|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Oral moet aanpassings gemaak word. Ou omgewings met ander invloede. Nuwe omgewings en nuwe kulture. ´n Realiteit vir baie volksgenote oor die hele aarde. Gelukkig is die mens aanpasbaar.
Ons is sestien jaar hier. Deel van die kultuur van die omgewing. Saterdagaand was dit weer Tanzabend. Dit beteken presies wat dit sê, dansaand. Daarmee saam gaan koorsang en blaasmusiek. Of eers die sang en blaasorkes en dan dans. Net genoeg van elk, 3 koor stukke vir die plaaslike senior koor, 3 vir die skoolkoor en 2 vir die kore saam. 4 stukke van die blaasorkes. Voor dit vervelig raak, kan die dans begin. Genoeg bier en lekker ete. Braaivleis en slaaie, te kus en te keur.
Die plaaslike orkes, Fransie, trekklavier, sy seun op die klawerbord en ´n mannetjie met ´n gitaar. Ryg hulle Duitse dansmusiek uit, walse wat oud en jonk op die vloer laat saamkom. Af en toe te veel om goed te beweeg. Hier is dit niks snaaks dat die vrouens mekaar vat om te dans nie, sommige mans verkies soms om eerder met hul maters en die bier te dans. Klein kindertjies wat ook probeer. Baie wat verkies om toeskouers te wees en die aand geniet deur net te kyk. Ons “two step” vir hulle vreemd
Laat my vêr terug dink aan waar ons ons eerste danspasse geleer het. Op ´n buurplaas in die Wepener distrik met die naam OVS Paarl, waar tant Bessie van der Wath en haar twee mooi dogters, Annalie en Grace, ons op die musiek van Hymie's Party en Archie's Party, touwys gemaak het. Kon nie vir beter leermeesteresse gevra het nie. Die platespeler het darem al met ´n battery gewerk.
Waar jy jou ook al bevind, as dit warm is as jy dans, sal jy sweet en later as die voete begin pyn, begin dit amper soos werk voel.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Georg, ja dit is Duitsers. Ons woon in ´n Duitse kolonie, as jy bietjie terug lees op my blog, sal jy meer leer van dié wêreld se Duitsers. Jammer ek sien nou eers jou kommentaar.
Dani, as dit Tanzabend is dan moet dit Duitsers wees. Is daar en wat kan jy van hulle vertel?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)