Tjorries

 

<!-- @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } -->

As kinders het ons hulle tjorries genoem. Gebruik mense nog daardie woord? Dit was daardie karre wat ons gedink het, te oud is vir ons pa's om te hê en natuurlik wou ons nie in hulle gesien word nie. Vandag sal ons dalk bereid wees om baie vir hulle te betaal, ongelukkig nou meer werd, as wat ons kan bekostig. Sommige te swaar op brandstof, maar hulle word net vir spesiale geleenthede afgestof en vertoon. Droom om een te besit wat Sondagmiddae uitgetrek kan word, panamahoed op die kop en om effe neus in die lug in die omgewing rond te ry.

Die afgelope naweek het die Veteraanmotorklub van Asunción hulle tydren gehad, wat hulle hier by ons plaaslike autocross baan kom afsluit het. Voordat die manne met die groot geraas, hulle ding gedoen het, het die ou veterane ´n draai of wat om die baan gery. Hoe hulle tydren werk, kon ek nie heeltemal agterkom nie, maar hulle het ook ´n kompetisie gehad.

´n Paar foto's van die ou staatmakers.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.