so dikwels die lig sien nie”, het ek gedink.
        Die film vertel die storie van ‘n vrou, Rebecca Dreyer, wat haar lewe lank nog op ‘n klein Karoo dorpie bly, en amper op 40 steeds onder haar ma se dak woon.
        Haar droom is om soos Nicholis Louw, Kurt Darren of Bobby van Jaarsveld die Afrikaanse volk se harte met haar musiek te wen. Tussendeur stel ‘n boer van die omgewing (wie se rol David Rees vertolk) ook baie belang in Rebecca en wil hy met haar trou.
        Die film sorg vir genoeg drama en interne emosie vir die kyker. Dit word tussendeur opgekikker deur akteurs soos Sharleen Surtie-Richards wat jou laat lag (soms met ‘n traan), en deur die tipiese karakters van elke plattelandse gemeenskap wat jy met 'n glimlag herken.
        Die film is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand bekendgestel. Dit fokus op die besef dat jy kan doen wat jy wil ,maak nie saak waar jy vandaan kom nie. Dit bring ook ‘n boodskap van hoop en medemenslikheid, wat ons almal nodig het.
        Ek was skoon verbaas oor die inspirerende energie wat deur my are gepomp het terwyl ek oppad huistoe was… Ek dink dit is die gevoel wat Frans in gedagte gehad het terwyl die fliek vervaardig is.
        Ek raai die fliek aan vir enige fliekganger wat opsoek is na ‘n frons, ‘n lag en ‘n traan!
        David Rees en Karen Zoid by van hulle aanhangers tydens die bekendstelling. (Foto: FC Pelzer. Verskaf deur Solidariteit Helpende Hand)
        Kurt Darren en sy verloofde, Dunay Nortjé, was ook by die geleentheid. Darren is ook in die film te sien. (Foto: FC Pelzer. Verskaf deur Solidariteit Helpende Hand)
        Bobby van Jaarsveld het ook die geleentheid bygewoon. (Foto: FC Pelzer. Verskaf deur Solidariteit Helpende Hand)
        Jou gradering: Geen Gemiddeld: 2.7 (3 votes)
        • alani se blog
        • 2349 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe
        • Stuur na vriend
        • PDF uitgawe

        Kommentaar

        Alani Janeke 
        12 Jan 2011 08:36

        Hi Riekie

        Die verhaal speel hom af in Uniondale in die Oos-Kaap.

        Groete
        Alani

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        12 Jan 2011 08:10

        Hi
        Ek wil graag weet in watter dorp is die fliek gemaak?

        • antwoord
        Riekie Nel 
        27 Des 2010 13:25

        wat is die naam van die dorpie waar die film afspeel?

        • antwoord
        Gradus Teseling 
        30 Sep 2010 09:37

        Bly om te hoor die film is goed. Ja ons land het goeie strories nodig wat hoop laat ontvlam en 'n positiewe energie sal ontketen. Sal ook so gou moontlik die film gaan kyk.

        • antwoord

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Waarom is boere so stil?
        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Boer aangerand oor begrafnis
        • Staat koop grond onder markwaarde

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Ander kan by SA leer oor veesiektes
        • Angus-saamtrek weer in 2010
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction